(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Sinai - Wikipedia Gaan na inhoud

Sinai

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die Sinai-skiereiland met die Golf van Suez in die weste en die Golf van Akaba in die ooste vanuit die ruimte gesien, 2007
Kaart van die Sinai-skiereiland met die Golf van Suez in die weste en die Golf van Akaba in die ooste

Sinai (Arabies: سيناء) is 'n skiereiland in Egipte en behoort tot Asië. Dit het 'n oppervlakte van 61 000 km² en lê tussen die Middellandse See in die noorde en die Rooisee in die suide. In die weste is die Suezkanaal en die Golf van Suez, in die ooste is die Golf van Akaba en die grens tot Israel geleë. Sinai is veral bekend vir die Sinaiberg, waar Moses volgens die Bybel die Tien Gebooie van God ontvang het, en die Sint-Katarinaklooster, wat tussen 548 en 565 gestig is. Die Sinaiberg is 'n heilige plek vir Jode, Christene en Moslems.

Belangrike hawestede sluit in Taba in Egipte en Eilat in Israel. Sharm El Sheikh is die bekendste vakansieoord van Sinai.

Eksterne skakels

  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sinai.
  • (en) "Sinai Peninsula". Encyclopædia Britannica. Besoek op 3 Junie 2017.