(Translated by https://www.hiragana.jp/)
E.M. Forster - Wikipedia Gaan na inhoud

E.M. Forster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
E.M. Forster
E. M. Forster deur Dora Carrington
Gebore
Edward Morgan Forster

(1879-01-01)1 Januarie 1879
Sterf7 Junie 1970 (op 91)
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Alma materKing's College, Cambridge
BeroepSkrywer (romans, kortverhale, opstelle)
Bekend virWhere Angels Fear to Tread (1905)
The Longest Journey (1907)
A Room with a View (1908)
Howards End (1910)
A Passage to India (1924)
Maurice (1971)
Ouer(s)Alice Clara "Lily" (née Whichelo) en Edward Morgan Llewellyn Forster
Handtekening

Die hooftema in die romans van die Engelse skrywer E.M. Forster (1 Januarie 1879 – 7 Junie 1970) is die botsing van twee teenoorgestelde wêrelde. AI sy romans, waarvan Howards End en A Passage to India die belangrikste is, is vóór 1925 geskryf. Daarná het hy hoofsaaklik essays, verhale en enkele biografieë geskryf.

Lewe[wysig | wysig bron]

Edward Morgan Forster is op 1 Januarie 1879 in Londen gebore. Hy het in klassieke tale en die geskiedenis aan die Kings's College, Cambridge, gestudeer, waar hy vanaf 1946 'n teruggetrokke lewe gelei het. Enkele jare lank het hy ook in Italië gewoon, waar verskeie van sy romans hulle afspeel, en in 1912 en 1921 het hy as raadgewer van 'n maharadja na Indië gegaan. Gedurende die Eerste Wêreldoorlog was hy 'n amptenaar in Egipte. Forster, wat op 7 Junie 1970 oorlede is, se laaste roman, Maurice, het in 1971 verskyn.

Werk[wysig | wysig bron]

 Forster se eerste roman, Where Angels fear to Tread (1905). is in verskeie opsigte kenmerkend vir sy hele oeuvre. Die hooftema is die teëstelling tussen die koel, beheerste noorderlinge en die warm, spontane suiderlinge, die intrige is ingewikkeld en die ontknoping dramaties, en die karakterbeelding van die Herriton-familie is skerp en komies. Die eintlike hoofkarakter, Philip Herriton, verander weens sy verbintenis met Italië en hy leer hoe om minder geslote te wees. Ook in die deels outobiografiese The Longest Journey (1907) word twee teenoorgestelde wêrelde vergelyk en vind 'n semi-intellektuele jong man, Riekie, die pad na die werklikheid, hoewel hy sy lewe daarvoor moes opoffer. In A Room with a View kom twee Britte ook voor die andersheid van Italië te staan. Van sy eerste drie romans is dit die lughartigste. Die werke wat Forster egter bekend gemaak het as een van die groot romanskrywers van die 20e eeu, is Howards End (1910) en A Passage to India (1924). In eersgenoemde boek is daar 'n konfrontasie tussen 'n gekultiveerde gesin en 'n bot gesin wat in die handel staan.

In A Passage to India het Forster sy eie ervarings in Indië verwerk en daarin geslaag om die ingewikkelde verhouding tussen die Britte en die Indiese bevolking weer te gee. Die tema hier is onder meer dat die koloniale agtergrond die vriendskap tussen die simpatieke Engelse onderwyser en die jong Moslemdokter Aziz onmoontlik maak. Net soos sy latere essays oor Indië is die roman ook 'n pleidooi vir verdraagsaamheid en 'n aanval op die misplaaste meerderwaardigheidsgevoel van die Engelse.

Ander belangrike werk van Forster is die feitelike verslag van sy ervarings in Indië, The Hill of Devi (1953), die teoretiese Aspects of the Novel, waarin hy onder meer die begrip intrige uitgewerk het, die bundels kortverhale The Celestial Omnibus (1914) en The Eternal Moment (1928) en die essaybundels Abinger Harvest (1936) en Two Cheers for Democracy (1915). Sy bekendste bibliografieë is Virginia Woolf (1942) en Marianne Thornton (1956).

Noemenswaardige werke[wysig | wysig bron]

Romans[wysig | wysig bron]

  • Where Angels Fear to Tread (1905)
  • The Longest Journey (1907)
  • A Room with a View (1908)
  • Howards End (1910)
  • A Passage to India (1924)
  • Maurice (geskryf in 1913–14; postuum gepubliseer in 1971)

Kortverhale[wysig | wysig bron]

