Geelsee
Geelsee | |
---|---|
Nasa-satellietbeeld van die Geelsee | |
Kaart van die Geelsee | |
Koördinate: | 35°N 123°O / 35°N 123°O |
Ligging: | Noord-Korea, Suid-Korea, Volksrepubliek China |
Soort: | See van die Stille Oseaan |
Oppervlakte: | 380 000 km² (146 700 myl²) |
Gemiddelde diepte: | 44 m (144 vt) |
Maksimum diepte: | 152 m (500 vt) |
Volume: | 17 000 km³ (4 100 myl³) |
Lengte: | 960 km (600 myl) |
Breedte: | 700 km (435 myl) |
Invloei: | Geelrivier, Hai, Huai, Liao, Yalu |
Uitvloei: | Oos-Chinese See |
Eiland/e: | Anmado, Baengnyeongdo, Daebudo, Deokjeokdo, Gageodo, Ganghwado, Hauido, Heuksando, Hongdo, Jejudo, Jindo, Muuido, Sido, Silmido, Sindo, Wando, Yeongjongdo, Yeonpyeongdo |
Nedersettings: | Dalian, Huludao, Qingdao, Qinhuangdao, Weihai, Yantai, Yingkou (Volksrepubliek China) Incheon (Suid-Korea) |
Die Geelsee (Chinees:
Die Geelsee het 'n oppervlakte van sowat 380 000 km² en 'n gemiddelde diepte van 44 m.[1] Belangrike stede wat aan dié see geleë is, sluit in Dalian, Huludao, Qingdao, Qinhuangdao, Weihai, Yantai en Yingkou in die Volksrepubliek China asook Incheon in Suid-Korea. Die belangrikste riviere wat in dié see uitmond is die Geelrivier, die Hai, die Huai, die Liao en die Yalu.
Die Geelsee is een van vier seë wat in Afrikaans en ander tale na kleure genoem is – die ander is die Rooi-, Swart- en Witsee. Die naam van dié see is afgelei van die geel sand wat deur winde van die Gobiwoestyn oor die see verstrooi word en van geel sediment wat die Geelrivier oor die Bohaisee dié see inbring.
Sien ook[wysig | wysig bron]
Verwysings[wysig | wysig bron]
- ↑ "Yellow Sea" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 April 2020. Besoek op 8 Julie 2019.
Eksterne skakels[wysig | wysig bron]
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Geelsee.
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy