Plaaslike Groep
Die Plaaslike Groep is die groep sterrestelsels wat ons Melkweg insluit. Dit bestaan uit meer as 50 stelsels (insluitende dwergsterrestelsels) en sy swaartekragmiddelpunt lê iewers tussen die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel. Die sterrestelsels van die Plaaslike Groep het ’n deursnee van 10 miljoen ligjare en ’n geraamde massa van 1,29±0,14 ×1012 sonmassas (M☉). Die groep is deel van die Plaaslike Superswerm, ook genoem die Virgo-superswerm.[1]
Die grootste twee lede van die groep is die Melkweg en die Andromeda-sterrestelsel, albei spiraalvormige stelsels met ’n eie stelsel satellietgalaktikas.
- Die Melkweg se satellietstelsel bestaan uit die Sagittarius-dwergsterrestelsel, Groot en die Klein Magellaanse Wolk, Canis Major-, Ursa Minor-, Draco-, Carina-, Sextans-, Sculptor-, Fornax-, Leo I-, Leo II-, Ursa Major I- en Ursa Major II-dwergsterrestelsel.
- Andromeda se satellietstelsel bevat M32, M110, NGC 147, NGC 185 en Andromeda I tot Andromeda XX.
- Die Triangulum-sterrestelsel, die derde grootste een in die Plaaslike Groep, is dalk deel van die Andromeda-stelsel of dalk nie. Pisces-dwerg is ewe ver van Andromeda en Triangulum en kan ’n satelliet van enigeen van die twee wees.
- Dit is onseker waartoe NGC 3109, asook sy metgeselle Sextans A en die Antlia-dwerg behoort, weens hul groot afstand van die middel van die Plaaslike Groep af.
Die ander lede van die groep is wat swaartekrag betref afgesonder van hierdie groot subgroepe: IC 10, IC 1613, Phoenix-dwerg, Leo A, Tucana-dwerg, Cetus-dwerg, Pegasus-dwerg, Wolf-Lundmark-Melotte, Aquarius-dwerg en Sagittarius-dwerg.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die term "Plaaslike Groep" is die eerste keer deur Edwin Hubble gebruik in hoofstuk VI van sy boek The Realm of the Nebulae.[2] Hy het aanvanklik 12 lede van die groep genoem, maar teen 2003 het dit tot 36 toegeneem nadat feitlik twee dosyn sterrestelsels met ’n lae ligsterkte ontdek is.[3]
Sterrestelsels
[wysig | wysig bron]Kaart
[wysig | wysig bron]Verskillende stelsels
[wysig | wysig bron]Spiraalvormige sterrestelsels | |||
---|---|---|---|
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
Andromeda (M31, NGC 224) | SA(s)b | Andromeda | Grootste lid van die groep. Het dalk ’n kleiner massa as die Melkweg. |
Melkweg | SBbc | Tweede grootste, maar het dalk grootste massa.[4] | |
Triangulum (M33, NGC 598) | SA(s)cd | Driehoek | Derde grootste, moontlik satelliet van Andromeda. |
Ovaalvormige sterrestelsels | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
M110 (NGC 205) | E6p | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
M32 (NGC 221) | E2 | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
Onreëlmatige sterrestelsels | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
Wolf-Lundmark-Melotte (WLM, DDO 221) | Ir+ | Walvis | |
IC 10 | KBm of Ir+ | Cassiopeia | |
Klein Magellaanse Wolk (SMC, NGC 292) | SB(s)m pec | Toekan | Satelliet van Melkweg |
Canis Major-dwerg | Irr | Groot Hond | Satelliet van Melkweg |
Pisces-dwerg (LGS3) | Irr | Visse | Satelliet van Triangulum? |
IC 1613 (UGC 668) | IAB(s)m V | Walvis | |
Phoenix-dwerg | Irr | Feniks | |
Groot Magellaanse Wolk (LMC) | Irr/SB(s)m | Swaardvis | Vierde grootste lid van die groep, satelliet van Melkweg |
Leo A (Leo III) | IBm V | Leeu | |
Sextans B (UGC 5373) | Ir+IV-V | Sekstant | |
NGC 3109 | Ir+IV-V | Noordelike Waterslang | |
Sextans A (UGCA 205) | Ir+V | Sekstant | |
Ovaalvormige dwergsterrestelsels | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
NGC 147 (DDO 3) | dE5 pec | Cassiopeia | Satelliet van Andromeda |
Sagittarius-dwerg | IB(s)m V | Boogskutter | |
NGC 6822 (Barnard se Sterrestelsel) | IB(s)m IV-V | Boogskutter | |
Pegasus-dwerg (DDO 216) | Irr | Vlieënde Perd | |
Sferoïdale dwergsterrestelsels | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
Boötes I-dwerg | dSph | Veewagter | |
Cetus-dwerg | dSph/E4 | Walvis | |
Canes Venatici I en II | dSph | Jaghonde | |
Andromeda III | dE2 | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
NGC 185 | dE3 pec | Cassiopeia | Satelliet van Andromeda |
