Eric de Kuyper
Eric de Kuyper (gebore op 2 September 1942) is 'n Vlaams-Belgiese en Nederlandse skrywer, kunskritikus, en eksperimentele filmregisseur. Fiksionele outobiografiese romans, wat in die 3de persoon geskryf word, maak die grootste deel van sy kreatiewe werk uit. Sy akademiese skryfwerk behels resensies, essays, artikels en boeke oor semiotiek, rolprentwese, dans, teater en opera. Sy nie-tradisionele filmwerk onthul 'n voorliefde vir melodrama, liefdesliedere en klanklose films, met die sentrale onderwerp van homoseksualiteit. Teen die einde van die 2000's het hy concerts en images geleenthede begin reël, waarin hy klanklose rolprente en enkele segmente wat hy self vir die geleenthede skiet met lewendige klassieke musiek en soms sang en toneelspel kombineer.
Eric de Kuyper | |
---|---|
Gebore | Eric Firmin Petrus de Kuyper 02 September 1942 |
Alma mater | Rits, Erasmushogeschool Brussel; Vrije Universiteit Brussel; École des hautes études en sciences sociales, Parys |
Beroep | Romansier, filmmaker, Semiotiek. Hy skryf in Nederlands, Vlaams, Frans, Engels en Duits |
Jare aktief | 1980's–teenswoordig |
Biografie
wysigEric de Kuyper is gebore Brussels, en het sy vroeë jeug aldaar deurgebring. Daarna is sy tienerjare oorheers deur "geloof, seksualiteit, en die toekoms" [1] in Antwerpen, soos hy dit self gestel het. Volgens hom het die gesin meestal Nederlands gepraat, terwyl hulle "in Frans geredeneer het en die meer subtiele emosies" in dié taal beleef het.[2] Nadat hy aan die Notre Dame Jesuïete Hoërskool gegradueer het, keer hy terug na die stad van sy geboorte om aan die Departement Oudiovisuele en Dramatiese Kunste en Tegnieke (Rits), Erasmushogeschool te studeer,[3] en kursusse neem in filosofie en massa kommunikasie aan die Vrije Universiteit Brussels.[4] Terwyl hy op universiteit was begin hy as regisseur by die Vlaamse Radio- en Televisieomroep werk. In 1974 registreer hy vir nagraadse studie aan die École des hautes études en sciences sociales in Parys[5] waar hy werk in semiotiek en in 1979 'n PhD verwerf vir sy proefskrif "Pour une Sémiotique Spectaculaire" onder leiding van Algirdas Julien Greimas.[6][7] Voordat hy in 1992 voltyds skrywer geword het was hy professor in filmteorie aan die Radboud Universiteit Nijmegen (Katolieke Universiteit van Nijmegen) in Nederland (1978–1988), en daarna adjunk-direkteur van die Nederlandse Film Museum (1988–1992). Hy was op die redaksie van die Nederlandse akademiese filmjoernaal 'Versus', waarvoor hy ook bydraes gemaak het.
De Kuyper het homself al beskryf as een van die min inwoners van Brussels wat steeds ten volle tweetalig is.(Vlaams en Frans).[8] Hy praat ook Engels en Duits. Die Vlaams-Belgiese Emile Poppe, de Kuyper se medestudent aan die Vrije Universiteit Brussels en die École des hautes études en sciences sociales in Parys, het reeds verskeie akademiese stukke saam met hom gepubliseer en ook saam met de Kuyper gewerk in die vervaardiging van verskeie rolprente.[6][9][10] Hulle woon naby Nijmegen in Kranenburg, Noordryn-Wesfale in Duitsland, ongeveer 5 myl vanaf die Nederlandse grens, net soos die hoofkarakter van de Kuyper se kortverhaal De verkeerde krant.[11] De Kuyper het gesê dat hy in 'n sekere mate in België en Nederland tuis voel, en ook soos 'n vreemde in beide lande.[12]
Fiksie
wysigAan zee: taferelen uit de kinderjaren (1988)
wysigDe Kuyper se eerste roman, Aan zee: taferelen uit de kinderjaren, bestaan uit 'n reeks insiggewende insigte uit die lewe van 'n klein seuntjie in na-oorlogse Brussels en die gesin se somervakansie in Oostende.
