Mesoproterosoïkum
Eon | Era | Periode | Ouderdom mj. | |
---|---|---|---|---|
Fanerosoïkum | Paleosoïkum | Kambrium | later | |
Proterosoïkum | Neo- | Ediacarium | 635 - 541 | |
Kriogenium | 720 - 635 | |||
Tonium | 1000 - 720 | |||
Meso- | Stenium | 1200 - 1000 | ||
Ektasium | 1400 - 1200 | |||
Kalimnium | 1600 - 1400 | |||
Paleo- | Staterium | 1800 - 1600 | ||
Orosirium | 2050 - 1800 | |||
Riasium | 2300 - 2050 | |||
Siderium | 2500 - 2300 | |||
Argeïkum | Neoargeïkum | vroeër | ||
Indeling van die Proterosoïkum volgens die ICS.[1] |
Die Mesoproterosoïkum is die middelste era van die Proterosoïese Eon. Dit het geduur van 1,6-1 miljard jaar gelede.
In hierdie era het die oseane opgeloste suurstof bevat, soos vandag nog. Die verhouding van swaar en ligte ysterisotope in ysterafsettings was hoog. Die vorming van ysterlaagformasies het opgehou.[2] Dit het groot gevolge vir die lewe in die oseane ingehou, omdat anaërobiese organismes hierdeur verdring is.
Die mikrofossiele wat in hierdie tyd gevorm is (die "akritarge") kry meer struktuur en daar word aangeneem eukariote het aan die begin van die Mesoprotersoïkum verskyn. Genetiese navorsing dui ook aan dat die ontstaan van die Plantae in hierdie era moes plaasgevind het. Die molekulêre klok wys na die Kalimnium.[3]
Stromatoliete was volop in hierdie tyd en hulle het verminder in die Neoproterosoïkum. Die atmosfeer het net ongeveer 1% suurstof bevat. Aan die einde van die era het die kratons saamgepak en 'n superkontinent, Rodinië, gevorm. Die suurstofgehalte het tot ongeveer 4% toegeneem.[4] Aan die begin van die era het 'n ander superkontinent dalk bestaan wat Columbia genoem word, maar min gegewens bestaan daaroor.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Gradstein et al 2012
- ↑ "NASA" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Mei 2020.
- ↑ "Palaeos" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Julie 2017. Besoek op 7 Junie 2017.
- ↑ geotime Peony Burrows 2014.