Vryheid

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Vir die dorp in die noordelike KwaZulu-Natal, sien Vryheid, KwaZulu-Natal.

Vryheid is 'n toestand waarin 'n persoon nie in gevangenisskap verkeer, as slaaf werk, of op enige ander wyse verhinder word nie.

Met vryheid word gewoonlik die volgende vryhede bedoel:

  • Vrye wil, die vermoë van rasionele agente om beheer oor hulle eie dade, besluite, of keuses uit te oefen.
  • Politieke vryheid, die afwesigheid van inmenging met die soewereiniteit van 'n individu deur die gebruik van dwang of aggressie.
  • Ekonomiese vryheid, algemeen gedefinieer as die vryheid om te produseer, te handel en goedere en dienste soos benodig te gebruik sonder enige geweld, bedrog of diefstal.