Antonio Pappano
Antonio Pappano | |
---|---|
Pappano (regs) ontvang die Vittorio de Sica-prys van President Napolitano (2010)[1] | |
Gebore | 30 Desember 1959 Epping, Essex, Enegland |
Alma mater | Royal Academy of Music, Londen |
Beroep | Dirigent |
Bekend vir | Dirigent van die Royal Opera House en Orchestra dell'Accademia Nazionale di Santa Cecilia |
Eggenoot | Pamela Bullock |
Antonio Pappano (gebore 30 Desember 1959) is 'n Engels-Italiaanse dirigent en pianis. Hy is sedert 2002 musiekdirekteur van die Royal Opera House.[2] In 2015 ontvang hy 'n goue medalje van die Koninklike Filharmoniese Genootskap.[3]
Vroeë lewe
[wysig | wysig bron]Pappano is gebore in Epping, Essex. Pappano se familie het in 1958 vanaf Castelfranco in Miscano naby Benevento, Italië, na Engeland verhuis. Ten tyde van sy geboorte was sy ouers werksaam in die restourantbedryf. Sy vader Pasquale Pappano was van beroep 'n sangonderwyser.[4]
Toe Pappano dertien jaar oud was het hy en sy familie na Connecticut verhuis. Na musikale opleiding in klavier en komposisie word hy op 21-jarige leeftyd 'n répétiteur (repetisie-begeleier) by die New York Stad Opera.[5]
Loopbaan
[wysig | wysig bron]Pappano het onder die aandag gekom van sy mede pianis en – dirigent Daniel Barenboim en is aangestel as Barenboim se assistent by die Bayreuth-fees.[6] Hy het in Barcelona en Frankfurt gewerk en gedien as assistent tot Michael Gielen.[7] Sy eerste optrede as dirigent by die Den Norske Opera was in 1987. In 1990 het hy musiekdirekteur van dié operageselskap geword.[4]
In 1992 is Pappano aangestel as musiekdirekteur van La Monnaie, die Belgiese Koninklike Operahuis, welke pos hy tot 2002 behou het. In die dié jaar is hy aangestel as musiekdirekteur van die Royal Opera House (ROH), Covent Garden.[4] Hy en Kasper Holten, die ROH se direkteur van opera, was mede verantwoordelik vir opvoerings.[8] Sy huidige kontrak strek tot 2017, en is verleng tot 2023.[9] Pappano was die jongste dirigent van die ROH, en het vir beide die Royal Opera en Royal Ballet gedirigeer.
Pappano was ook 'n hoof gasdirigent van die Israelse Filharmoniese Orkes. In 2005 is hy aangestel as musiekdirekteur van die Orchestra dell'Accademia Nazionale di Santa Cecilia.
Pappano is in 2012 tot ridder geslaan vir sy dienste aan musiek;[10] hy is ook 'n ridder (Groot Kruis) van Italië se orde van verdienstelikheid gemaak.[4] Op 17 Januarie 2013 ontvang hy die "Incorporated Society of Musicians' Distinguished Musician Award".[11] In 2015 ontvang hy die goue medalje van die Koninklike Filharmoniese Genootskap.
Persoonlike lewe
[wysig | wysig bron]Pappano is getroud met Pamela Bullock, 'n Amerikaanse stemafrigter.[8]
Opnames
[wysig | wysig bron]Pappano maak gereeld opnames vir Warner Classics. Sy opname sluit in:
- Harrison Birtwistle: The Minotaur
- Philippe Boesmans: Wintermärchen
- Jules Massenet: Manon, Werther
- Giacomo Puccini: Il Trittico, La Bohème, La Rondine, Tosca, Madame Butterfly
- Gioachino Rossini: Stabat Mater, Willem Tell
- Giuseppe Verdi: Don Carlo, Il Trovatore, Messa da Requiem, Aida
- Richard Wagner: Tristan und Isolde
- Hugo Wolf: Lieder, met die tenoor Ian Bostridge
- Antonín Dvořák: Simfonie No. 9 & Tjelloconcerto
- Sergei Rachmaninoff: Simfonie No. 2
- Sergei Rachmaninoff: Klavierconcerto No. 1 & Klavierconcerto No. 2, met Leif Ove Andsnes
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Palazzo del Quirinale 23/11/2010". Fotografia – Primo Mandato. Presidenza della Repubblica. Besoek op 24 November 2016.
- ↑ Duchen, Jessica (Februarie 2012). "Balancing Act". Opera News: 18–22.
- ↑ "Antonio Pappano, Andris Nelsons and Mary Bevan among RPS Awards winners". Besoek op 18 September 2015.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 Tonkin, Boyd (6 Julie 2013). "Sir Antonio Pappano: 'I had no ambition to conduct'". The Independent. Independent News and Media. Besoek op 8 November 2014.
- ↑ Anna Picard (3 Desember 2006). "Antonio Pappano: Local hero". The Independent. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 September 2007. Besoek op 7 September 2007.
- ↑ Rupert Christiansen (2 September 2002). "High octane, high hopes". The Telegraph. Besoek op 7 September 2007.[dooie skakel]
- ↑ Peter Conrad (23 Februarie 2003). "Lightning conductor". The Observer. Besoek op 7 September 2007.
- ↑ 8,0 8,1 Rupert Christiansen (8 September 2008). "Antonio Pappano: the unstoppable maestro". The Observer. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2008. Besoek op 8 September 2008.
- ↑ "Appointments". Opera. Mei 2014. Besoek op 1 Oktober 2014.
- ↑ "No. 60009". The London Gazette (Supplement). 31 Desember 2011. p. 1.60009]]
- ↑ "Sir Antonio Pappano receives prestigious ISM Distinguished Musician Award". Incorporated Society of Musicians. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 November 2014. Besoek op 18 Januarie 2013.
Bronne
[wysig | wysig bron]Maeckelbergh, Lucrèce, Antonio Pappano: Con Passione. Snoeck, 2006. ISBN 9053495274.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Antonio Pappano. |
- Pappano opnames Geargiveer 11 Januarie 2018 op Wayback Machine op Warner Classics
- Pappano recordings on Deutsche Grammophon
- Onderhoud met Antonio Pappano, 8 Desember 1996
Kulturele poste | ||
---|---|---|
Voorafgegaan deur Sylvain Cambreling |
Musiekdirekteur, Théâtre de la Monnaie, Brussel 1992–2002 |
Opgevolg deur Kazushi Ono |
Voorafgegaan deur Bernard Haitink |
Musiekdirekteur, Royal Opera House, Covent Garden 2002–tans |
Opgevolg deur ingesetene |