Kamferdam
Voorkoms
Kamferdam | |
---|---|
Mensgemaakte eiland in 'n S-vorm, oortrek met kleinflaminke | |
Koördinate: | 28°40′22″S 24°45′48″O / 28.67278°S 24.76333°O |
Ligging: | naby Kimberley, Noord-Kaap, Suid-Afrika |
Oppervlakte: | 1 180 m (3 870 vt) |
Kamferdam is 'n natuurlike meer van 400 hektaar, ongeveer 6 km noord van Kimberley geleë op privaateiendom, wes van die N12-nasionale pad. Die meer was eers 'n niestandhoudende pan, maar as gevolg van afloop uit Kimberley is dit nou standhoudend. Die meer is bekend vir die kleinflaminke wat hier broei.
Op 9 Desember 1899 het 'n skermutseling tydens die beleg van Kimberley by die dam plaasgevind. Daarna was een van die Boere se kanonne hier gestasioneer, wat op 7 Februarie 1900 rondtes van 96 pond na die dorp begin vuur het. Verskeie buitekspedisies is gemaak om die kanon te probeer onderskep. Die kanon en sy bemanning kon egter nie gevang word nie en het onder dekking van die Boere se verdedigingslyn by Dronfield onttrek.[1]
-
Kleinflaminke op Kamferdam se kunsmatige eiland.
-
Kleinflaminke op die eiland.
-
Posisie by die dam vanwaar die Boere Kimberley gebombardeer het.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Sir Arthur Conan. "The Great Boer War". Classic Literature Library. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 14 Julie 2011. Besoek op 14 Julie 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Kamferdam.