2 Mei
Voorkoms
<< | Mei 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | 4 | |||
5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 | 11 |
12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 | 25 |
26 | 27 | 28 | 29 | 30 | 31 | |
Al die dae |
2 Mei is die 122ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender (123ste in skrikkeljare). Daar volg nog 243 dae in die jaar.
Gebeure
- 1312 – Pous Clemens V publiseer sy bul Ad Providam waarin hy die besittings van die Tempeliers oordra aan die Hospitaalridders.
- 1368 – In die tweede oorlog tussen die Hansa en Denemarke, verower die vloot van die Hansa en 2000 soldate die stad Kopenhagen en vernietig die stad.
- 1444 – Pous Eugenius IV bevorder Alonso de Borja (later Pous Callixtus III) tot kardinaal.
- 1568 – Maria I van Skotland ontsnap van die kasteel op Loch Leven.
- 1598 – Vrede van Vervins: Frankryk en Spanje sluit vrede en beëindig Phillip II se deelname aan die Hugenote-oorlog.
- 1668 – Ondertekening van die Vrede van Aken, daarmee kom die Devolusieoorlog tussen Frankryk en Spanje tot ´n einde.
- 1670 – Koning Karel II van Engeland stig vir die pelshandel in Noord-Amerika die Hudson's Bay Company.
- 1672 – John Maitland word die hertog van Lauderdale en graaf van Maart.
- 1808 – Skiereilandoorlog: Die opstand van Dos de Mayo (El Levantamiento del Dos de Mayo). Die burgers van Madrid kom in opstand teen die Napoleontiese besettingsmag.
- 1816 – Leopold van Saxe-Coburg en Charlotte Augusta trou.
- 1863 – Amerikaanse Burgeroorlog: Die Slag van Chancellorsville eindig, met die nederlaag van die Potomac-weermag onder Generaal Joseph Hooker.
- 1885 – Good Housekeeping-tydskrif te koop vir die eerste keer.
- 1885 – Die Congo Free State gevestig deur Koning Leopold II van België.
- 1889 – Menelik II, Keiser van Ethiopië, teken 'n verdrag met Italië, wat Ethiopië beheer gee oor Eritrea.
- 1900 – Oscar II van Swede gee sy ondersteuning aan Groot-Brittanje tydens die Boere-oorlog
- 1933 – Die eerste waarneming van die Loch Ness-monster gerapporteer.
- 1933 – Adolf Hitler verban werknemersunies.
- 1945 – Tweede Wêreldoorlog: Die Sowjetunie kondig die val van Berlyn aan. Sowjetsoldate hys die rooi vlag oor die Reichstag-gebou. Duitse magte gee oor in Italië.
- 1952 – Die De Havilland Comet vlieg as eerste passasiersvliegtuig met straalenjins vir die BOAC van Londen na Johannesburg.
- 1953 – Troonsbestyging van die konings Faisal II van Irak en Hoessein van Jordanië. Albei is kleinkinders van die voormalige koning van Mekka.
- 1955 – Tennessee Williams wen die Pulitzerprys vir Drama vir Cat on a Hot Tin Roof.
- 1966 – Upper Hutt in Nieu-Seeland word as 'n stad geproklameer.
- 1969 – Die Britse skip RMS Queen Elizabeth 2 vertrek op sy eerste vaart na New York.
- 1982 – Die HMS Conqueror sink die Argentynse skip ARA General Belgrano gedurende die Falkland-oorlog.
- 1984 – Sunday in the Park with George open in Broadway.
- 1986 – Die radioaktiewe wolk van die Tsjernobil-kernramp van 26 April 1986 trek oor België en Nederland.
- 1988 – Die laaste Rockwell B-1 Lancer word afgelewer.
- 1989 – Hongaarse soldate begin met die sloping van die "Ystergordyn" tussen Hongarye en Oostenryk. Alle grensversperrings word afgebreek.
- 1990 – Tydens 'n ontmoeting in Kaapstad kom die Suid-Afrikaanse Staatspresident Frederik Willem de Klerk en Nelson Mandela ooreen om die beleid van Apartheid af te skaf.
- 1990 – Die skrywer Árpád Göncz (68), word deur die Hongaarse parlement aangestel as die voorsitter en interim-president van die republiek.
