Groningen (provinsie)
Voorkoms
Groningen Grönnen, Grunnen | |
---|---|
Provinsie | |
Ligging van die provinsie Groningen in Nederland | |
Kaart van die provinsie Groningen | |
Koördinate: 53°15′N 6°44′O / 53.250°N 6.733°O | |
Land | Nederland |
Hoofstad | Groningen |
Grootste stad | Groningen |
Regering | |
• Kommissaris | René Paas (CDA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 2 955 km2 (1 141 vk. myl) |
• Land | 2 316 km2 (894 vk. myl) |
• Water | 639 km2 (247 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 596 075 |
• Digtheid | 257/km2 (670/vk. myl) |
1 Januarie 2023 | |
Tydsone | UTC+01:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+02:00 (MEST) |
Webwerf | www.provinciegroningen.nl |
Groningen (Gronings: Grönnen of Grunnen; Wes-Fries: Grinslân) is een van die 12 provinsies van Nederland en is in die noordooste geleë. Die provinsie het 'n bevolking van 596 000 in 2023 gehad en beslaan 'n totale oppervlakte van 2 955 km² met 'n bevolkingsdigtheid van 257 inwoners per km² land. Die hoofstad en grootste stad is Groningen.
Groningen grens in die suide aan Drenthe, in die weste aan Friesland, in die noorde aan die Noordsee en in die ooste aan Nedersakse (Duitsland).
In die provinsie word naas Nederlands ook Gronings gepraat, 'n dialek van die Nedersaksiese taal.
Munisipaliteite
[wysig | wysig bron]Groningen bestaan sedert 2021 uit 10 munisipaliteite:
Munisipaliteite | Groningse naam | Inwoners (2023) |
---|---|---|
Eemsdelta | Emsdelta | 45 000 |
Groningen | Grunnen / Stad | 238 000 |
Het Hogeland | t Hoogelaand | 48 000 |
Midden-Groningen | Midden-Grunnen | 62 000 |
Oldambt | Oldambt | 39 000 |
Pekela | De Pekel | 12 000 |
Stadskanaal | Knoal | 32 000 |
Veendam | Veendaam | 28 000 |
Westerkwartier | Westerkertier | 65 000 |
Westerwolde | Westerwoolde | 26 000 |
Aardgas
[wysig | wysig bron]In 1959 is in Groningen aardgas by Slochteren ontdek.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Statistieken provincie Groningen, AlleCijfers
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Amptelike webwerf
- Groningen (provincie), Plaatsengids