Aten (stad)
Aten | ||
Koördinate | 25°43′21″N 32°36′06″O / 25.72250°N 32.60167°O | |
Land | Egipte | |
Soort | Stad | |
Streek | Luxor, Bo-Egipte | |
Geskiedenis | ||
Gestig | 1386-'53 v.C. | |
Tydperk | Nuwe Ryk | |
Uitgrawings | Van September 2020 af | |
Unesco-wêrelderfenisgebied | ||
Tipe | Kultureel | |
Kriteria | i, iii, vi | |
Verwysing | 87 | |
Inskripsie | 1979 (3de sitting) | |
Streek† | Arabiese state | |
Beskrywing* | Antieke Thebe met sy nekropolis | |
† Streek soos deur Unesco geklassifiseer. * Naam soos op die Wêrelderfenislys |
Aten (volle naam: Die Glansende Aten[1], hoewel argeoloë dit aanvanklik "Die Horison van Aten" genoem het)[2] is die ruïnes van 'n antieke Egiptiese stad aan die westeroewer van die Nyl[3] in die Thebaanse Dodeakker naby Luxor. Dit is genoem na die Egiptiese songod Aten en het blykbaar langer as drie millenniums ongeskonde bewaar gebly.
Sedert uitgrawings in September 2020 begin het, blyk dit die grootste stad in sy soort in antieke Egipte te wees; die merkwaardige graad van sy bewaring het gelei tot vergelykings met Pompeji.[4][5]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]
| |||||||||
Die glansende Aten (pn-ṯḥn-jtn. Pen-tjehen Aten) in hiërogliewe |
---|
Die stad se stigting dateer van die tydperk van Amenhotep III, sowat 3 400 jaar gelede (1386-'53 v.C.).[5] 'n Paar inskripsies stel argeoloë in staat om presiese datums vir die stad se geskiedenis te bepaal. Een verwys na 1337 v.C., wat saamval met die bewind van Achenaten, wat vermoedelik sy hoofstad die volgende jaar na Achetaten geskuif het.[2]
Bewyse wat tot dusver ontdek is, dui daarop dat Aten daarna onder beheer van Toetankaten gekom het. Hy het sy naam na Toetankamen (of Toetanchamoen) verander, na die ou hoofgod, Amoen. Die stad is ook deur die tweede laaste heerser van die 18de Dinastie, Ai, gebruik.[5] Tot dusver is vier afsonderlike nedersettingslae ontdek wat getuig van hernude vestiging, tot so laat as die Kopties-Bisantyne tydperk, van die 3de tot 7de eeu n.C.[5]
Ontdekking
[wysig | wysig bron]Baie vorige sendings het sonder sukses probeer om die stad te vind.[3] Uitgrawings op die terrein rofweg tussen die dodetempel van Ramses III en dié van Amenhotep III is in September 2020 begin onder leiding van die Egiptiese argeoloog Zahi Hawass, en die suidelike kwartier van die stad is ontdek[2] terwyl Hawass en sy span na die dodetempel van Toetankamen gesoek het.[6]
Die ontdekking vorm deel van Amenhotep se paleiskompleks (Malkata), net noord van die nuwe gebied.[5] Dit is op 8 April 2021 aangekondig. Die Egiptoloog Betsy Bryan noem dit die belangrikste argeologiese ontdekking sedert die uitgrawing van Toetankanmen se grafkelder.[4]
Struktuur
[wysig | wysig bron]Verskeie afsonderlike buurte is al ontdek; hulle word afgesluit deur kronkelende moddersteenwalle.[5] Daaronder is 'n bakkerykwartier met voorwerpe uit die alledaagse lewe.[4][5] Drie paleise is ook al geïdentifiseer.[7]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Magdy 2021.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Alberti & Guy 2021.
- ↑ 3,0 3,1 Virtuani 2021.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 AFP 2021.
- ↑ 5,0 5,1 5,2 5,3 5,4 5,5 5,6 Blakemore 2021.
- ↑ Giuliani 2021.
- ↑ GEO & AFP 2021.
Bronne
[wysig | wysig bron]- AFP (9 April 2021). "3,000-year-old 'lost golden city' of ancient Egypt". The Guardian. Agence France-Presse.
- Alberti, Mia; Guy, Jack (9 April 2021). "Archaeologists discover 3,000-year-old Egyptian city, left 'as if it were yesterday'". CNN.
- Blakemore, Erin (8 April 2021). "'Lost golden city of Luxor' discovered by archaeologists in Egypt". National Geographic.
- Cascone, Sarah (9 April 2021). "Archaeologists Have Discovered the Lost Pleasure City of Luxor, Long Fabled as the 'Egyptian Pompeii,' Stunningly Preserved in Time". Artnet.
- GEO; AFP (9 April 2021). "Egypte: découverte d'une " Cité d'or perdue" vieille de 3 000 ans". GEO (in Frans).
- Giuliani, Tiziana (8 April 2021). "Zahi Hawass annuncia la scoperta di "Rise of Aten", la città di Amenhotep III, Akhenaton, Tut e Ay" (in Italiaans). Mediterraneo antico.
- Magdy, Samy (11 April 2021). "Archaeologist reveals details of 3,000-year-old lost city found in Egypt". ABC7NY. Associated Press. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2021. Besoek op 11 April 2021.
- Hawass, Zahi (2021). "Excavations in Western Thebes, 2021: The Discovery of the Golden Lost City, A Preliminary Report". Journal of the American Research Center in Egypt. 57 (1): 83–110. doi:10.5913/jarce.57.2021.a005.
Skakels
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.