Noenieput
Voorkoms
Noenieput | |
---|---|
Koördinate: 27°31′0″S 20°8′0″O / 27.51667°S 20.13333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distriksmunisipaliteit | ZF Mgcawu |
Plaaslike Munisipaliteit | Mier |
Tydsone | SAST |
Grenspos-ure | 08:00 tot 16:30 |
Noenieput is 'n klein nedersetting en grenspos tussen Suid-Afrika en Namibië in die Noord-Kaap. Die grenspos is tussen 08:00 en 16:30 oop. Die nedersetting het 'n skool met koshuise om voorsiening te maak vir die kinders vanaf die afgesonderde plase. Die naam is afkomstig van die Khoikhoi woord huni vir die witgatboom en 'n ou put wat die Boesmans daar gegrawe het.