Fukushima-Daiichi-kernaanleg
Die Fukushima-Daiichi-kernaanleg (Japannees:
Fukushima I is die oudste kernaanleg wat deur die energieverskaffer Tōkyō Denryoku (Tokyo Electric Power Company – kort Tepco) bedryf word. As gevolg van die Tōhoku-aardbewing op 11 Maart 2011 en die daaropvolgende tsoenami is die kernaanleg deur 'n reeks ontploffings geruk nadat sy verkoelingstelsel ingegee het.
Op 12 April het die Japanse owerhede toegegee dat die ongeluk tot dieselfde hoë kategorie (7) behoort as die Tsjernobil-kernramp in die destydse Sowjetunie.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Fukushima I-kernaanleg.