Peter de Villiers
| |||||
Peter de Villiers in 2011 | |||||
Geboortedatum | 3 Junie 1957 | ||||
---|---|---|---|---|---|
Geboorteplek | Paarl, Suid-Afrika | ||||
Lengte | 1,65 m | ||||
Massa | 70 kg | ||||
Skool | Klapmuts Laerskool | ||||
Universiteit | Perserverance College, Hewitt College | ||||
Beroep | Rugbyafrigter | ||||
Rugbyloopbaan | |||||
Loopbaan as speler | |||||
Posisie(s) | Skrumskakel | ||||
Provinsiale- / Staatspanne | |||||
Jare | Klub / span | Weds | (pte) | ||
1977–1978 1980–1987 |
Griekwas Boland |
||||
Loopbaan as afrigter | |||||
Jare | Klub / span | ||||
1996–1997 1998 1998–1999 2002–2003 2004–2006 2007 2008–2011 2018–2019 sedert 2020 |
Tygerberg Rugby Westelike Provinsie Suid-Afrika o/19 Valke Suid-Afrika o/21 Opkomende Springbokke Suid-Afrika Zimbabwe Oostelike Provinsie | ||||
korrek soos op 4 Desember 2020. |
Peter de Villiers (gebore 3 Junie 1957) is 'n Suid-Afrikaanse rugbyafrigter. Hy was 'n skrumskakel in sy speeljare en was die eerste gekleurde afrigter van die Springbokspan.[1]
Ná sy sukses met Suid-Afrika se o/19- en o/21-spanne is hy in Januarie 2008 as nasionale afrigter benoem. Hy volg Jake White, die vorige nasionale afrigter, in die posisie op. In Januarie 2012 word hy deur Heyneke Meyer, voormalige afrigter van die Blou Bulle, vervang.
De Villiers het verskeie suksesse behaal, onder andere 'n oorwinning oor die Nieu-Seelandse All Blacks in Dunedin en 'n rekordoorwinning oor die Australiese Wallabies in dieselfde jaar. Verder wen hy die reeks teen die Britse en Ierse Leeus en die 2009-Drienasiesreeks.
Ná 'n 9–11-nederlaag teen Australië in die wêreldbekerkwarteindstryd het De Villiers aangekondig dat hy die res van sy kontrak (wat in Desember 2011 tot 'n einde gekom het) sal voltooi.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) Jones, Stephen (13 Januarie 2008). "Springboks' first black coach faces uphill task: As Peter de Villiers takes charge of South Africa, it is feared he may weaken the side to fulfil the role into which he has been cast". The Sunday Times. Besoek op 13 Januarie 2008.
Voorafgegaan deur Jake White |
Springbokafrigters 2008–2011 |
Opgevolg deur Heyneke Meyer |