1588
Voorkoms
1588 |
◄ | 15de eeu | ◄16de eeu► | 17de eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1583 | 1584 | 1585 | 1586 | 1587 | ◄ 1588 ► | 1589 | 1590 | 1591 | 1592 | 1593 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1588 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Don Alfonso de Guzmán, die hertog van Medina Sidonia, | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1588 was 'n skrikkeljaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Vrydag begin het. Dit was die 88ste jaar van die 16de eeu n.C. In teenstelling met gewone jare het die jaar 366 dae en 'n 29 Februarie gehad.
Volgens die Juliaanse kalender het die jaar op 'n Maandag begin.
Gebeure
[wysig | wysig bron]Januarie tot Junie
[wysig | wysig bron]- Februarie – Die Singalese laat vaar hul beleg van Colombo, hoofstad van Portugees-Ceylon.
- 9 Februarie – Die skielike dood van Álvaro de Bazán, 1ste Markies van Santa Cruz, te midde van voorbereidings vir die Spaanse Armada, dwing koning Filip II van Spanje om 'n nuwe bevelvoerder vir die vloot te kies. Die hertog van Medina Sidonia, Don Alfonso de Guzmán word aangestel om 'n Spaanse inval teen die Engelse te lei.
- 11 Februarie – Pous Sixtus V stig die 15 kongregasies (staatsdepartemente) van die Kurie.
- 14 Maart – Pous Sixtus V verklaar St. Bonaventure tot doktor van die Kerk.
- 12 Mei – Dag van die Barricades in Parys. Hertog Hendrik van Guise neem beheer van die stad oor. Koning Hendrik III van Frankryk vlug gevolglik uit die stad.
- 28 Mei – Die Spaanse Armada, met 130 skepe en 30 000 bemanning aan boord begin om vanaf Spanje na die Engelse Kanaal te seil (Dit neem twee dae vir al die skepe om die hawe te verlaat).
Julie tot Desember
[wysig | wysig bron]- 19 Junie – Die Spaanse Armada vertrek na Corunna (in Spaans: A Coruña).
- Julie – Koning Hendrik III van Frankryk gee homself aan die hertog van Guise oor en keer terug na Parys.
- 4 Julie – Engelse skepe word uitgestuur om die posisie van die Spaanse Armada te bepaal.
- 15 Julie – Pous Sixtus V stel Gian Francesco Mosorini, biskop van Brescia, aan as kardnaal.
- 21 – 22 Julie – Die Engelse skepe keer terug na Plymouth terwyl die Spanjaarde vas op koers is na Engeland. Die hertog van Medina Sidonia seil in die vlagskip, San Martin saam met Admiraal Juan Martinez de Recalde.
- 27 Julie – Die Spanjaarde gooi anker aan die kus van Calais in 'n halfmaan-vormige, diggepakte verdedigende formasie nie ver van die hertog van Parma se leër van 16 000 nie. Hulle het anker gegooi by Duinkerken.
- 29 Julie – Die Engelse steek agt skepe (gevul met pik, buskruit en teer) aan die brand. Die brandende skepe is toe windaf laat vaar tot tussen die diggeankerde Spaanse skepe. Talle skepe is in hierdie aanval vernietig.
- 30 Julie – Die Spaanse Armada word gesien waar dit die kus van Cornwall nader.
- 31 Julie – Die eerste skermutseling tussen die Engelse en die Spaanse vlote aan die kus van Plymouth is 'n oorwinning vir die Engelse. Die San Salvador slaan aan die brand en ontplof.
- 1 Augustus – Sir Francis Drake lê beslag op een van die grootste skepe in die Spaanse vloot, die Neustra Senora del Rosario.
- 2 Augustus – Die Engelse en die Spaanse vlote is weer betrokke in 'n skermutseling langs die kus van Dorset. Die Engelse vloot, onder leiding van Sir Francis Drake en Heer Howard van Effingham treë weereens as oorwinnaars uit die stryd.
- 4 Augustus – Die Engelse en Spanjaarde is betrokke by 'n skermutseling aan die kus van die Eiland Wight.
- 5 Augustus – Die Spaanse Armada seil na die Straat van Dover.
- 6 Augustus – Slag van Gravelines. Die Spaanse Armada word aan die kus van Gravelines, Spaanse-Nederlande (vandag deel van Frankryk) verslaan.
- 7 Augustus – Die Engelse en Spaanse vlote raak weer haaks, die keer aan die kus van Vlaandere.
- 8 – 9 Augustus- Die Spanjaarde slaag nie daarin om die kus van Vlaandere waar hulle die hertog van Parma sou ontmoet en hergroepeer, te bereik nie. Die hertog van Medina Sidonia besluit om terug te keer na Spanje.
- 10 – 11 Augustus – Engelse skepe sit die vlugtende Spaanse Armada agterna.
- 12 Augustus – Die Spaanse vloot seil verby die Firth of Forth. Die Engelse staak hulle agtervolging. Die Spaanse vloot word egter byna heeltemal deur 'n storm vernietig toe hulle verby Skotland en Ierland seil.
- 14 Desember – Pous Sixtus V stel Agostino Cusani en Francesco Maria del Monte Santa Maria aan as kardinale.
- 23 Desember – Hendrik III van Frankryk bots met sy ultra-Katolieke vyande. Die hertog van Guise en sy broer, Kardinaal Lodewyk II van Guise word vermoor terwyl die kardinaal van Bourbon, Karel I gevange geneem word. Dit het tot gevolg dat groot dele van Frankryk die koningskap van Hendrik III nie aanvaar nie. Dit dwing hom om hom by Hendrik van Navarre te skaar.