- 1997 – Tony Blair word Eerste Minister van die Verenigde Koninkryk, en beëindig daarmee 18 jaar van die Konserwatiewe Party-regering. Op 44 is hy die jongste eerste minister in 185 jaar.
- 2000 – Bill Clinton kondig aan dat toegang tot GPS, soortgelyk aan dié van die Amerikaanse militêre stelsel, beskikbaar sal word vir die publiek.
- 2011 – Osama bin Laden, die leier van die terreurorganisasie Al Qaida, word in ´n huis in Abbottabad, Pakistan deur Amerikaanse soldate doodgeskiet.
- 2012 – In Viëtnam word Thủ Dầu Một tot 'n stad verklaar.
Geboortes
- 1451 – Renatus II van Lotharinge, hertog van Lotharinge († 1508)
- 1458 – Eleonora van Viseu, koningin van Portugal († 1525)
- 1515 – Sibylle van Sakse, Hertogin van Sakse-Lauenburg
- 1591 – Franz Karl van Sakse-Lauenburg, Duitse generaal en edelman, Prins van Sakse-Lauenburg
- 1602 – Athanasius Kircher, Duitse Jesuïet en uitvinder
- 1614 – Christian hertog von Rantzau, bestuurder van die Deense gedeelte van Sleeswyk-Holstein
- 1622 – Silvius Nimrod I, die eerste Hertog van Württemberg-Oels
- 1639 – Michael Friedrich Lederer, Duitse regsgeleerde
- 1649 – Engel de Ruyter, Nederlandse vise-admiraal
- 1660 – Alessandro Scarlatti, Italiaanse komponis († 1725)
- 1702 – Friedrich Christoph Oetinger, Duitse teoloog
- 1707 – Jean-Baptiste Barrière, Franse tjellis en komponis
- 1725 – Wilhelm Jeremias Müller, Duitse argitek
- 1729 – Keiserin Katharina II van Rusland († 1796)
- 1730 – Sigismund Anton von Hohenwart, Prins-aartsbiskop van Wene
- 1740 – Elias Boudinot, Amerikaanse President van die Kontinentale Kongres († 1821)
- 1752 – Ludwig August Lebrun, Duitse komponis
- 1754 – Vicente Martín y Soler, Spaanse komponis († 1806)
- 1764 – Friedrich Gentz, Duitse skrywer en politikus
- 1767 – Jean-Baptiste Duhamel, Duitse mynbouprofessor en direkteur van die mynbou-akademie in Geislautern
- 1772 – Novalis, Duitse digter († 1801)
- 1773 – Henrich Steffens, Duitse filosoof, natuurkundige en digter
- 1788 – Atanazy Raczyński, Poolse adellike en Pruisiese staatsamptenaar
- 1790 – Carl von Carnap, Pruisiese generaal-majoor en landheer
- 1795 – Narciso Clavería, Spaanse soldaat, politikus en goeweneur-generaal van die Filippyne († 1851)
- 1801 – Emanuel Eduard Fueter, Switserse dokter en professor in medisyne
- 1802 – Heinrich Gustav Magnus, Duitse chemikus en fisikus
- 1802 – Eduard Steinbrück, Duitse skilder
- 1803 – Karl August Friedrich Brückner, Duitse opvoeder en historikus
- 1806 – Catharina Labouré, Franse non († 1876)
- 1806 – Charles Gleyre, Switserse skilder
- 1810 – Hans Christian Lumbye, Deense dirigent en komponis
- 1819 – Gustav Eduard Becker, Duitse horlosiemaker en stigter van die horlosie-handelsmerk Gustav Becker
- 1820 – Robert Gerwig, Duitse siviele ingenieur
- 1826 – Eleuterio Pagliano, Italiaanse skilder
- 1827 – Franz Hermann Reinhold Frank, Duitse teoloog
- 1828 – Désiré Charnay, Franse argeoloog († 1915)
- 1829 – Ernst Friedrich Langhans, Switserse Protestantse teoloog
- 1832 – Santo Siorpaes, Italiaans-Oostenrykse bergklimmer
- 1833 – Rudolf Berlin, Duitse oogarts († 1897).