Andromeda I | dE3 pec | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
Sculptor-dwerg (E351-G30) | dE3 | Beeldhouer | Satelliet van Melkweg |
Andromeda V | dSph | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
Andromeda II | dE0 | Andromeda | Satelliet van Andromeda |
Fornax-dwerg (E356-G04) | dSph/E2 | Oond | Satelliet van Melkweg |
Carina-dwerg (E206-G220) | dE3 | Kiel | Satelliet van Melkweg |
Antlia-dwerg | dE3 | Lugpomp | |
Leo I-dwerg (DDO 74) | dE3 | Leeu | Satelliet van Melkweg |
Sextans-dwerg | dE3 | Sekstant | Satelliet van Melkweg |
Leo II-dwerg (Leo B) | dE0 pec | Leeu | Satelliet van Melkweg |
Ursa Minor-dwerg | dE4 | Klein Beer | Satelliet van Melkweg |
Draco-dwerg (DDO 208) | dE0 pec | Draak | Satelliet van Melkweg |
Sagittarius-dwerg | dSph/E7 | Boogskutter | Satelliet van Melkweg |
Tucana-dwerg | dE5 | Toekan | |
Cassiopeia-dwerg (Andromeda VII) | dSph | Cassiopeia | Satelliet van Andromeda |
Pegasus-dwerg (Andromeda VI) | dSph | Vlieënde Perd | Satelliet van Andromeda |
Ursa Major I- en Ursa Major II-dwerg | dSph | Groot Beer | Satelliet van Melkweg |
Identifikasie onseker | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
Virgo-sterrestroom | dSph (oorblyfsel)? | Maagd | Besig om met die Melkweg saam te smelt |
Willman 1 | Dwergsterrestelsel of sterreswerm? |
Groot Beer | 147 000 ligjare ver |
Andromeda IV | Irr? | Andromeda | Waarskynlik nie ’n sterrestelsel nie |
UGCA 86 (0355+66) | Irr, dE of S0 | Kameelperd | |
UGCA 92 (EGB0427+63) | Irr of S0 | Kameelperd | |
Moontlike nie-lede | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
GR 8 (DDO 155) | Im V | Maagd | |
IC 5152 | IAB(s)m IV | Indiër | |
NGC 55 | SB(s)m | Beeldhouer | |
Aquarius-dwerg (DDO 210) | Im V | Waterdraer | |
NGC 404 | E0 of SA(s)0- | Andromeda | |
NGC 1569 | Irp+ III-IV | Kameelperd | |
NGC 1560 (IC 2062) | Sd | Kameelperd | |
Camelopardalis A | Irr | Kameelperd | |
Argo-dwerg | Irr | Kiel | |
ESO 347-8 (2318–42) | Irr | Kraanvoël | |
UKS 2323-326 | Irr | Beeldhouer | |
UGC 9128 (DDO 187) | Irp+ | Veewagter | |
Sextans C | |||
Voorwerpe in die Plaaslike Groep wat nie meer as sterrestelsels beskou word nie | |||
Naam | Soort | Sterrebeeld | Notas |
Palomar 12 (Capricornus-dwerg) | Steenbok | ’n Sterreswerm voorheen ingedeel as ’n dwergsterrestelsel | |
Palomar 4 (oorspronklik Ursa Major-dwerg) | Groot Beer | ’n Sterreswerm voorheen ingedeel as ’n dwergsterrestelsel |
Ander merkwaardige voorwerpe
[wysig | wysig bron]- Smith se Wolk, ’n hoësnelheidswolk tussen 32 000 en 49 000 ligjare van die Aarde[5]
- HVC 127-41-330, ’n hoësnelheidswolk 2,3 miljoen ligjare van die Aarde
- Monoceros-ring, ’n ring van sterre om die Melkweg wat moontlik uit ’n sterrestroom bestaan wat van die Canis Major-dwergsterrestelsel weggeskeur is
Diagram
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ R. B. Tully (1982). "The Local Supercluster". Astrophysical Journal. 257: 389–422. Bibcode:1982ApJ...257..389T. doi:10.1086/159999.
- ↑ Hubble 1936, ble. 124–151
- ↑ van den Bergh, Sidney (Mei 2003). "History of the Local Group". The Local Group as an Astrophysical Laboratory. Cambridge University Press: 5042. arXiv:astro-ph/0305042. Bibcode:2003astro.ph..5042V.
- ↑ "Milky Way 'bigger than thought'" (in Engels). BBC News. 6 Januarie 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2019. Besoek op 30 Junie 2012.
- ↑ Wakker, B. P.; York, D. G.; Wilhelm, R.; Barentine, J. C.; Richter, P.; Beers, T. C.; Ivezić, Ž.; Howk, J. C. (2008). "Distances to Galactic High‐Velocity Clouds. I. Cohen Stream, Complex GCP, Cloud g1". The Astrophysical Journal. 672 (1): 298–319. Bibcode:2008ApJ...672..298W. doi:10.1086/523845.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Die Plaaslike Groep
- van den Bergh, Sidney (2000). "Updated Information on the Local Group". The Publications of the Astronomical Society of the Pacific. 112 (770): 529–536. arXiv:astro-ph/0001040. Bibcode:2000PASP..112..529V. doi:10.1086/316548.
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Plaaslike Groep.
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Die Aarde se posisie in die heelal |
---|