(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Hoogverraad - Wikipedia Gaan na inhoud

Hoogverraad

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die drukbare weergawe word nie meer ondersteun nie en kan leweringsfoute hê. Dateer asseblief jou blaaierboekmerke op en gebruik asseblief eerder die verstekblaaierdrukfunksie.

Hoogverraad is 'n versamelnaam vir misdrywe teen die interne veiligheid van die staat. Hieronder val byvoorbeeld 'n aanslag op die staatshoof, (poging tot) 'n staatsgreep, oorlog teen jou geboorteland en spioenasie.

Verraad is kriminele ontrou. Histories gesproke het 'n kneg wat teen sy meester in opstand kom verraad gepleeg. Hoogverraad, daarteenoor, is wanneer 'n onderdaan van 'n staat verraad teenoor die staat self (waaraan die dader trou verskuldig is) pleeg.

Vroeër jare is die doodstraf vir hoogverraad opgelê. In lande waar die doodstraf afgeskaf is word lewenslange of lang periodes van tronkstraf hiervoor opgelê.

Soos die interne bestel van 'n land verander kan mense en groepe wat eens in guns was hulle skielik aan die verkeerde kant van die gereg bevind. Tydens die Rivoniaverhoor is Nelson Mandela en 'n aantal ander ANC-terroriste van hoogverraad aangekla en vervolgens skuldig bevind en tronkstraf opgelê. Ironies genoeg sou, in Suid-Afrika se eerste hoogverraadverhoor na die einde van Apartheid in 2003, 22 lede van die Boeremag verhoor en skuldig bevind word aan dieselfde tipe aanklagte as Mandela en sy kamerade.[1]

Verwysings