Perseverance (ruimtetuig)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
’n Kunstenaar se voorstelling van Perseverance op Mars.
Die eerste foto wat Perseverance kort ná sy landing geneem het, 18 Februarie 2021.

Perseverance, met die bynaam Percy,[1][2] is ’n verkenningstuig so groot soos ’n motor wat ontwerp is om die krater Jezero op Mars te verken as deel van Nasa se Mars 2020-sending. Dit is deur die Jet Propulsion Laboratory ontwerp en is op 30 Julie 2020 lanseer.[3] Bevestiging dat die tuig op Mars geland het, is op 18 Februarie 2021 ontvang.

Perseverance het sewe nuwe wetenskaplike instrumente aan boord en het altesaam 19 kameras en twee mikrofone.[4] Dit het ook ’n mini-helikopter, die Ingenuity, ’n eksperimentele vaartuig wat die eerste kragaangedrewe vlug op ’n ander planeet sal onderneem.

Sending[wysig | wysig bron]

Die Perseverance het vier wetenskaplike doelwitte, wat deel van die Mars-verkenningsprogram is:[5]

  1. Om uit te kyk vir woonbaarheid; die identifikasie van omgewings wat in die verlede mikrobiese lewe sou kon onderhou.
  2. Om te soek na tekens van moontlike mikrobiese lewe in die verlede in dié bewoonbare omgewings, veral in spesiale rotse wat tekens van lewe lank kan bewaar.
  3. Die versameling van monsters rots en regoliet ("grond") en die berging daarvan op Mars se oppervlak.
  4. Voorbereiding vir die mens; die toetsing van suurstofvervaardiging in Mars se atmosfeer.

Verwysings[wysig | wysig bron]

  1. "NASA EDGE: Mars 2020 Rollout". nasa.gov. NASA. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Oktober 2020. Besoek op 19 Februarie 2021.
  2. https://eu.floridatoday.com/story/news/local/2021/02/18/mars-perseverance-rover-land-red-planet-ingenuity/6765226002/
  3. "Launch Windows". mars.nasa.gov. Nasa. Besoek op 28 Julie 2020.
  4. "Mars 2020 Landing Press Kit" (PDF). Jet Propulsion Laboratory. Nasa. Besoek op 17 Februarie 2021.
  5. "Overview". mars.nasa.gov. Nasa. Besoek op 6 Oktober 2020.

Skakels[wysig | wysig bron]