Aymara
Voorkoms
- Hierdie artikel handel oor die taal. Vir die etniese groep, sien Aymara (volk).
Aymara Aymar aru | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Bolivië Chili Peru | |
Totale sprekers: | 2,8 miljoen[1][2][3] | |
Taalfamilie: | Aymara Aymara | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Bolivië Peru | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | ay
| |
ISO 639-2: | aym
| |
ISO 639-3: | aym
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Aymara (Aymar aru) is naas Quechua en Guaraní die belangrikste inheemse taal van Suid-Amerika wat deur sowat 2,8 miljoen mense in die sentrale Andesstreek van Bolivië, Chili en Peru gepraat word. Dit word veral deur die Aymara gepraat en vorm saam met Guaraní, Quechua en Spaans die amptelike tale van Bolivië asook saam met Quechua en Spaans die amptelike tale van Peru. Daarbenewens is Aymara 'n erkende minderheidstaal in Chili.
Aymara word oorwegend in die sentrale weste van Bolivië en aangrensende streke van Chili en Peru gepraat. Dit vorm saam met Kawki (amper uitgestorwe) en Jaqaru (700 sprekers) die Aymara-taalfamilie.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Aymara" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 Desember 2019. Besoek op 15 April 2016.
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Aymara, Southern" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 15 April 2016.
- ↑ "Ethnologue: Languages of the World, Seventeenth edition, Aymara, Central" (in Engels). Ethnologue. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 November 2019. Besoek op 15 April 2016.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aymara.