Hermafrodiet
In biologie is 'n hermafrodiet is 'n dier of plant wat tweeslagtig is en oor beide manlike en vroulike geslagsorgane beskik (of kan beskik).[1] Daar word onderskei tussen gelyktydige en afwisselende hermafrodiete. Gelyktydige hermafrodiete het op dieselfde tydstip beide geslagte, terwyl afwisselende hermafrodiete eenslagtig is, maar van geslag kan verander.
Plante
[wysig | wysig bron]In die planteryk is hermafroditisme die reël eerder as 'n uitsondering: 94% van alle plantsoorte is hermafrodities en slegs 6% van 'n totaal van 250 000 plantsoorte het aparte vroulike en manlike individue. Blomme het byvoorbeeld meeldrade (manlik) sowel as 'n stamper (vroulik).
Diere
[wysig | wysig bron]In die diereryk geld presies die omgekeerde en aparte manlike en vroulike individue is die reël. Slegs 5% - 6% van die 1,2 miljoen diersoorte is hermafrodities. Dit kom neer op ongeveer 65 000 soorte.[2] Voorbeelde hiervan is slakke en die reënwurm.
Mense
[wysig | wysig bron]Dié term word nie meer vir mense gebruik nie. Dit word as misleidend en stigmatiserend beskou.[3] Sulke mense word deesdae intersekse[4][5] genoem.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Merriam-Webster Woordeboek
- ↑ Al hierdie getalle is afkomstig van: Joan Roughgarden (2009) The Genial gene, bladsy 106. ISBN 978-0-520-25826-6
- ↑ Dreger, Alice D.; Chase, Cheryl; Sousa, Aron; Gruppuso, Phillip A.; Frader, Joel (18 Augustus 2005). "Changing the Nomenclature/Taxonomy for Intersex: A Scientific and Clinical Rationale". Journal of Pediatric Endocrinology and Metabolism. 18 (8): 729–33. doi:10.1515/JPEM.2005.18.8.729. PMID 16200837. S2CID 39459050. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 Augustus 2020. Besoek op 5 Februarie 2020.
- ↑ "Interseks" in die WAT. Aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 November 2020.
- ↑ "Interseks" in die AWS aanlyn by viva-afrikaans.org (intekening nodig). Besoek op 13 November 2020.