Droommyl
'n Droommyl is die term wat gebruik word wanneer 'n atleet daarin slaag om 'n myl (1609.344 meter) onder 4 minute te hardloop. Roger Bannister is die eerste persoon wat daarin geslaag het om 'n droommyl af te lê; sy tyd was 3:59.4. Hy het dit vermag op 6 Mei 1954. Die rekord het net ses weke gestaan tot die Australiër, John Landy, dit verbeter het tot 3:58.0.
John Walker het op 12 Augustus 1975 in Gotenburg daarin geslaag om die myl in 3:49:04 af te lê, die eerste supermyl.
Die tien vinngste mylatlete in die geskiedenis
[wysig | wysig bron]Naam | Nasionaliteit | Plek | Datum | Tyd |
---|---|---|---|---|
Hicham El Guerrouj | Marokko | Rome | 7 Julie 1999 | 3:43:13 |
Noah Ngeny | Kenia | Rome | 7 Julie 1999 | 3:43:40 |
Noureddine Morceli | Algerië | Rieti | 5 September 1999 | 3:44:39 |
Steve Cram | Brittanje | Oslo | 27 Julie 1985 | 3:46:32 |
Daniel Komen | Kenia | Berlyn | 26 Augustus 1997 | 3:46:38 |
Vénuste Niyongabo | Burundi | Berlyn | 26 Augustus 1997 | 3:46:70 |
Saïd Aquita | Marokko | Helsinki | 2 Julie 1987 | 3:46:76 |
Alan Webb | VSA | Brasschaat | 21 Julie 2007 | 3:46:91 |
Bernard Lagat | Kenia | Rome | 29 Junie 2001 | 3:47:28 |
Sebastian Coe | Brittanje | Brussel | 28 Augustus 1981 | 3:47:33 |
Omrede die myl nie 'n Olimpiese item is nie, word dit baie min gehardloop.
Suid-Afrikaanse mylatlete
[wysig | wysig bron]De Villiers Lamprecht is die eerste Suid-Afrikaner wat 'n droommyl gehardloop het en wel in Stellenbosch op 13 November 1963 in 'n tyd van 3:59:06. Johan Fourie is die eerste persoon wat twee droommyle binne een uur gehardloop het op 9 Februarie 1987 in Stellenbosch.
Die top 10 Suid-Afrikaanse atlete:
Naam | Plek | Datum | Tyd |
---|---|---|---|
Sydney Maree | Rieti | 9 September 1981 | 3:48:83 |
Johan Fourie | Port Elizabeth | 11 Maart 1987 | 3:50:82 |
Juan van Deventer | Oslo | 6 Junie 2008 | 3:51:31 |
Graham Davidson | Hengelo | 1 Junie 2003 | 3:53:86 |
Bennie Greyling | Durban | 9 Desember 1987 | 3:54:59 |
Danie Malan | Stellenbosch | 26 Februarie 1975 | 3:54:60 |
Victor Radebe | Port Elizabeth | 11 Maart 1987 | 3:54:62 |
Johan Cronje | Londen | 25 Julie 2007 | 3:54:84 |
Peter van der Westhuizen | Oslo | 4 Oktober 2010 | 3:54:90 |
Matthews Temane | Potchefstroom | 9 Maart 1983 | 3:55:40 |
Bron
[wysig | wysig bron]- Die eerste droommyl; Beeld; 3 Mei 2014.