Kaapse dakvlermuis
Die Kaapse dakvlermuis (Neoromicia capensis) kom voor in Angola, Benin, Burundi, Botswana, Kameroen, Sentraal-Afrikaanse Republiek, Republiek van die Kongo, Demokratiese Republiek van die Kongo, Ivoorkus, Ekwatoriaal-Guinee, Eritrea, Ethiopië, Gaboen, Ghana, Guinee, Guinee-Bissau, Kenia, Lesotho, Liberië, Malawi, Mosambiek, Namibië, Nigerië, Sierra Leone, Somalië, Suid-Afrika, Soedan, Swaziland, Tanzanië, Togo, Uganda, Zambië, Zimbabwe, en moontlik Djiboeti.
Kaapse dakvlermuis | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | N. capensis
|
Binomiale naam | |
Neoromicia capensis (A. Smith, 1829)
| |
Sinonieme | |
Eptesicus capensis (A. Smith, 1829) |
Voorkoms
wysigDie soogdier se kleur wissel van donker grysbruin tot lig grysbruin. Die onderkant is wit tot gelerig wit en die vlerke is donkerbruin. Die diertjie word tot 8.5cm lank en weeg ±6g.
Habitat en gewoontes
wysigHulle habitat wissel van halfwoestyn tot hoë-reënvalgebiede. Twee tot drie diere rus bedags styf teen mekaar by die basis van aalwynblare of onder boombas. Hulle vlieg stadig met draaie en swaaie agter vlieënde insekte aan. Hulle eet klein, sagtelyfinsekte soos muskiete. Daar word 1 – 2 kleintjies in die somer gebore.
Sien ook
wysigBron
wysig- Die Soogdiergids van Suider-Afrika. Burger Cillié. 2009. ISBN 978-1-875093-46-5