(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Pous Callixtus I - Wikipedia Gaan na inhoud

Pous Callixtus I

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Pous Callixtus I
Geboortenaam Callixtus of Callistus
Pontifikaat begin 217
Pontifikaat eindig 14 Oktober 222
Voorganger Zefirinus
Opvolger Urbanus I
Gebore 155
Griekeland
Sterf 14 Oktober 222
Rome, Italië[1]
Ander pouse genaamd Callixtus
Sint Pous Callixtus I
Gebore 155, Griekeland
Sterfte 14 Oktober 222, Rome, Italië
Vereer in Rooms-Katolieke Kerk
Feesdag 14 Oktober
Beskermheilige Begraafplaaswerkers[2]

Callixtus I was die sestiende pous van die Rooms-Katolieke Kerk.

Biografie

[wysig | wysig bron]
Standbeeld van Pous Callixtus I in die Katedraal van Reims

Pous Callixtus I (ook Calixtus of Calistus) is waarskynlik gebore in 155 in 'n Griekse slawefamilie en het in Trastevere, 'n woonwyk in Rome aan die Tiber se regteroewer, groot geword. Hy sterf op 14 Oktober 222. Die naam Callixtus beteken “die mooiste”. In 217 volg hy Pous Zefirinus op en word na sy dood opgevolg deur Pous Urbanus I. Hy was pous tydens die bewind van die Romeinse keisers Heliogabalus en Alexander Severus.

Sy teenstander Hippolitus beskryf sy jeug. Callixtus was as jong slaaf die bestuurder van 'n bank, maar het geld verloor. Hy het uit Rome gevlug, maar is by die see naby Portus gevang en na sy meester Carpophorus in Rome teruggestuur. Sy krediteure het egter gevra dat hy vrygelaat moet word in die hoop dat hy genoeg geld sou verdien om hulle terug te betaal. Callixtus is egter gearresteer toe hy in 'n sinagoge met Joodse geldskieters baklei het. Weens sy geloof is hy na die soutmyne van Sardinië gestuur. Op voorspraak van Marcia, 'n minnares van die keiser Commodus is hy saam met ander Christene in 190 vrygelaat. Omdat sy gesondheid sleg was het Pous Victor I hom onderdak verskaf.

Pous Callixtus gee sy naam aan die Callixtus katakombe langs die Via Appia. Hy is daar begrawe en na hom is alle pouse tot Pous Eutichianus daar begrawe met die uitsondering van Pous Cornelius. Die katakombe was vergeet en verlore totdat dit in 1849 deur die argeoloog Giovanni Battista de Rossi herontdek is. Dit staan tans bekend as die Capello dei Papi. Volgens die legende sterf Callixtus self deurdat hy in 'n put gegooi is by die Santa Maria kerk in Trastevere.

Pontifikaat

[wysig | wysig bron]

Een van sy belangrikste besluite was dat alle sondes vergewe kan word, ook moord, owerspel en verkragting. Dit het gelei tot 'n kerkskeuring (skisma) waarby die eerste teenpous, Pous Hippolitus gekies is.

Verering

[wysig | wysig bron]

Callixtus word as martelaar en heilige vereer in die Rooms-Katolieke Kerk veral in Todi (Italië). Sy relieke word in verskeie kerke aangehou, onder andere in Cysoing by Doornik, Reims, Fulda, Napels en Rome. Sy feesdag is sy sterfdag 14 Oktober.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. The Editors of Encyclopædia Britannica. "Saint Calixtus I" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2020. Besoek op 13 November 2016. {{cite web}}: |author= has generic name (hulp)
  2. Jones, Tery M. "Pope Saint Callistus I". Saints.SQPN.com (in Engels). Star Quest Publication Network. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 November 2014. Besoek op 14 Oktober 2010.

Bronne

[wysig | wysig bron]

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Saamgestel uit die Nederlandse, Engelse, Duitse en Franse Wikipedias.

Opvolging

[wysig | wysig bron]
Voorafgegaan deur
Zefirinus
Biskop van Rome
217222
Opgevolg deur
Urbanus I