Gabriel García Márquez
Gabriel García Márquez | |
---|---|
Gebore | Gabriel José de la Concordia García Márquez 6 Maart 1927 Aracataca, Colombia |
Sterf | 17 April 2014 |
Nasionaliteit | Colombia |
Beroep | Digter, dramaturg, literêre kritikus en redakteur |
Bekend vir | One Hundred Years of Solitude The Autumn of the Patriarch Love in the Time of Cholera |
Eggenoot | Mercedes Barcha Pardo |
Kinders | Rodrigo, Gonzalo |
Handtekening | |
Gabriel José de la Concordia García Márquez (uitspraak: ɡaˈ
Hy het sy loopbaan begin as joernalis, en het vele bekroonde nie-fiksiewerke en kortverhale die lig laat sien, maar is oorwegend bekend om sy novelle, waaronder Cien años de soledad ('n Eeu van Afsondering) in 1967 en El amor en los tiempos del cólera (Liefde in die Tyd van Cholera) van 1985. Die aansienlike lofbetuiging en wye kommersiële sukses van sy werke is deels toeskryfbaar aan sy popularisering van 'n letterkundestyl wat as magiese realisme bestempel word, waarin bonatuurlike elemente en gebeure met andersins gewone en realistiese situasies vervleg word. Sekere van sy werke speel af in 'n fiktiewe gehuggie genaamd Macondo, waarin tipies 'n tema van afsondering geskep word.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Gabriel García Márquez Turns 80, BBC News, 6 Maart 2007, http://news.bbc.co.uk/1/hi/world/americas/6422579.stm, besoek op 30 Maart 2008
- ↑ "The Nobel Prize in Literature 1982" (in Engels). Nobelprize.org. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 2 Julie 2018. Besoek op 7 Oktober 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Gabriel García Márquez.