  • The Celestial Omnibus: And Other Stories (1911)
  • The Eternal Moment and Other Stories (1928)
  • Collected Short Stories (1947) 'n kombinasie van bogenoemde twee titels, wat die volgende verhale bevat:
    • "The Story of a Panic"
    • "The Other Side of the Hedge"
    • "The Celestial Omnibus"
    • "Other Kingdom"
    • "The Curate's Friend"
    • "The Road from Colonus"
    • "The Machine Stops"
    • "The Point of It"
    • "Mr Andrews"
    • "Co-ordination"
    • "The Story of the Siren"
    • "The Eternal Moment"
  • The Life to Come and Other Stories (1972) (postuum) wat die volgende verhale bevat wat geskryf is tussen omstreeks 1903 en 1960:
    • "Ansell"
    • "Albergo Empedocle"
    • "The Purple Envelope"
    • "The Helping Hand"
    • "The Rock"
    • "The Life to Come"
    • "Dr Woolacott"
    • "Arthur Snatchfold"
    • "The Obelisk"
    • "What Does It Matter? A Morality"
    • "The Classical Annex"
    • "The Torque"
    • "The Other Boat"
    • "Three Courses and a Dessert: Being a New and Gastronomic Version of the Old Game of Consequences", waarvan Forster The Second Course geskryf het (The First Course is geskryf deur Christopher Dilke, The Third Course deur A. E. Coppard en The Dessert deur James Laver).

Toneelstukke[wysig | wysig bron]

  • Abinger Pageant (1934)
  • England's Pleasant Land (1940)

Draaiboeke[wysig | wysig bron]

  • A Diary for Timothy (1945) (gereggiseer deur Humphrey Jennings, gesproke woord deur Michael Redgrave)

Libretto[wysig | wysig bron]

Essaybundels en uitsendings[wysig | wysig bron]

  • Abinger Harvest (1936)
  • Two Cheers for Democracy (1951)
  • The Prince's Tale and Other Uncollected Writings (1998)
  • Forster in Egypt: A Graeco-Alexandrian Encounter: E.M. Forster's First Interview, reds., Hilda D. Spear en Abdel-Moneim Aly (Londen, 1987)
  • The Uncollected Egyptian Essays of E. M. Forster, reds.,Hilda D. Spear en Abdel-Moneim Aly (Dundee, 1988)

Literêre kritiek[wysig | wysig bron]

Biografieë[wysig | wysig bron]

Reisverhale[wysig | wysig bron]

  • Alexandria: A History and Guide (1922)
  • Pharos and Pharillon (A Novelist's Sketchbook of Alexandria Through the Ages) (1923)
  • The Hill of Devi (1953)[1]

Ander skryfwerk[wysig | wysig bron]

  • Selected Letters (1983–85)
  • Commonplace Book (faksimilee uitgawe 1978; geredigeer deur Philip Gardner, 1985)
  • Locked Diary (2007) (word gehuisves by King's College, Cambridge)
  • Arctic Summer (romanfragment, geskryf in 1912–13, postuum gepubliseer in 2003)
  • Rooksnest (1894 en 1901), 'n beskrywing deur Forster van sy kinderjare, waarop hy Howards End gebaseer het.[2]
  • Nassenheide (1920-1929), 'n memoir van sy tyd as oppasser van Elizabeth von Arnim se kinders, veral van belang vir sy kontras met Elizabeth and Her German Garden. Gehuisves by King's College.

'n Wye verskeidenheid joernaaltydskrifte, toneelstukke en konsepwerke is geargiveer by King's College.[3]

Noemenswaardige rolprente en dramawerke wat gebasseer is op Forster se werke[wysig | wysig bron]

  • The Machine Stops (1966), verwerk vir die BBC reeks Out of the Unknown
  • A Passage to India (1984), regisseer, David Lean
  • A Room with a View (1985), regisseer, James Ivory
  • Maurice (1987), regisseer, James Ivory
  • Where Angels Fear to Tread (1991), regisseer, Charles Sturridge
  • Howards End (1992), regisseer, James Ivory. Emma Thompson, Anthony Hopkins, Helena Bonham Carter en Vanessa Redgrave vertolk die hoofrolle, met James Wilby, Samuel West, Jemma Redgrave en Prunella Scales in ondersteunende rolle.
  • The Inheritance (2018), toneelstuk deur die dramaturg Matthew Lopez. Verwerking van Howards End. Forster is een van die karakters.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. 1,0 1,1 1,2 Ray, Mohit Kumar, red. (2002). "Chapter 8. E.M. Forster as Biographer by Vinita Jha". Studies in Literature in English, volume XI. Nieu-Delhi: Atlantic Publishers & Distributors. pp. 102–113. ISBN 9788126904273.
  2. Aanhangsel tot Penguin uitgewers se English Library uitgawe van Howards End. Londen 1983.
  3. Halls, Michael. “The Forster Collections at King’s: A Survey.” Twentieth Century Literature, vol. 31, no. 2/3, 1985, pp. 147–60. JSTOR, https://doi.org/10.2307/441287. Besoek op 7 Mei 2024.

Bronnelys[wysig | wysig bron]

  • Maxwell-Mahon, W.D.: E.M. Forster - The last of the apostles. In: Lantern. Tydskrif vir Kuns, Kennis en Kultuur. Jaargang 29, nr. 1, Desember 1979
  • Wêreldspektrum, Vol. 7, 40, ISBN 0 908409 48 6

Eksterne skakels[wysig | wysig bron]