Saam roep hulle 'n nostalgiese vignette van vervloë tye op, tesame met 'n tydlose gevoel van kinderjare, wanneer 'n mens voel asof alles om hom draai. 'n Resensent het gesê dat niemand wat dit gelees het, na die Belgiese strand kan kyk sonder om aan de Kuyper te dink nie.[13] Die liriese Aan zee was die eerste volume in de Kuyper se suksesvolle reeks werke bestaande uit derdepersoon gefiksionaliseerde herinneringe.[14]
"De verkeerde krant" (2008)
wysigIn die kortverhaal De verkeerde krant rig de Kuyper sy waarnemings op alles wat Duits is wanneer 'n Nederlandse professor, wat soos de Kuyper in Duitsland woon, 'n treinreis na Frankfurt onderneem:[15] Die reisiger se gedagtes dryf van tale, na vergelykings tussen Europese koerantstyle, na kruiskulturele waarnemings, terwyl sy reis hom na 'n ongewone toevallige ontmoeting neem wanneer hy na 'n verbindingstrein na Keulen oorklim.[16]
Films
wysigDe Kuyper se films onthul 'n voorliefde vir melodrama, liefdesliedere en die klanklose films van Alfred Machin en Yevgeni Bauer. Die sentrale tema van sy films is homoseksualiteit. Die meeste van sy werk is hoogs eksperimenteel en word hoofsaaklik tydens filmfeeste vertoon.[17]
Casta Diva (1983)
wysigSy nie-tradisionele debuut as regisseur (gefinaliseer in 1982, vrygestel in 1983) het hom die Grand Prix besorg tydens die Hyères Internasionale Filmfees.[18] Die oorspronklike Italiaanse titel verwys na die aria "Oh, pure / chaste goddess..." (d.w.s. die maan) uit die opera Norma deur Vincenzo Bellini. Die swart- en-wit stuk sonder dialoog begin met 'n stilstaande kamera wat aantreklike mans toon wat omsien na hul voorkoms voor 'n spieël[19] terwyl die klankbaan van opera-arias en fragmente van ander liedjies die kyker uitdaag om die twee vlakke as verleidelike en bedwelmende parallelle, spekulatiewe kontraste of vormbrekende oortredings te ervaar.[17] Die film stel 'n verhouding met sy filmvoorwerpe, naamlik manlike liggame, daar, wat beide sensueel en en afstand skep en wat herinner aan Flesh (reg. [[[Paul Morrissey]]; 1968) deur Andy Warhol.[20]
A Strange Love Affair (1984)
wysigIn sy mees diskursiewe film ondersoek de Kuyper die temas van melodrama binne die konteks van die karakters se keuse van minnaars, en bring dit tuis met 'n onkonvensionele einde. Die swart-en-wit fotografie is gemaak deur die legendariese Henri Alekan, die fotograaf van die 1946 rolprent Beauty and the Beast (regie Jean Cocteau). Die liefdesverhaal tussen 'n universiteitstudent, en sy 40-jarige professor in filmstudies (soos de Kuyper ook destyds was) wat spesialiseer in Hollywood-dramas, neem 'n ongewone draai as die twee besluit om die student se ouers te besoek. Die vader blyk die professor se geliefde van vyftien jaar tevore te wees. [20] De Kuyper het gesê dat hy dit belangrik geag het om nie die gehoor toe te laat om die film te beskou deur die lens van die algemene verwagtinge van 'n gay onderwerp nie, terwyl die keuse van twee manlike hoofkarakters terselfdertyd die ontsyfering van die liefde-onderwerp by wyse van die algemeen gevestigde gebruike voorkom. [21] In plaas van 'n diskoers oor die liefde in mense se werklike lewens, is A Strange Love Affair gevul met 'n diskoers oor liefde soos dit in rolprente voorkom, veral Johnny Guitar (reg. Nicholas Ray, 1954), die beherende metafoor vir die hele verhaal. [22]
Na 'n dekade lange onderbreking het de Kuyper saam met Chantal Akerman gewerk aan die draaiboeke vir haar La captive en Demain on déménage. Sy het hom later 'n ondersteunende rol gegee in haar rolprent, Die Blutgräfin.
Bibliografie
wysigFiksie
wysigEric de Kuyper se fiksie is reeds in Frans, Italiaans en Hongaars vertaal, met een kortverhaal wat in Engels vertaal is.
