Lantianmens
![]() | |
Algemene naam | Lantianmens |
---|---|
Spesie | Homo erectus lantianensis |
Ouderdom | 684 000 - 1,65 miljoen |
Plek ontdek | Gongwangling en Chenchiawo, Lantian, China |
Datum ontdek | 1963, '64 |
Die Lantianmens (Chinees: 蓝田 of
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Eersgenoemde fossiel dateer van ongeveer 710 000 tot 684 000 jaar gelede[2] en laasgenoemde van 1,65 miljoen tot 1,59 miljoen jaar gelede.[1] Dit beteken die Lantianmens is die tweede oudste goed bevestigde H. erectus buite Afrika (naas H. e. georgicus) en die oudste in Oos-Asië. Die fossiele is in 1964 die eerste keer beskryf deur Woo Ju-Kan, wat die subspesie beskou het as 'n voorouer van die Pekingmens (H. e. pekinensis).[3]
Nes die Pekingmens het die Lantianmens 'n swaar wenkbrourif, 'n agteruitstrekkende voorkop en uiters verdikte bene. Die skedel is klein en word nouer agter die oë. Die tande is proporsioneel groot in vergelyking met dié van ander Asiatiese H. erectus. Die breinvolume van die Gongwangling-skedel is sowat 780 cc, soortgelyk aan dié van argaïese mense in Afrika uit dié tyd, maar baie kleiner as dié van latere Asiatiese H. erectus en moderne mense.
Die Lantianmens se steengereedskap was hoofsaaklik swaardiensgereedskap soos slaan- en skraapinstrumente, handbyle, pikke en vleisbyle. Laasgenoemde drie is tipies van die Acheuleennywerheid, waarvan tekens gewoonlik net op terreine in Afrika en Wes-Asië aangetref word. Dit lyk of die Acheuleen hier langer geduur het as elders.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Zhu, Zhao-Yu (1 Januarie 2015). "New dating of the Homo erectus cranium from Lantian (Gongwangling), China". Journal of Human Evolution (in Engels). 78: 144–157. doi:10.1016/j.jhevol.2014.10.001. ISSN 0047-2484. PMID 25456822.
- ↑ Zhu, R. X.; et al. (2008). "Early evidence of the genus Homo in East Asia". Journal of Human Evolution. 55 (6): 1075–1085. doi:10.1016/j.jhevol.2008.08.005. PMID 18842287.
- ↑ Woo, J.-K. (1964). "Mandible of Sinanthropus lantianensis". Current Anthropology. 5 (2): 98–101. doi:10.1086/200457. S2CID 145719322.
Skakels
[wysig | wysig bron]Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik uit die Engelse Wikipedia vertaal.