Bethulie
Bethulie | |
---|---|
Koördinate: 30°29′50″S 25°58′23″O / 30.49722°S 25.97306°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distriksmunisipaliteit | Xhariep |
Plaaslike Munisipaliteit | Kopanong |
Stigting | 1829 |
Oppervlak | |
• Totaal | 37 km2 (14 vk. myl) |
Hoogte | 1 282 m (4 206 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 6 497 |
• Digtheid | 180/km2 (500/vk. myl) |
Tydsone | UTC+2 (SAST) |
Poskode | 9992 |
Bethulie is 'n dorp in die suide van die Suid-Afrikaanse provinsie Vrystaat, 180 km suid van Bloemfontein, met 2 100 inwoners (2011-sensus), van wie 514 (24,5%) wit was.[2]
Alhoewel Bethulie nie langs een van die provinsiale hoofpaaie lê nie, dien die dorp nogtans as 'n landbou- en spoorwegsentrum. Die naam, wat letterlik "deur God uitverkies" beteken, gaan terug op die direkteure van die plaaslike sendingstasie, wat as die bakermat van die dorp gedien het. Die sendingstasie se hoofgebou, Pellisierhuis, die voormalige tuiste van die Franse sendeling eerw. Jean Pellissier, dateer van 1843 en word as die oudste gebou noord van die Oranjerivier beskou.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog is van die grootste Britse konsentrasiekampe in Bethulie opgerig. Bethulie is ook die geboorteplek van die Suid-Afrikaanse akteur Patrick Mynhardt, ook bekend as die Boytjie van Bethulie.
Besienswaardighede
[wysig | wysig bron]- Die Pellisierhuismuseum is op 20 Julie 1979 geopen en behandel die geskiedenis van Bethulie en sy omgewing. Die huis vertoon ook 'n versameling van 19de-eeuse huis- en landbougereedskap en oorblyfsels van die Vryheidsoorlog.
- Die D.H. Steynbrug naby Bethulie oorspan die Oranjerivier en is met 2 993 meter die langste in Suid-Afrika.
- Die belangrikste toeristebestemmings in die omgewing is Bethuliedam met uitstekende watersportgeriewe en die Mynhardtwildtuin.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Bethulie. |
Springfontein 41 km | Bloemfontein 178 km | Smithfield 73 km Rouxville 94 km |
||
Gariepdam (dorpie) 54 km | Aliwal-Noord 88 km | |||
Bethulie | ||||
Norvalspont 62 km Colesberg 103 km |
Venterstad 46 km Steynsburg 107 km |
Burgersdorp 75 km |
Nota: Afstande per pad gemeet[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Somtotaal van hoofplekke Bethulie en Lephoi tydens die 2011-sensus
- ↑ 2011-sensus – Bethulie
- ↑ Reisafstande na Bethulie