Ongedateerd
[wysig | wysig bron]- Wiliam Morgan vertaal die Bybel in Wallies.
- Ahmad al-Mansur, sultan van Marokko eis dat die koning van Songhay 'n duur hulde in ruil vir sout van die Sahara moet betaal, waarskynlik 'n doelbewuste poging om hom uit te lok. Die koning van Songhay antwoord egter hierop uitdagend wat tot gevolg het dat die Sultan van Marokko oorlog verklaar.
- In Rusland begin die bewind van Boris Godoenof.
- Christiaan IV kom aan bewind in Denemarke.
- Thomas Cavendish keer terug na Engeland en word sodoende die derde persoon om reg rondom die aarde te vaar.
- Skepe van die Spaanse Armada keer stuks-stuks terug na Spanje in 'n gehawende toestand. Dit word al hoe meer duidelik dat die Spanjaarde groot verliese gelei het in terme van bemanning en skepe.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- Maart – Johann Heinrich Alsted, Duitse teoloog. († 9 November 1638)
- 5 April – Thomas Hobbes, Engelse filosoof. († 4 Desember 1679)
- 15 April – Claudius Salmasius, Franse geleerde. († 3 September 1653)
- 2 Mei – Étienne Pascal, Franse wiskundige. († 24 September 1651)
- 13 Mei – Ole Worm, Deense geneesheer. († 31 Augustus 1655)
- 28 Mei – Pierre Séguier, kanselier van Frankryk. († 28 Januarie 1672)
- 9 Junie – Johann Andreas Herbst, Duitse komponis († 24 Januarie 1666)
- 11 Junie – George Wither, Engelse digter en satirikus († 2 Mei 1667)
- 8 September – Marin Mersenne, Franse teoloog, wiskundige en filosoof († 1648)
- 10 September – Nicholas Lanier, Engelse komponis. († 24 Februarie 1666)
- 14 September – Joshua Stegmann, Duitse teoloog. († 3 Augustus 1632)
- 16 Oktober – Luke Wadding, Ierse Fransiskaanse monnik en historikus. († 18 November 1657)
- 9 November – Bénédict Turrentini, Switserse teoloog. († 4 Maart 1631)
- 22 November – Leonhard Kern, Duitse beeldhouer. († 4 April 166)
- 10 Desember
- Datum onbekend
- John Danvers, Engelse politikus. († 1655)
- John Endecott, Engelse politikus. († 15 Maart 1665)
- Robert Filmer, Engelse politieke skrywer. († 26 Mei 1653)
- Accepted Frewen, Engelse geestelike en Aartsbiskop van York. († 1664)
- Jan Janssonius, Nederlandse kartograaf. (Begrawe 11 Julie 1664)
- François de La Mothe-Le-Vayer, Franse skrywer. († 9 Mei 1672)
- Catherine de Vivonne, markies van Rambouillet. († 2 Desember 1665)
- Antione le Nain, Franse skilder.
- Hendrick ter Brugghen, Nederlandse skilder. († 1 November 1629)
- Marco Antonio Bassetti, Italiaanse skilder. († 1630)
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 5 Januarie – Qi Jiguang, Sjinese militêre generaal (* 12 November 1528)
- 24 Februarie – Johann Weyer, Nederlandse geneesheer en okkultis (* 1515)
- 1 Maart – Jacques Daléchamps, Franse botanis (* 1513)
- 5 Maart – Hendrik I van Bourbon en prins van Condé (* 29 Desember 1552)
- 10 Maart – Theodor Zwinger, Switserse geleerde (* 2 Augustus 1533)
- 17 Maart – Petrus Datheen, Nederlandse predikant (* 1531)
- 4 April – Frederik II van Denemarke, Koning van Denemarke en Noorweë (* 1534).
- 19 April – Paolo Veronese, Italiaanse Renaissance skilder (* 1528)
- 18 Junie – Robert Crowley, Engelse digter en handelaar in skryfbehoeftes (* 1517)
- 17 Julie – Mimar Sinan, Ottomaanse argitek en siviele ingenieur (* 1489)
- 8 Augustus – Alonso Sánches Coello, Spaanse skilder (* 1531)
- 12 Augustus – Alfonso Ferrabosco, Italiaanse komponis (* 1543)
- 30 Augustus – Margaret Ward, Engelse heilige (tereggestel).
- 3 September – Richard Tarlton, Engelse akteur (* 1530)
- 4 September – Robert Dudley, 1ste Graaf van Leicester en Engelse politikus (* 24 Junie 1532)
- 18 September – Johannes Matthaeus, Duitse teoloog (* 1526)
- 26 September – Amias Paulet, goewerneur van Jersey (* 1532)
- 1 Oktober – Edward James, Engelse Katolieke priester (tereggestel by Chichester).
- 1 November – Jean Daurat, Franse digter, geleerde en humanis (* 1508)
- 23 Desember – Hendrik I, Hertog van Guise (* 31 Januarie 1550)
- Datum onbekend
- Giorgio Biandrata, Italiaanse geneesheer (* 1515)
- Sonam Gyatso, 3de Dalai Lama en die eerste amptelik erkende Dalai Lama (* 1543)
- Edwin Sandys, Engelse prelaat en aartsbiskop van York (* 1519)
- Bernadino Telesio, Italiaanse filosoof en natuurwetenskaplike (* 1509)
- Jacopo Strada, Italiaanse geleerde, skilder, skrywer, goudsmid en kunsversamelaar (* 1507)
- Diego Durán, Dominikaanse monnik (* 1537)
- Martin Sherson, Engelse Rooms-Katolieke priester (* 1563)