Ingula-pompopgaarskema
Ingula-pompopgaarskema | |
---|---|
Amptelike naam | Ingula-pompopgaarskema |
Ligging | naby Harrismith |
Provinsie/Land | KwaZulu-Natal en Vrystaat, Suid-Afrika |
Koördinate | 28°16′54″S 29°35′08″O / 28.28167°S 29.58556°O |
Dam in | Kliprivier en Wilgerivier |
Doel | Industrieel |
Konstruksiekoste | VS$3,5 miljard (R25 miljard) |
Eienaar | Departement van Waterwese |
Soort dam | Grondvulling |
Hoogte van wal | 41 m (Bedforddam) 39 m (Bramhoekdam) |
Lengte van wal | 810 m (Bedforddam) 331 m (Bramhoekdam) |
Kapasiteit | 22 400 000 m³ (Bedforddam) 26 300 000 m³ (Bramhoekdam) |
Hidrokragsentrale | Konvensioneel |
Aanlegeienaar | Eskom en CMC Impregilo Mavundla |
Aanlegoperateur | Departement van Waterwese en Bosbou |
Hidroliese hoof | 480 m |
Turbines | 4 x 333 megawatt (447 000 hp) omkeerbare Francis-tipe |
Geïnstalleerde kapasiteit | 1 332 MW |
Netto opwekking | 1332 (turbine) / 1440 (pomp) MW |
Die Ingula-pompopgaarskema (voorheen bekend as Braamhoek) is tussen 2005 en 2017 deur Eskom en CMC Impregilo Mavundla ('n gesamentlike onderneming) teen die hange van die Klein Drakensberge op die grens tussen die Vrystaat en KwaZulu-Natal, Suid-Afrika opgerig.
Die skema bestaan uit 'n boonste (Bedforddam) en 'n onderste dam (Bramhoekdam) 4,6 km van mekaar af en verbind deur tonnels.[1] Die ondergrondse kragsentrale huisves 4 x 333 MW omkeerbare pompturbines. Die skema is teen 'n koste van R27 miljard gebou en is in 2017 in werking gestel.[2]
Die opgaar-elektrisiteitsaanleg word gebruik om gedurende spits-aanvraagtye van die dag bykomende elektrisiteit op kort kennisgewing op te wek. Gedurende die nag word oortollige krag op die netwerk, wat deur konvensionele steenkool- en kernkragstasies opgewek word, gebruik om water na die boonste reservoir te pomp.
Stoorkapasiteit
[wysig | wysig bron]Die energiestoorkapasiteit is 21 000 MWh of 15,8 uur se opwekking.[3]
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Ingula Update". Eskom. November 2009. Besoek op 9 Januarie 2010.[dooie skakel]
- ↑ http://www.iol.co.za/scitech/science/environment/cavern-a-powerhouse-for-electricity-1.1105192
- ↑ Sawyer; Du Plessis. "Ingula Pumped Storage Scheme, Design and Construction" (PDF): 2. Besoek op 27 Maart 2019.
{{cite journal}}
: Cite journal requires|journal=
(hulp)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Eskom se Ingula-pompopgaarskema Geargiveer 19 Maart 2012 op Wayback Machine
- Ingula South Africa Geargiveer 11 September 2011 op Wayback Machine
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |