Woiwodskap Masowië
| |||
---|---|---|---|
Kaart | |||
Wapen en vlag | |||
Basiese gegewens | |||
Setel van die woiwode: | Warskou | ||
Setel van die parlement: | Warskou | ||
Woiwode: | Jacek Kozłowski | ||
Woiwodskapsmaarskalk: | Adam Struzik | ||
Grootste stad: | Warskou | ||
ISO 3166-2: | PL-MZ | ||
Nommerplate: | W | ||
Bevolking: | 5 213 855 (30 Junie 2009) | ||
Bevolkingsdigtheid: | 146 inw. per km² | ||
Geografie | |||
Oppervlakte: | 35 566 km² | ||
- waarvan land: | ? km² | ||
- waarvan water: | ? km² | ||
Strekking: | Noord-suid: tot 270 km Wes-oos: tot 221 km | ||
Hoogste punt: | ? m bo seevlak | ||
Laagste punt: | ? benede seevlak | ||
Landskapstruktuur | |||
Bosse: | 22,3 % | ||
Waterliggame: | ? % | ||
Landbou: | 59,7 % | ||
Ander: | ? % | ||
Administratiewe verdeling | |||
Selfregerende stede: | 5 | ||
Powiat (distrikte): | 37 | ||
Munisipaliteite: | 314 |
Masowië (Pools: Województwo Mazowieckie) is die grootste woiwodskap in Sentraal-Pole met meer as 5 miljoen inwoners, die hoofstad is Warskou. Die woiwodskap is op 1 Januarie 1999 gestig.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Masowië is 'n landskap van vlaktes met swak grond en tradisionele rietdak-huisies wat wyd uitgestrek rondom die Poolse hoofstad Warskou lê. Dit is – behalwe vir die streke naby Warskou – van oudsher 'n relatief arm gewes waar inwoners 'n karige bestaansboerdery beoefen het.
Reeds in die 11de eeu is pogings onderneem om hier 'n onafhanklike ryk te vestig. Sedert 1138 is Masowië deur die plaaslike selfstandige Piaste-dinastie geregeer. Dit het nie deel gevorm van die in 1320 nuut gestigte Poolse koninkryk nie en was 'n tyd lank selfs 'n Luxemburgse leenstaat.
Op politieke gebied het die Masowiese vorste hulle in die spanningsveld tussen Poolse kroon en die Duitse Ordenstaat beweeg, en eers in 1526, toe die twee laaste heersers kinderloos gesterf het, is die gebied by die Pools-Litause Gemenebes ingelyf. Masowië het danksy sy strategiese ligging tussen Pole, Litaue en die Oossee in die volgende dekades 'n sentrale rol in die koninkryk begin speel. Nogtans was die plaaslike adel vanweë sy behoudende en provinsiale karakter allesbehalwe 'n dryfveer vir politieke en ekonomiese vooruitgang in die Pools-Litause staat.
Sodoende is daar in Masowië vandag minder argitektoniese en ander trekpleisters as byvoorbeeld in Groot- en Klein-Pole. Bekende besienswaardighede sluit die Romaanse kerkgeboue langs die Weichsel-rivier, die Gotiese baksteenkastele van die Masowiese vorstehuis, geboue volgens ontwerpe van die Italiaanse boumeester Gianbattista da Venezia in nedersettings soos Brochów of Pułtusk, en adellike landgoedere in byvoorbeeld Nieborów of Arkadia wat volgens die barok- en romantiese styl gebou is.
Grootste stede
[wysig | wysig bron]- Stede met meer as 30 000 inwoners in 2006
- Warschau – 1 700 536 (517,90 km²)
- Radom – 226 895 (111,71 km²)
- Płock – 127 224 (88,06 km²)
- Siedlce – 76 074 (31,87 km²)
- Pruszków – 55 452 (19,15 km²)
- Ostrołęka – 53 579 (29,00 km²)
- Legionowo – 50 553 (13,60 km²)
- Ciechanów – 45 888 (32,84 km²)
- Otwock – 42 881 (47,33 km²)
- Żyrardów – 40 892 (14,35 km²)
- Sochaczew – 37 998 (26,13 km²)
- Mińsk Mazowiecki – 37 544 (13,12 km²)
- Piaseczno – 37 506 (16,33 km²)
- Wołomin – 36 710 (17,32 km²)
- Mława – 30 817 (35,50 km²)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Masovian Voivodeship. |
Woiwodskappe van Pole | |
---|---|
Ermland-Masurië | Woiwodskap Groot-Pole | Heilig Kruis | Subkarpate | Klein-Pole | Kujawië-Pommere | Lebus | Łódź | Lublin | Masowië | Neder-Silesië | Opole | Podlachië | Pommere | Silesië | Wes-Pommere |