P-blok
Groep → | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 | 18 |
↓ Periode | ||||||
2 | 5 B |
6 C |
7 N |
8 O |
9 F |
10 Ne |
3 | 13 Al |
14 Si |
15 P |
16 S |
17 Cl |
18 Ar |
4 | 31 Ga |
32 Ge |
33 As |
34 Se |
35 Br |
36 Kr |
5 | 49 In |
50 Sn |
51 Sb |
52 Te |
53 I |
54 Xe |
6 | 81 Tl |
82 Pb |
83 Bi |
84 Po |
85 At |
86 Rn |
7 | 113 Nh |
114 Fl |
115 Mc |
116 Lv |
117 Ts |
118 Og |
Die p-blok is 'n deel van die periodieke tabel. Saam met die s-blok vorm dit die hoofgroepelemente. In hierdie blok raak die p-orbitale gevul en in die laaste kolom is die atoom se skil vol. Hierdie element word die edelgasse genoem. Van die elemente van die 7de periode se eienskappe is min bekend.
Die blok bestaan uit die groepe 13 tot met 18 van die tabel. Die hoogste oksidasietoestand (of die getal valenselektrone) van die element kan gewoonlik gevind word deur 10 van die groepsnommer af te trek. Binne hierdie blok neem die elektronegatiwiteit in die diagonale rigting van tallium (links onder) na fluoor (regs bo) sterk toe. In die hoek regs bo is die elemente nie-metale, in die hoek links onder is dit metale.
In die periodes n= 4, 5, 6, en 7 bevat die atoom se elektronewolk 'n volle (n-1)d10-subskil waarvan die energie laag genoeg is om as kernelektrone beskou te kan word. Die periodes n=6 en 7 het 'n volle (n-2)f14-subskil wat ook geen rol in die chemiese eienskappe speel nie.