Tetraodontidae

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Tetraodontidae
Witspikkel-blaasop (Arothron hispidus)
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Subfilum:
Infrafilum:
Superklas:
Klas:
Subklas:
Infraklas:
Superorde:
Orde:
Familie:
Tetraodontidae
Genera

Arothron
Auriglobus
Canthigaster
Carinotetraodon
Chelonodon
Colomesus
Contusus
Ephippion
Feroxodon
Fugu
Gastrophysus
Javichthys
Lagocephalus
Liosaccus
Marilyna
Monotretus
Omegaphora
Pelagocephalus
Polyspina
Reicheltia
Sphoeroides
Takifugu
Tetractenos
Tetraodon
Torquigener
Tylerius
Xenopterus

Verspreiding van die Tetraodontidae

Die Blaasoppe, Tobies en Blaasvisse (Tetraodontidae) is 'n vis-familie wat hoort tot die orde Tetraodontiformes. Daar is ongeveer twintig genera met 125 spesies wat hoort tot dié familie en 32 van die spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor.

Kenmerke[wysig | wysig bron]

Die uitstaande kenmerk van die familie is hulle vermoë om hulle self op te blaas deur water of lug in te neem. Hulle doen dit as 'n afskrik middel en verdedigings meganisme. Wanneer die gevaar verby is, blaas hulle weer af. Hulle word ook Blaasvisse genoem vanweë die gewoonte om sand van 'n prooi te blaas wat wegkruip met 'n straal water.

Daar is twee tande in elke kaak wat die vis 'n papegaaimond voorkoms gee. Die gee aanleiding tot die vis se naam want Tetraodon beteken vier. Die grootte wissel van 6 – 15 cm en die familie kom voor op die bodem tot op dieptes van 400 m. Die familie is omnivore en eet letterlik enige iets: alge, sponse, seeanemone, skaaldiere, slakke en korale.

Die vel van die familie bevat 'n toksien genaamd tetrodotoksien. Die toksien is giftig en mense, katte en ander soogdiere sterf indien hulle die toksien inneem. Selfs vlieë wat dooie blaasoppe eet vrek. Tog word die vis geëet in Japan en staan bekend as Fugu. Visse soos barrakuda en tuna eet egter die familie en word nie geaffekteer deur die toksien nie. Daar is tans nog geen verklaring hiervoor nie.

Genera[wysig | wysig bron]

Die volgende genera en spesies kom aan die Suid-Afrikaanse kus voor:

  • Amblyrhynchotes
  • Arothron
  • Canthigaster
  • Chelonodon

Sien ook[wysig | wysig bron]

Wikispecies
Wikispecies
Wikispecies het meer inligting oor: Tetraodontidae

Bron[wysig | wysig bron]