- 1834 – Wilhelm Mauser, Duitse wapenontwerper en wapenvervaardiger
- 1842 – Felix Victor Berk-Hirschfeld, Duitse geneesheer
- 1843 – Siegmund Riezler, Duitse geskiedkundige
- 1843 – Carl Michael Ziehrer, Oostenrykse komponis en dirigent († 1922)
- 1846 – Zygmunt Noskowski, Poolse komponis en dirigent († 1909)
- 1852 – Max von Gallwitz, Duitse generaal († 1937)
- 1856 – Helene von Druskowitz, Oostenrykse filosoof, literêre- en musiekkritikus
- 1856 – Vasily Vasilyevich Rozanov, Russiese filosoof
- 1857 – Otto Umfrid, Duitse Protestantse teoloog
- 1860 – Theodor Herzl, Joods-Oostenrykse joernalis, uitgewer en stigter van die Zionisme († 1904)
- 1867 – Willy Arend, Duitse fietsryer († 1964)
- 1870 – Oskar Zwintscher, Duitse kunsskilder ((† 1916)
- 1881 – Alexander Karensky, Russiese politikus († 1970)
- 1883 – Karel De Wolf, Belgiese volkekundige en apteker († 1948)
- 1884 – Frans de Vries, Nederlandse ekonoom († 1958)
- 1885 – Hedda Hopper, Amerikaanse aktise en joernalis († 1966)
- 1886 – Gottfried Benn, Duitse skrywer en dramaturg († 1956)
- 1887 – Vernon Castle, danser († 1918)
- 1890 – E. E. Smith, skrywer († (1965)
- 1892 – Manfred von Richthofen, Duitse vegvlieënier. Die Rooi Baron-vlieënier († 1918)
- 1889 – Ki Hadjar Dewantara, Indonesiese nasionalis en minister († 1959)
- 1912 – Nigel Patrick, Engelse akteur († 1981)
- 1921 – Satyajit Ray, Indiese rolprentvervaardiger († 1992).
- 1924 – James Baldwin, Amerikaanse skrywer († 1987)
- 1924 – Dieodore Bikel, akteur, sanger
- 1925 – Roscoe Lee Browne, Amerikaanse akteur († 2007)
- 1927 – Carmen Basilio, bokser
- 1927 – Link Wray, kitaarspeler
- 1929 – Jigme Dorji Wangchuck, 3de koning van Bhutan († 1972).
- 1935 – Koning Faisal II van Irak († 1958)
- 1937 – Lorenzo Music, skrywer
- 1936 – Engelbert Humperdinck, Amerikaanse sanger
- 1941 – Stephen J. Cannell, filmvervaardiger
- 1942 – Jacques Rogge, Belgiese ortopediese chirurg en agste president van die Internasionale Olimpiese Komitee († 2021).
- 1946 – David Suchet, Engelse verhoog- en Televisie akteur
- 1946 – Lesley Gore, Amerikaanse sangeres († 2015)
- 1952 – Christine Baranski, Amerikaanse aktrise en vervaardiger.
- 1953 – Valeri Gergiev, Russiese dirigent
- 1955 – Donatella Versace, Italiaanse mode-ontwerper
- 1969 – Brian Lara, Trinidadse krieketspeler
- 1972 – Die Rock, WWE professionele stoeier, akteur
- 1975 – David Beckham, Engelse sokkerspeler
- 1978 – Hykie Berg, Suid-Afrikaanse akteur
- 1987 – Sexy Cora, Duitse pornografiese aktrise († 2011).
- 2015 – Prinses Charlotte van Cambridge (gedoop Charlotte Elizabeth Diana), 'n Britse troonopvolger.
Sterftes
- 373 – Athanasius van Alexandrië, Biskop en kerkvader
- 756 – Shōmu, 45ste keiser van Japan
- 907 – Boris I, Eerste Christelike Tsaar van Bulgarye
- 1202 – Fulk van Neuilly, Franse prediker van die tweede Kruistog
- 1230 – William de Braose, Heer van Abergavenny, Normaniese adellike.
- 1302 – Blanca van Artesië (ca 54), koningin van Navarra
- 1359 – Johann I, Hertog von Henneberg-Schleusingen
- 1519 – Leonardo da Vinci, Italiaanse wetenskaplike, wiskundige, ingenieur, ontleedkundige, uitvinder, skilder, beeldhouer, argitek, tuinkundige, musikant en skrywer (* 1452).
