(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Witborskormorant - Wikipedia

Witborskormorant

Voëlspesie

Die Witborskormorant of Witborsduiker (Phalacrocorax lucidus) is 'n watervoël, hoofsaaklik kuslewend, wat aan die hele Suid-Afrikaanse kus voorkom, asook binnelands, hoofsaaklik op damme en mere. In Engels staan die voël bekend as die White-breasted Cormorant.

Witborskormorant
Witborskormorant by die Naivashameer in Kenia
Wetenskaplike klassifikasie
Domein:
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Spesie:
P. lucidus
Binomiale naam
Phalacrocorax lucidus
(Lichtenstein, 1823)
Kormorant by Plettenbergbaai, Suid-Afrika

Voorkoms

wysig

Hierdie kormorant het 'n donkerbruin rugkant en stert, wit keel en bors terwyl alle vlerkvere swart rande het. Die onvolwassenes is 'n effens ligter bruin van kleur sonder enige wit op die bors.

Habitat en gewoontes

wysig

Hulle kom veral voor by riviermondings, strandmere, eilande en binnelandse waters. Die voëls kan enkellopend wees of in swerms voorkom. Hulle sit graag op takke of stompe met die vlerke uitgestrek om droog te word. Hulle vreet hoofsaaklik vis en maak nes in kolonies op rotslyste, in bome of op die grond.

Sien ook

wysig

Bronne

wysig