- Aan zee: taferelen uit de kinderjaren. (1988)
- De hoed van tante Jeannot: taferelen uit de kinderjaren in Brussel. (1989), NCR-toekenning – Stigting vir die Bevordering van Kuns[23]
- Een tafel voor een: reisberichten. (1990)
- Mowgli's tranen. (1990)
- Dag stoel naast de tafel: kroniek van het dagelijkse. (1991)
- Grand Hotel Solitude: taferelen uit de adolescentiejaren. (1991), op die kortlys geplaas vir die AKO Literatuurprijs 1992[24]
- Aantekeningen van een voyeur. (1992)
- Als een dief in de nacht. (1992)
- Bruxelles, here I come: nieuwe taferelen uit de Antwerpse en Brusselse tijd. (1993)
- De verbeelding van het mannelijk lichaam. (1993)
- Ma, Weduwe, Veuve Dekuyper. (1993)
- Te vroeg... te laat...: een liefdesgeschiedenis. (1994)
- Een passie voor Brussel. (1995)
- Drie zusters in Londen: uit de familiekroniek, 1914-1918. (1996)
- Met zicht op zee: aan zee, veertig jaar later. (1997)
- Kinders: over kinderen en hun badwater. (1998)
- Een vis verdrinken. (2001)
- Villa Zeelucht. (2003)
- Het teruggevonden Kind. (2007)
- "De verkeerde krant." (2008)
Nie-fiksie
wysig- Filmische hartstochten. (1984)
- De verbeelding van het mannelijk lichaam: naakt en gekleed in Hollywood, 1933-1955. (1993)
- Alfred Machin, cinéaste, Bruxelles. (1995)
- Jacqueline Veuve: The Poetry of Gestures. (1996)
- Met gemengde gevoelens: over eigenheid, identiteit en nationale cultuur. (2000)
- Een vis verdrinken: een niet-Nederlander tussen de Nederlanders. (2001)
Filmografie
wysigFilm
wysigFilmregisseur
wysig- Casta Diva (1983), Grand Prix – Hyères International Festival of Young Cinema, Different Cinema 1982
- Naughty Boys (1983), Goue Kalf Spesiale Jurieprys – Nederlandse Filmfees 1984
- A Strange Love Affair (1984)
- Pink Ulysses (1990)
Draaiboekskrywer
wysig- Parti sans laisser d'adresse (1982)
- Casta Diva (1983), Grand Prix – Hyères International Festival of Young Cinema, Different Cinema 1982
- Naughty Boys (1983), Goue Kalf Spesiale Jurieprys – Nederlandse Filmfees 1984
- A Strange Love Affair (1984)
- Pink Ulysses (1990)
- La captive (2000)
- Demain on déménage (2004)
Uitvoerende kunste
wysigConcerts en images
wysig- "Das Stahlwerk der Poldihütte während des Weltkriegs (1916)." Palais des Beaux-Arts, Brussels, 2006.
- "Satie, Cage & film." Cinémathèque Royale de Belgique, Brussels, 2008.
- "Variationen auf Genoveva von Robert Schumann." Berlinale, Berlyn, 2010.[25]
As Akteur
wysig- Die Blutgräfin (2011)
As hyself
wysig- De doormproducenten (onderhoudvoerder; TV dokumentêr, 1984)
- Pierrot Lunaire (regisseer, Nederlandse Film Museum; 1989)
- Drieliuk (onderhoudvoerder; TV dokumentêr, 1990)
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ de Kuyper, Eric (1991). Grand Hotel Solitude: taferelen uit de adolescentiejaren. Nijmegen: S.U.N. p. 205. ISBN 90-6168-343-2.
- ↑ de Kuyper, Eric (1988). Aan zee: taferelen uit de kinderjaren. Nijmegen: S.U.N. p. 118. ISBN 90-6168-281-9.
- ↑ Anon., (Rits) (2005). "Alumni Awards 2005". Alumni, Rits (in Nederlands). Erasmus Hogeschool Brussel. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Maart 2012. Besoek op 2010-08-19.
- ↑ De Groote, Pascale; et al. (2009). Een vermoeden van talent. 111 jaar Koninklijk Conservatorium Antwerpen. Brussels: UPA. ISBN 978-90-5487-638-0.
- ↑ Anon., (editorial) (16 Februarie 2004). "Eric de Kuyper". Literair Nederland: Liefde voor Literatuur (in Nederlands). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2010. Besoek op 2010-08-18.
- ↑ 6,0 6,1 de Kuyper, Éric; Émile Poppe (1981). "Voir et regarder". Communications (34): 85–96. ISSN 0588-8018.
- ↑ Coquet, Jean-Claude (November 1979). "E. de Kuyper, E. Poppe, [...] thèse de 3e cycle, E.H.E.S.S., 1979". Le Bulletin du Groupe de Recherches sémio-linguistiques (EHESS) - Institut de la Langue Française (11): 40–44. ISSN 0150-701X.
— I.e., not two years earlier as several sources claim
- ↑ Borré, Jos (1993). "Eric de Kuyper". Uitgelezen. 13. ISBN 90-5483-023-9.