- 1547 – Caspar Borner, Duitse Lutherse teoloog en hervormer
- 1585 – Friedrich Widebrand, Duitse protestantse teoloog
- 1616 – Joost Balbian (72), Nederlandse arts en alchemis
- 1655 – Joachim Andreae, Nederlandse politikus, diplomaat en regter
- 1685 – Adriaen Hendricx (74), Nederlandse kunsskilder
- 1691 – Konstantin Ziegra, Duitse fisikus en Lutherse teoloog
- 1777 – Joachim Gottlob Am Ende, Duitse teoloog
- 1790 – Philipp Matthäus Hahn, Duitse pastoor, ontwerper en uitvinder
- 1813 – Ferdinand van Pruise, Pruisiese generaal-majoor
- 1818 – Herman Willem Daendels (55), Nederlandse goewerneur van Nederlands-Indië
- 1826 – Antonie Malczewski, Poolse digter
- 1835 – Chrysologus Heimes, Duitse komponis en orrelspesialis
- 1857 – Alfred de Musset, Franse dramaturg, digter, skrywer
- 1844 – William Thomas Beckford, Engelse roman- en reisskrywer (* 1760)
- 1845 – Guillaume de Vaudoncourt, Franse generaal
- 1854 – Sulpiz Boisserée, Duitse argitek
- 1862 – Jacobus van der Kolk, Nederlandse dokter
- 1864 – Giacomo Meyerbeer (72), Joods-Duitse komponis en dirigent
- 1886 – Isabella Braun, Duitse kinderboekskrywer
- 1892 – Hermann Burmeister, Duitse ontdekkingsreisger in Suid-Amerika
- 1892 – Wilhelm Rust, Duitse komponis en Thomaskantor
- 1895 – Anacleto del Rosario (34), Filippynse skeikundige
- 1899 – Eduard von Simson (88), Joods-Duitse regsgeleerde en politikus
- 1900 – Lars Oftedal, Noorse pastoor, redakteur en politikus
- 1900 – Ivan Konstantinovich Aivazovsky, Russiese skilder
- 1900 – Johan Barger (46), Nederlandse dominee en moordenaar
- 1915 – Clara Immerwahr (44), Duitse skeikundige
- 1918 – Guido van Gillhaußen, Duitse offisier en oorlogsdigter
- 1919 – Felix von Arnim, Pruisiese offisier
- 1924 – Charles Eugene Lancelot Brown, Switserse masjienontwerper
- 1925 – Johann Palisa, Oostenrykse sterrekundige
- 1934 – Paul von Hindenburg, Duitse kanselier
- 1945 – Martin Bormann, Duitse hoof van staf van die NSDAP en oorlogsmisdadiger
- 1945 – Paul Korff, Duitse meesterbouer en argitek
- 1945 – Friedo Lampe, Duitse skrywer
- 1949 – Hendrik Chabot, Nederlandse kunsskilder en beeldhouer
- 1950 – Paul Eugen Sieg, Duitse fisikus en skrywer
- 1950 – Abraham Asscher, Nederlandse diamant-handelaar en politikus
- 1957 – Joseph McCarthy, Amerikaanse senator.
- 1972 – J. Edgar Hoover, Amerikaanse direkteur van die FBI (* 1875).
- 1979 – Giulio Natta, Italiaanse skeikundige en Nobelpryswenner
- 1980 – George Pal, direkteur
- 1981 – Olle Bærtling (69), Sweedse kunsskilder en beeldhouer
- 1983 – Marius Duintjer (74), Nederlandse argitek
- 1989 – Giuseppe Cardinal Siri, Italiaanse kardinaal-aartsbiskop van Genua
- 1995 – Michael Hordern, Engelse akteur (* 1911).
- 1997 – John Carew Eccles, Australiese Nobelpryswenner
- 1999 – Oliver Reed, Britse akteur (* 1938).
- 1999 – Norman J. Sirnic, Minister
- 2002 – W. T. Tutte, wiskundige
- 2009 – Janus Kamban (95), Faeröerse beeldhouer
- 2009 – Fatmir Xhindi (49), Albaanse politikus
- 2011 – Osama bin Laden, Arabiese terroris en stigter van al-Kaïda (* 1957).[1]
- 2012 – Bram Bogart (90), Nederlandse kunsskilder
- 2016 – Nelie Smith, 'n Springbokrugbyspeler en Suid-Afrika se een-en-dertigste Springbokkaptein (* 1934).