Kaap York-meteoriet
Kaap York | ||
Die "Ahnighito"-fragment in die Amerikaanse Natuurhistoriese Museum. | ||
Voorwerp | ||
Ander naam | Innaanganeq-meteoriet | |
Tipe | Yster | |
Groep | IIIAB | |
Samestelling | 7,58% Ni, 19,2% Ga, 36% Ge, 5% Ir | |
Datum | Voorgeskiedenis (geval) | |
Waargenome val | Nee | |
TBG | 58 200 kg[1] | |
Gebied | ||
Land | Groenland | |
Streek | Avannaata |
Die Kaap York-meteoriet, ook bekend as die Innaanganeq-meteoriet, is een van die grootste ystermeteoriete wat al op Aarde ontdek is. Dit val in die chemiese groep IIIAB. Benewens baie klein fragmente is minstens agt groot stukke mt 'n totale massa van 58 ton herwin.[2] Die grootste stuk het 'n massa van 31 ton. Die meteoriet is genoem na die plek waarnaby die grootste fragment ontdek is: 37 km oos van Kaap York in Groenland.
Die datum waarop die meteoriet geval het, word oor gedebatteer, maar dit is waarskynlik binne die afgelope paar duisend jaar.[2] Ander ramings is 10 000 jaar gelede.[3]
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die meteoriet was eeue lank bekend aan die Inughuit (die plaaslike Inuïete), wat dit gebruik het as 'n bron van yster vir gereedskap. Die eerste buitelander wat die meteoriet bereik het, was Robert Peary in 1894, met die hulp van Inuïetgidse.
Die ystermassas was aan die Inuïete bekend as "Saviksoah" ("Groot Yster", later hernoem tot "Ahnighito" deur Robert Edwin Peary)[4] van 31 000 ton, "Die Vrou" van 3 000 ton en "Die Hond" van 400 kg.[5]
Vandag kan die stuk genaamd "Ahnighito" van 3,4 by 2,1 by 1,7 m gesien word in die Arthur Ross-saal van die Amerikaanse Natuurhistoriese Museum. Dit is so swaar dat die uitstallingsvloer se ondersteuningstruktuur op die rotslaag onder die museum moet rus.[6]
In 1963 is 'n vierde groot stuk van die Kaap York-meteoriet op die Agpalilik-skiereiland ontdek deur Vagn F. Buchwald.[5] Die Agpalilik-meteoriet, ook bekend as "Die Man", weeg sowat 20 000 ton en is te sien in die Geologiese Museum van die Universiteit van Kopenhagen in Denemarke.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Cape York on the Meteoritical Bulletin Database
- ↑ 2,0 2,1 Martin Appelt, Jens Fog Jensen, Mikkel Myrup, Henning Haack, Mikkel Sørensen, Michelle Taube (2014). The cultural history of the Innaanganeq/Cape York meteorite (Report). The Greenland National Museum & Archives. Archived from the original on 21 Mei 2022. https://web.archive.org/web/20220521075851/https://now.ku.dk/documents/Meteorit2014FinalReportLight.pdf. Besoek op 7 November 2019.
- ↑ Pringle, Heather (1997). "New Respect for Metal's Role in Ancient Arctic Cultures". Science. 277 (5327): 766–767. doi:10.1126/science.277.5327.766. S2CID 129339473.
- ↑ Peary, Robert (1898). Northward Over the "Great Ice". F.A. Stokes Company. pp. 583–4.
- ↑ 5,0 5,1 The Permanent Commission on Meteorites of the International Geological Congress (1963). "Discovery of Cape York (Apalilik) Iron Meteorite, Northwest Greenland" (PDF). Meteoritical Bulletin. 28.
- ↑ "Ahnighito". American Museum of Natural History. Besoek op 30 Junie 2016.
Bibliografie
[wysig | wysig bron]- Patricia A.M. Huntington. Robert E Peary and the Cape York meteorites
Skakels
[wysig | wysig bron]- Amerikaanse Natuurhistoriese Museum
- www.meteoritestudies.com
- Cape York on the Meteoritical Bulletin Database
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kaap York-meteoriet.
- Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.