Alfanumeriese karakter

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
'n Voël toegerus met 'n alfanumeriese ring, wat beter op 'n afstand gelees kan word.

Alfanumeriese karakters is enige versameling van nommers en letters. Volgens die woordeboek Merriam-Webster verwys die term dikwels na ander tekens ook, soos punte en wiskundige simbole.[1]

Soms kan die term dui op nommers en letters wat baie soortgelyk voorkom en verander word om verwarring te voorkom. Die voor die hand liggendste ooreenkomste is tusen die letters I, O en Q en die nommers 1 and 0.[2] Verskillende karakters word dus vir hulle gebruik om verwarring vir die menslike oog uit te skakel.

In groot vliegtuie kan daar 10 sitplekke in 'n ry wees en kan hulle genommer wees ABC-DEFG-HJK. Die letter I word oorgeslaan omdat dit soos 'n 1 kan lyk.

Vir handgeskrewe alfanumeriese karakters word, benewens I en O, ook dikwels V en Z uitgelaat omdat hulle baie soos U en 2 kan lyk.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "Alphanumeric".. Merriam-Webster. 
  2. Grissinger, Matthew (Desember 2012). "Avoiding Confusion With Alphanumeric Characters". Pharmacy and Therapeutics. 37 (12): 663–665. ISSN 1052-1372. PMC 3541865. PMID 23319841.

Skakels[wysig | wysig bron]