Akira Kurosawa
Akira Kurosawa | |
Akira Kurosawa in 1953 op die stel van Seven Samurai.
| |
Geboorte | Tokio, Japan | 23 Maart 1910
---|---|
Sterfte | 6 September 1998 (op 88) Tokio, Japan |
Beroep(e) | Rolprentregisseur, -vervaardiger en -draaiboekskrywer |
Aktiewe jare | 1936–1993 |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Akira Kurosawa (Japannees:
Loopbaan
Kurosawa het in 1936 in die rolprentbedryf betrokke geraak ná ’n kort loopbaan as skilder. Nadat hy jare lank as mede-regisseur en draaiboekskrywer gewerk het, het hy sy debuut as regisseur in 1943 tydens die Tweede Wêreldoorlog gemaak met die gewilde aksieprent Sanshiro Sugata (ook bekend as Judo Saga). Ná die oorlog het Drunken Angel (1948) hom ’n gerekende regisseur in Japan gemaak. Een van die hoofspelers was die toe onbekende akteur Toshiro Mifune. Die twee mans het later nog 15 prente saam gemaak. Sy vrou, Yōko Yaguchi, het ook in een van sy prente gespeel.
Rashomon, waarvan die première in Augustus 1950 in Tokio was, weer met Mifune in, het op 10 September 1951 in ’n verrassende wending die Goue Leeu op die Venesiese Rolprentfees gewen en is daarna in Europa en Noord-Amerika uitgereik. Die sukses van die prent het gemaak dat die Weste vir die eerste keer kennis geneem het van Japannese rolprente, en dit het weer gelei tot die erkenning van ander Japannese rolprentmakers. Regdeur die 1950's en vroeë 1960's het Kurosawa sowat een prent per jaar geregisseer, onder meer ’n paar wat goed ontvang is soos Ikiru (1952), Seven Samurai (1954) en Yojimbo (1961). Ná die middel 1960's het hy baie minder produktief geraak, maar sy latere werk het sy laaste twee epiese prente ingesluit: Kagemusha (1980) en Ran (1985). Hy het nog pryse gewen, onder meer die Palme d'Or vir Kagemusha – meer dikwels oorsee as in Japan.
In 1990 het hy die Oscar ontvang vir sy lewensbydrae tot die rolprentbedryf.[1][2]
Hy is ná sy dood deur die tydskrif AsianWeek en CNN aangewys as "Asiër van die Eeu" in die kategorie Kuns, Letterkunde en Kultuur. Hy is genoem "een van die (vyf) mense wat in die afgelope 100 jaar die meeste bygedra het tot die verbetering van Asië".[3]
Filmografie
Van Kurosawa se werk sluit in:
As regisseur
Jaar | Engelse titel | Japannees | Transliterasie |
---|---|---|---|
1943 | Sanshiro Sugata (Judo Saga) | Soegata Sansjiro | |
1944 | The Most Beautiful | Itsjiban oetsoekoesjikoe | |
1945 | Sanshiro Sugata Part II (Judo Saga 2) | Zokoe Soegata Sansjiro | |
The Men Who Tread on the Tiger's Tail | Tora no o wo foemoe otokotatsji | ||
1946 | No Regrets for Our Youth | わが |
Waga seisjoen ni koeinasji |
1947 | One Wonderful Sunday | Soebarasjiki nitsjijobi | |
1948 | Drunken Angel | Joidore tensji | |
1949 | The Quiet Duel | Sjizoekanaroe ketto | |
Stray Dog | Nora inoe | ||
1950 | Scandal | Soekjandaroe (Sjoeboen) | |
Rashomon | Rasjomon | ||
1951 | The Idiot | Hakoetsji | |
1952 | Ikiru (To Live) | Ikiroe | |
1954 | Seven Samurai | Sjitsjinin no samoerai | |
1955 | I Live in Fear (Record of a Living Being) | Ikimono no kirokoe | |
1957 | Throne of Blood (Spider Web Castle) | Koemonosoe-jo | |
The Lower Depths | どん |
Donzoko | |
1958 | The Hidden Fortress | Kakoesji toride no san akoenin | |
1960 | The Bad Sleep Well | Waroei jatsoe hodo jokoe nemoeroe | |
1961 | Yojimbo (The Bodyguard) | Jodjinbo | |
1962 | Sanjurō | Tsoebaki Sandjoero | |
1963 | High and Low (Heaven and Hell) | Tengokoe to djigokoe | |
1965 | Red Beard | Akahige | |
1970 | Dodesukaden | どですかでん | Dodesoekaden |
1975 | Dersu Uzala | デルス・ウザーラ | Deroesoe Oezara |
1980 | Kagemusha (The Shadow Warrior) | Kagemoesja | |
1985 | Ran | Ran | |
1990 | Dreams (Akira Kurosawa's Dreams) | Joeme | |
1991 | Rhapsody in August | Hatsjigatsoe no rapoesodi (Hatsjigatsoe no kjosjikjokoe) | |
1993 | Madadayo (Not Yet) | まあだだよ | Madadajo |
As vervaardiger
Vir die volgende prente wat Kurosawa geregisseer het, het hy ook kresiet as vervaardiger ontvang:
- Stray Dog (assistent-vervaardiger)
- Throne of Blood (mede-vervaardiger)
- The Lower Depths (vervaardiger)
- The Hidden Fortress (mede-vervaardiger)
- The Bad Sleep Well (mede-vervaardiger)
- Yojimbo (mede-vervaardiger)
- Sanjuro (mede-vervaardiger)
- High and Low (mede-vervaardiger)
- Red Beard (mede-vervaardiger)
- Dodesukaden (uitvoerende vervaardiger en vervaardiger)
- Kagemusha (vervaardiger)
Verwysings
- ↑ "Academy Award Acceptance Speech Database". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Februarie 2010. Besoek op 13 Junie 2010.
{{cite web}}
: CS1 maint: bot: original URL status unknown (link) - ↑ "Akira Kurosawa Tribute with George Lucas, Steven Spielberg" (in Engels). 19 November 2008. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Maart 2016. Besoek op 28 Junie 2010.
- ↑ "ASIANOW – Asiaweek – Asian of the Century – Kurosawa Akira – 12/10/99". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Junie 2013. Besoek op 18 Junie 2010.
Eksterne skakels
- Akira Kurosawa in die Internet-rolprentdatabasis
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Akira Kurosawa.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia