(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Gebruikerbespreking:Rooiratel - Wikipedia Gaan na inhoud

Gebruikerbespreking:Rooiratel

Page contents not supported in other languages.
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Argief
2018 2019 2020
2021 2022 2023
2024
Hoe word 'n argief aangelê?

116 000 artikels

[wysig bron]

@Rooiratel:, môre. Ek dink Cheiridopsis meyeri‎ is ons 116,000ste artikel. Kan jy asb die statistiek op Afrikaanse Wikipedia bywerk? Groete! Oesjaar (kontak) 08:31, 1 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Nguyen

[wysig bron]

Hi and sorry for writing to you in English. This guy who I've reverted yesterday is a known crosswiki spammer and long term abuser. You might want to take a look at en:w:WP:LTA/NDC for further information. I'm not appealing your revert of mine but please be cautios as the same person might appear under multiple names. Thanks for any response, A09 (kontak) 09:42, 1 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Hi, no worries. Thanks, I appreciate it. I don't doubt that they are a cross-wiki spammer, but the page they created looked legit as far as I could tell. I have recreated the page, using the sources from enwiki. But the users/IPs can remain banned. Thanks for the link. I will keep an eye out for them. - Rooiratel (kontak) 14:49, 1 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Marthinus de Villiers Louren

[wysig bron]

@Rooiratel:, kan jy asb Marthinus de Villiers Lourens op Wikidata verwyder nadat ek twee artikels versmely het. Groete! Oesjaar (kontak) 19:58, 8 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Lyk vir my dat daar net een Wikidata item was. Maar as jy 'n skakel het na die ou een, sal ek dit reg maak. - Rooiratel (kontak) 11:52, 9 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Geologiese breuke‎ vs Breuk (geologie)‎

[wysig bron]

Ek het die twee uiteindelik versmelt, laasgenoemde is nou 'n aanstuur; ek ook alle skakels en aansture bygewerk. Ek het probeer regmaak op Wikidata, ek kort jou hulp asb. Groete! Oesjaar (kontak) 19:22, 9 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Uitgevoer Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 14:58, 10 Mei 2024 (UTC)[antwoord]
Dankie. Groete! Oesjaar (kontak) 15:03, 10 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Kwaternêre eksperiment

[wysig bron]

Ek beperk my veral tot binêre of moontlik eenvoudige ternêre verbindings soos soute, maar ek het nou 'n bietjie 'n eksperiment gedoen met Litiumstronsiumortosilikaat. Die het vier elemente (Li,Sr,Si en O) en dikwels 'n vyfde as dotering. Ek wou gewoon sien hoe ver ek daarmee kan kom. Van die gebruikelike goeters soos smeltpunte, kookpunte, CAS-nommers, LD50's, en beelde van die stof en sy struktuur kan ek nie vind nie en digthede was ook 'n probleem. Maar daar is tog genoeg inligtings oor die struktuur, sintese en gebruik in optiese elemente soos LEDs dat ek tog meer as 5000 grepe by mekaar kan skryf... Meer as ek verwag het! Maar ek kan dit nie op die Engelse net vind om 'n wikidata-skakel aan te lê nie. Kan jy dit asseblief verhelp? Jcwf (kontak) 04:32, 19 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Ja ek het ook gesukkel om dit te vind. Dit bestaan waarskynlik nie op Wikidata of 'n ander wiki nie. Ek het maar 'n nuwe Wikidata item geskep, en jou artikel daaraan gekoppel. - Rooiratel (kontak) 12:51, 19 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Astridia parviflora

[wysig bron]

@Rooiratel:, hierdie spesie is baie nuut en bestaan nog nie op Wikidata nie. Help asb. Groete! Oesjaar (kontak) 09:30, 29 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Uitgevoer Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 09:43, 30 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

× Carruanthophyllum hybridum

[wysig bron]

@Rooiratel:, hier is vir jou 'n uitdaging. Sien × Carruanthophyllum hybridum, dit is 'n hibried en die × (vermenigvuldig teken en nie 'n x nie aldus prof van Wyk!) dui dit aan. Dit is ook 'n monotipiese takson, kan jy 'n genus × Carruanthophyllum skep? Groete! Oesjaar (kontak) 14:23, 31 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Uitgevoer Uitgevoer lyk vir my as of meeste plekke die genus se naam skryf sonder die spasie tussen die "×" en die "Carruanthophyllum". Maak ek sien op POWO skryf hulle dit met die spasie so ek het dit gelos.
Let wel: ons spesieboks het nie die beste ondersteuning vir hibride nie. Selfs op enwiki gebruik hulle 'n ander Sjabloon vir hibride. Ek het my bes probeer, maar as jy nog hulp nodig het hiermee, vra asb. vir @Pynappel. Groete. - Rooiratel (kontak) 14:37, 31 Mei 2024 (UTC)[antwoord]

Osteospermum namibense

[wysig bron]

@Rooiratel:, kan jy dit asb op Wikidata skep? Redelike nuwe spesie. Groete! Oesjaar (kontak) 12:37, 2 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Uitgevoer Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 07:47, 3 Junie 2024 (UTC)[antwoord]
Dankie! Oesjaar (kontak) 07:57, 3 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Claudia Sheinbaum

[wysig bron]

Die inligtingskas het 'n bietjie Engels in... Groete! Oesjaar (kontak) 10:18, 5 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Ek sien so. Ek probeer om dit skoon te maak. - Rooiratel (kontak) 10:23, 5 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Monanthotaxis-spesies

[wysig bron]

Dankie vir jou hulp hier! Groete! Oesjaar (kontak) 20:48, 15 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Jou copyvio

[wysig bron]

As 'n vertalingsverwysing genoeg is, hoekom verwyder jy dit steeds?

Hoekom jy het my teruggerol? Wil jy nou 'n oorlog begin? Jcwf (kontak) 09:29, 20 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Lees weer hierdie dokument : en:Help:Translation#License_requirements. Dit sê jy kan die vertalingsnota in jou verwysingsnota (wat beskikbaar in die bladsy geskiedenis is) los. Dit is nie verwyder nie, en dus is daar nie 'n kopieregskending nie.
As jy verkies dat die vertalingsnota nog steeds op die bladsy verskyn, dan moet dit onder 'n ander opskrif wees (soos "Notas"). Soos ek reeds gesê het, ander Wikipedias mag nie 'n bron wees nie. Sien en:Wikipedia:Verifiability#Wikipedia_and_sources_that_mirror_or_use_it. - Rooiratel (kontak) 09:38, 20 Junie 2024 (UTC)[antwoord]

Wat is hierdie?

[wysig bron]

@Rooiratel:, wat is hierdie? Daar was gister 'n klompie van dit: JJMC89 besprekings bydraes versper hernoem gebruiker WhataAndrew (0 wysigings) na Renamed user cedc53b0d250d62547d5cf9bc413690c1abdbca14eab3f29af4bed1bc5abb4b8. Groete! Oesjaar (kontak) 14:17, 18 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Globale admins (alle wikis) kan Gerbruikersname verander, as die gebruiker daarvoor vra. As die gebruiker 'n rekening op afwiki het, dan verskyn die verandering (naam verandering) op ons wiki se "Onlangse veranderings".
Maak dit sin? Rooiratel (kontak) 07:22, 19 Julie 2024 (UTC)[antwoord]
Sien die logboek : https://af.wikipedia.org/wiki/Spesiaal:Logboek/renameuser - Rooiratel (kontak) 07:32, 19 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

Thank You for Your Contribution to Feminism and Folklore 2024!

[wysig bron]

Help met die vertaal na uw taal

Dear Wikimedian,

We extend our sincerest gratitude to you for making an extraordinary impact in the Feminism and Folklore 2024 writing competition. Your remarkable dedication and efforts have been instrumental in bridging cultural and gender gaps on Wikipedia. We are truly grateful for the time and energy you've invested in this endeavor.

As a token of our deep appreciation, we'd love to send you a special postcard. It serves as a small gesture to convey our immense thanks for your involvement in organizing the competition. To ensure you receive this token of appreciation, kindly fill out this form by August 15th, 2024.

Looking ahead, we are thrilled to announce that we'll be hosting Feminism and Folklore in 2025. We eagerly await your presence in the upcoming year as we continue our journey to empower and foster inclusivity.

Once again, thank you for being an essential part of our mission to promote feminism and preserve folklore on Wikipedia.

With warm regards,

Feminism and Folklore International Team. --MediaWiki message delivery (kontak) 12:28, 21 Julie 2024 (UTC)[antwoord]

.

Sjabloon:Infobox drug

[wysig bron]

@Rooiratel:, wat is jou mening oor die gesprek tussen BurgertB en Doc James oor bogenoemde Sjabloon? Groete! Oesjaar (kontak) 16:01, 7 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Burgert is korrek in die feit dat as 'n Sjabloon oorspronklik in Afrikaans geskep is, dan is dit nie nodig om dit te vertaal nie.
Ek ken nie die "templatedata" ding nie, maar dit lyk baie nuttig. Ek wil graag meer daaroor leer. Dit kan ons seker in die toekoms help om baie sjablone in Afrikaans te vertaal.
Ek is vir die volgende 2 weke baie besig, so ek sal dan eers kans kry om dit te ondersoek. - Rooiratel (kontak) 16:35, 8 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Môre! Kan jy dalk help met die vlae van die lande in my artikel onder opskrif: Lande wat die B-24 gebruik? Groete! Oesjaar (kontak) 08:46, 21 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Het solank begin. Moet nog 'n paar klein dinge verander. - Rooiratel (kontak) 09:05, 21 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
Waardeer, dan kan dit sommer in die toekoms op ander artikels ook gebruik word! Groete! Oesjaar (kontak) 09:09, 21 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
Uitgevoer Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 09:24, 21 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Cyrtanthus novus-annus

[wysig bron]

Kan jy asb dit vir my op Wikidata skep? Groete! Oesjaar (kontak) 13:42, 21 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Uitgevoer Uitgevoer - Rooiratel (kontak) 16:06, 21 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
Dankie! Groete! Oesjaar (kontak) 17:02, 21 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Ek is nie seker of ons sulke kommentaar moet hou nie. Streng gesproke moet die besprekingsbladsy slegs gebruik word om die artikel te verbeter, en vrae oor die onderwerp is meer geskik vir 'n WP:FORUM. Selfs al is die kommentaar relevant tot die verbetering van die artikel, as dit só lae-moeite is dan weet ek nie of dit enige waarde het nie en of ons dit dan nie maar in elk geval moet verwyder nie. – Pynappel (kontak) 19:09, 21 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Ek stem 100% met jou saam. Maar is 'n gatvol vir al die mense wat heeltyd sulke dom vrae op die besprekingbladsye plaas. As ons dit net verwyder, gaan hulle waarskynlik net aanhou. So my doel is, om hulle te antwoord. (Hulle gaan sekerlik terug om 'n antwoord te sien), en ek wil hê hulle moet effens dink oor wat hulle doen. As hulle my vrae eerlik beantwoord, sal dit baie interessant wees. Is dit rêrig moontlik dat iemand so lui is dat hulle wil hê dat ons die artikel vir hulle moet lees?
Maar nou ja. Jy kan voort gaan en dit verwyder. Maar in die toekoms, wil ek hê ons moet eers vir die mense sê HOEKOM ons nie hulle snert waardeer nie. - Rooiratel (kontak) 08:59, 23 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]
Ek het die snert verwyder. Groete! Oesjaar (kontak) 09:21, 23 Augustus 2024 (UTC)[antwoord]

Wikidata en * caffra

[wysig bron]

@Rooiratel:, wees net bewus dat soos ek deur die verandering werk, ek jou hulp so hier en daar gaan benodig met Wikidata. Groete! Oesjaar (kontak) 20:02, 4 September 2024 (UTC)[antwoord]

Geen probleem. Ek het gesien hulle wil nou al die spesies name verander. - Rooiratel (kontak) 20:07, 4 September 2024 (UTC)[antwoord]
Dit is nou 'n geval van die politiek wat ons in gehaal het! Groete! Oesjaar (kontak) 20:10, 4 September 2024 (UTC)[antwoord]

Sjabloon:Infobox aircraft begin

[wysig bron]

@Rooiratel:, ek vra weereens, kan jy help met die vertaling van die sjabloon na Afrikaans? Groete! Oesjaar (kontak) 17:58, 23 September 2024 (UTC)[antwoord]

Lyk baie ingewikkeld. Ek sal probeer, maar kan niks belowe nie! - Rooiratel (kontak) 18:02, 23 September 2024 (UTC)[antwoord]

Tegniese vraag: Die onderliggende Lua en markdown meganismes vd Wikipedia

[wysig bron]

@Rooiratel: dra u enige kennis oor die onderliggende Lua interpreteringsmeganismes vd Wikipedia? (Verskoon maar indien nie.) Het maar net gewonder, met oorvertaling, waarom sekere markdown konstruksies (soos inligtingsboks vs infobox) op die Afrikaanse Wikipedia oorvertaal is maar ander dan nie (bv. in verwysings se cite ens.).

Is daar 'n forum waar hierdie tegniese aspekte aangeraak word? Byvoorbaat dankie vir u kommentaar ~ Fookault (kontak) 07:33, 25 September 2024 (UTC)[antwoord]

Ek het basiese kennis oor hoe Sjablone op Wikipedia Lua Modules gebruik. Van al die afwiki gebruikers weet @Pynappel seker die meeste daaroor, maar het minder tyd beskikbaar.
Wikipedia gebruik nie en:Markdown nie, maar hul eie "en:markup language" met die naam "wikitext". Sien en:Help:Wikitext of https://www.mediawiki.org/wiki/Help:Wikitext_examples vir meer inligting.
Die rede hoekom sommige sjablone in Afrikaans vertaal is, en ander nie is tweeledig:
  1. Iemand wou die sjabloon op afwiki gebruik, en was te lui (dit is baie ekstra werk) om dit te vertaal. So hulle knip en plak dit maar net so van enwiki af.
  2. Daar is 'n vertaalde weergawe, en aspris 'n onvertaalde weergawe. Dit help wanner mense inhoud van enwiki af knip+plak en net die inhoud vertaal. Dan kan hulle die sjabloon net so los, en dit werk nog.
Let wel: meeste sjablone gebruik nie 'n Lua module nie. Dit word meestal gebruik wanneer 'n sjabloon se logika so kompleks word dat dit makliker is om te programmeer met 'n regte programmeertaal, in plaas van 'n reuse gemors van sjabloon "kode".
So as jy wil weet of jy self 'n sjabloon moet vertaal as jy dit oordra van 'n ander wiki af: Vertaal dit asseblief as jy kan, maar dit is aanvaarbaar om dit in Engels te los sodra die teks wat lesers sien nie in Engels is nie! - Rooiratel (kontak) 09:36, 25 September 2024 (UTC)[antwoord]
Dankie vir jou antwoord. Dis dalk pragmaties om die oorspronklike Engelse template te behou én dit dan te vertaal na Afrikaans, vir beide gevalle en optimale nut vir alle soorte gebruikers. Die belangrike prinsiep is consistency (konsekwentheid) vir toekomstige ontwikkelaars.
Ek kan dalk in die nabye toekoms in hierdie area begin bydra. Fookault (kontak) 10:24, 25 September 2024 (UTC)[antwoord]
Dankie, as jy met sjabloon skepping/vertaling kan help sal dit waardeer word. Maar dit is harde werk en kan ingewikkeld word. Ek sou voorstel dat jy maar eers gemaklik word met die skepping/vertaling van algemene inhoud op Wikipeida. - Rooiratel (kontak) 10:43, 25 September 2024 (UTC)[antwoord]

@Rooiratel:, daar is twee Pauridia alba's in Wikidata. Kan jy die nodige doen asb? Groete! Oesjaar (kontak) 12:40, 1 Oktober 2024 (UTC)[antwoord]

Pauridia aquatica is dieselfde. Oesjaar (kontak) 13:02, 1 Oktober 2024 (UTC)[antwoord]
Ja dit gebeur baie op wikidata.
Jy het die afwiki bladsy gekoppel aan die cebwiki bladsy vir "Pauridia alba" (Dit is reg om so te doen).
Maar die cebwiki bladsy was reeds gekoppel aan die wikidata item vir "Spiloxene alba". (Die ou naam)
Ek weet nie hoekom nie, maar op wikidata is die standaard om 'n nuwe item te skep elke keer as 'n takson se naam verander. Dit veroorsaak al hierdie probleme wanner die name verander.
Dit is nie 'n groot probleem nie. Iemand sal dit een dag reg maak wanneer meeste wikis besef die naam het verander. Wees net bewus daarvan. Ek sal maar doen wat ek kan.
Ek het solank die een reg gemaak, maar ek moet nou uit stap vir 'n rukkie. - Rooiratel (kontak) 13:08, 1 Oktober 2024 (UTC)[antwoord]