Tagliatelle
Tagliatelle ([taʎːaˈtɛlːe], van die Italiaanse werkwoord tagliare, "om te sny") is ’n tradisionele soort pasta van Emilia-Romagna en Marche, streke van Italië. Dit is lang, plat linte van meel en eiers soortgelyk aan fettuccine; gewoonlik sowat 6,5 mm tot 10 mm breed. Dit kan voorgesit word met ’n verskeidenheid souse, hoewel die klassieke sous daarby ’n vleis- of bolognesesous is. Tagliolini is ’n ander soort tagliatelle wat lank en rond is in plaas van lank en plat.
Tagliatelle | ||
Die besonderse vorm van tagliatelle. | ||
Soort gereg | Pasta | |
Land | Italië | |
Streek | Emilia-Romagna en Marche | |
Hoofbestanddeel | Meel, eiers | |
Variasies | Pizzoccheri, tagliolini | |
Soortgelyke geregte | Fettuccine |
Beide tagliolini en tagliatelle is ’n eierpasta. Die tradisionele verhouding is een eier per 100 g meel. Bavette is dunner as tagliatelle; bavettine is nog dunner.[1]
Geregte
wysigDie tekstuur is poreus en grof, en dit maak dié soort pasta ideaal vir dik souse, gewoonlik met vleis in, asook sekere groentesouse soos briciole e noci (met broodkrummels en neute), uovo e formaggio (met eiers en kaas) of die eenvoudige pomodoro e basilico (met tamaties en basilie).
Verwysings
wysig- ↑ "Dry Pasta: Linguine, Bavette or Trenette" (in Engels). The Italian Trade Commission. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Februarie 2011. Besoek op 1 Desember 2009.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Tagliatelle.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia