Pinkie se erfenis
(Aangestuur vanaf Pikkie se Erfenis)
Pinkie se Erfenis is 'n swart en wit Afrikaanse rolprent wat in 1946 uitgereik is. Dit is die verfilmde weergawe van Pierre de Wet se verhoogdrama, Pinkie.[1] De Wet is die regisseur en skrywer, maar vertolk ook die rol van 'n kreupel Pinkie wat op 'n blinde meisie verlief raak.[2]
Pinkie se Erfenis | |
---|---|
Regisseur | Pierre de Wet |
Produksieleier | Louis Wiesner |
Draaiboek | Pierre de Wet |
Met | Pierre de Wet Esther Mentz Gert van den Bergh |
Kinematografie | D.P. Muller |
Redigeerder | J.W. van F. Louw F. Weilbach |
Ateljee | Utolo Beperk |
Uitgereik | 1946 |
Speeltyd | 81 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Genre
wysigDie rolprent is 'n drama. Dit het geen ouderdomsperk nie. Pierre de Wet vertolk die rol van die kreupel Pinkie wat verlief raak op ’n blinde meisie, Naomi (Paula Styger). Dis gegrond op die verhoogstuk Pinkie.
Hoofrolspelers
wysig- Pierre de Wet, as die kreupel Pinkie
- Esther Mentz
- Gert van den Bergh
- Paula Styger as Naomi
- Gert van den Bergh as Willem
- Gideon Roos as dr. Hendrik Steenkamp
- Esther Mentz as Tante Roux
- Eugénie Heyns as Marie Opperman
- Jan Brill as Oom Piet
- Ben Havenga as mnr. Roux
- C. de Wet Marais as die oogspesialis (gekrediteer as De Wet Marais)
Sien ook
wysigVerwysings
wysig- ↑ ESAT, besoek op 6 November 2016
- ↑ SA rolprentbedryf is 80 Met 'Silwerdoekstories' bring Katinka hulde[dooie skakel], Die Beeld, 26 Oktober 1994