Bosveld Hotel (die moewie)
Bosveldhotel (Die Moewie) | |
---|---|
Regisseur | Fred Nel |
Draaiboek | Pieter Pieterse |
Met | Tromp Terre'blanche Marie Pentz At Botha |
Musiek deur | Louis van Rensburg Hennie Oosthuizen |
Kinematografie | Jean Delbeke |
Redigeerder | Ester Worst |
Ateljee | Zack du Plessis Films |
Uitgereik | 1985 |
Speeltyd | 92 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
Bosveld Hotel (Die Moewie) is 'n Afrikaanse rolprent wat in 1985 uitgereik is. Die rolprent is na afloop van die gewilde gelyknamige TV-reeks (SAUK, 1980) uitgereik. Dit is gebaseer op die skrywer, Pieter Pieterse se boek, Bosveldhotel. Die rolprent se klankbaan is later apart vrygestel.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Hoofkarakters
[wysig | wysig bron]- Tromp Terréblanche as Jurg Lombaard
- Marie Pentz as Tilla Nel
- At Botha as Dr. Wynand Nel
- Christine Basson as Willemien Nel
- Margaret Webb as Tant Engeltjie
- Danie Smuts as Hans van Rensburg
- Zack du Plessis as Gert Kruger
- Hennie Oosthuizen as Martiens le Roux
- Org Smal as Buster Bruwer
- Koos Strauss as Dimpels Bezuidenhout
- Jan Bruyns as Joop van Rensburg
Storielyn
[wysig | wysig bron]Die Bosveldhotel se voortbestaan word bedreig deur 'n mynmaatskappy wat die onmiddellike bosveldomgewing wil ontgin vir minerale.
Hans van Rensburg en Gert Kruger verklaar oorlog teen Trans-Afrika Mynontwikkelings omdat hulle die mooi bosveld in 'n mynhoop wil verander. Die bestuurder van die myn, Hannetjie Kruger (Gert se gewese vrou) probeer "'n hond uit 'n bos uit" om oom Hans en Gert tot ander insigte te dwing, maar "nie so dat jy dit sal agterkom nie"...
Martiens le Roux se konkelry en die mynvoorman se arrogansie dra verder daartoe by dat die "Bosveld-Kruitvat" uiteindelik ontplof.