- ↑ Coquet, Jean-Claude (November 1979). "E. de Kuyper, E. Pope, [...] thèse de 3e cycle, E.H.E.S.S., 1979". Le Bulletin du Groupe de Recherches sémio-linguistiques (EHESS) - Institut de la Langue Française (11): 40–44. ISSN 0150-701X.
— Poppe worked on and finished at the same time a parallel thesis 'Analyse sémiotique de l'espace spectaculaire'
- ↑ Poppe, Emile (13 Junie 2008), "Wat is flaneren in film?", de Flaneur: À l'Extérieur - Rites de Passage, Maastricht: Marres, centrum voor contemporaine cultuur.
- ↑ Anon. (9 Januarie 2008). "Profils des intervenants". Atelier de Bologne, 20-23 octobre 2007. Euromed Audiovisual. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Mei 2006. Besoek op 19 Augustus 2010.
- ↑ Hoogmoed, Sylvester (Januarie 2001). "De vergissing van Eric de Kuyper". Impuls. 8 (2). ISSN 1386-3533. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Augustus 2006.
- ↑ Mulder, Reinjan (6 Junie 1997). "Eric de Kuyper terug naar Oostende. Mijmerend langs de vloedlijn". NRC Handelsblad. ISSN 0002-5259.
- ↑ Van Imschoot, Myriam; Jeroen Peeters (2003). "Eric de Kuyper". Biography (in Nederlands en Engels). Sarma. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Oktober 2009.
- ↑ Swatling, David (5 Februarie 2009). "'The Wrong Newspaper: A Travel Story.' - by Eric de Kuyper". Radio Books. Radio Netherlands Worldwide. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2012. Besoek op 20 Oktober 2020.
- ↑ "Eric de Kuyper: De verkeerde krant". Radioboeken (in Nederlands). Brussels: deBuren. 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2020. Besoek op 20 Oktober 2020.
- ↑ 17,0 17,1 "Eric de Kuyper: Casta Diva". Xcèntric. Centre de Cultura Contemporània de Barcelona. 5 Junie 2003. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2015. Besoek op 4 Maart 2015.
- ↑ Mazé, Marcel (Januarie 2003). "Festival international du jeune cinéma de Hyères, cinéma différent, 1965-1983". Archives festivals. Cineastes.net. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Julie 2010. Besoek op 20 Augustus 2010.
- ↑ Dennis Göttel (14 Januarie 2005), "Dark Room: Liebe im Kino", in Karola, Gramann, Die Filmdiva: Versuche einer Annäherung. Symposion, Frankfurt am Main: Kinothek Asta Nielsen.
- ↑ 20,0 20,1 Aurelién; Eloïse; Anne-Laure; Christian; et al. (27 Oktober 2009). "PS - Films". Cinéma Nova. Brussels: Nova.
- ↑ "Un film de Eric De Kuyper et de Paul Verstraten: A strange love affair". Première française, document. CinéTé. 26 Maart 1986.
- ↑ Giddins, Gary (16 Januarie 1990). "The Holland Line". Village Voice. 35 (3).
- ↑ De Decker, Jacques (29 Desember 1990). "Eric De Kuyper remporte le prix NCR flamand". Le Soir (in French).
{{cite news}}
: AS1-onderhoud: onerkende taal (link) - ↑ Duisenberg, Willem Frederik "Wim"; Borré, Jos; 't Hart, Maarten; Ibsch, Elrud; Meijerink, Gerda. "AKO Literatuurprijs 1992: Nominatierapport". Literaire prijzen (in Nederlands). Literatuurplein.nl. Besoek op 20 Augustus 2010.
- ↑ Herbst-Meßlinger, Karin; Gregor, Milena; Seifert, Sabine, reds. (2010). "Eric de Kuyper: Variationen auf Genoveva von Robert Schumann". Das Internationale Forum des Jungen Films: Katalog. 40. Berlinale Forum.
Bronne
wysig- "Eric de Kuyper." Digitale bibliotheek voor de Nederlandse lettern. (in Dutch)
- Aanwysings, Kranenburg, Duitsland, tot die Hauptstraße/Nieuwe Rijksweg grensskeiding.
Eksterne skakels
wysig- Eric de Kuyper (2008) "The Wrong Newspaper" 'n Opname van de Kuyper se kortverhaal in Engels; 30'.
- Versus. 'n Kwartaallikse blad vir film en die uitvoerende kunste, 1982-1992. (in Nederlands)
- Eric de Kuyper in die Internet-rolprentdatabasis