Loxton
Voorkoms
Loxton | |
---|---|
Bo: die NG Kerk in die middel van Loxton. Middel: Loxton se boomryke hoofstraat. Onder: Verwelkoming voor die dorp. | |
Koördinate: 31°28′40″S 22°21′12″O / 31.47778°S 22.35333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Pixley ka Seme |
Munisipaliteit | Ubuntu |
Stigting | 1899 |
Oppervlak | |
• Totaal | 77,61 km2 (29,97 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 1 053 |
• Digtheid | 14/km2 (40/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.7% |
• Indiërs/Asiërs | 0.3% |
• Bruin mense | 85.4% |
• Swart mense | 3.1% |
• Ander | 2.6% |
Taal (2011) | |
• Afrikaans | 93.8% |
• Engels | 3.6% |
• Ander | 2.6% |
Poskode (strate) | 6985 |
Poskode (posbusse) | 6985 |
Skakelkode | 053 |
Loxton is 'n klein skaapboerdery-dorpie in die Noord-Kaap, Suid-Afrika. Die dorp lê 81 km wes van Victoria-Wes en 63 km suid van Carnarvon aan die voet van die Uitspanberg.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Loxton is in 1899 aangelê op die plaas Phizantefontein, wat van AE Loxton gekoop is, as 'n skaapboerderysentrum en word in 1905 'n munisipaliteit.[2]
Omgewing
[wysig | wysig bron]Daar is 'n dam aan die oostekant van die dorp wat gevoed word deur 'n natuurlike fontein. Tydens die oorstromings in die noordweste van die Kaapprovinsie in Maart 1961 het die damwal bokant Loxton gebreek en groot skade aangerig. Elf nuwe huise is gebou en driekwart van die bestaande geboue moes herstel word. Daar is Boesmanrotskuns op die plaas Taaibosfontein te sien.
Persone hier gebore
[wysig | wysig bron]- Ena Murray, Afrikaanse skryfster.
- Annelise Vorster, Kunstenares.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Die Laaste Tango, rolprent wat hier geskiet is.
- Jakhalsdans, rolprent wat hier geskiet is.
- Lys van dorpe in Suid-Afrika
Carnarvon | ||||
Fraserburg | Victoria-Wes | |||
Loxton | ||||
Beaufort-Wes |
Bronne
[wysig | wysig bron]- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. 1995. ISBN 1-86842-026-4
- Loxton Eeufeesbundel. Nita Griesel. 1999.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Loxton". Sensus 2011.
- ↑ Inligting oor Loxton (www.northerncape.org.za) Geargiveer 4 Januarie 2009 op Wayback Machine (en)