Ho Chi Minh-stad
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Viëtnam |
Provinsie | Hồ Chí Minh |
Koördinate | 10°46′37″N 106°42′03″O / 10.77694°N 106.70083°O |
Stigting | 1698 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 2 095,5 vk km |
Hoogte bo seevlak | 19 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2009) | 7 123 340 |
- Bevolkingsdigtheid | 3 800/vk km |
Tydsone | UTC+7 |
Burgemeester | |
Amptelike webwerf | hochiminhcity.gov.vn |
Ho Chi Minh-stad (Viëtnamees: Thành phố Hồ Chí Minh, [tʰàjŋ̟ fǒ hò cǐ mīŋ̟] of [tʰàn fǒ hò cǐ mɨ̄n]), algemeen bekend onder sy vorige naam Saigon (Viëtnamees: Sài Gòn; [sàj ɣɔ̀n] of [ʂàj ɣɔ̀ŋ]), is die grootste stad in Viëtnam. Volgens die 2019-sensus het Ho Chi Minh-stad 'n bevolking gehad van meer as 8,9 miljoen en meer as 21 miljoen in die metropolitaanse gebied.[1] In die suidooste van Viëtnam geleë, omring die stad die Saigonrivier en beslaan ongeveer 2061 vierkante kilometer.
Ho Chi Minh-stad is 'n ekonomiese en finansiële sentrum en speel 'n belangrike rol in die land se kulturele en wetenskaplike ontwikkeling. Dit is naby die Mekongrivierdelta geleë. Die middestad is aan die oewer van die Saigonrivier geleë, 60 km wes van die Suid-Chinese See en 1 760 km (1 094 myl) suid van Hanoi. Die Landmark 81 en Bitexco Financial Tower is wolkekrabbers in die stad.
Voor die Viëtnamese nedersetting in die 17de eeu was die stad 'n ylbevolkte gebied wat agtereenvolgens deel van die historiese koninkryke van Funan, Champa en Khmer was. Met die aankoms van die Viëtnamese het die gebied meer welvarend geword en amptenare het hulself vanaf 1623 tot 1698 in die stad begin vestig. Nadat die laaste Viëtnamese dinastie die stad in 1862 aan die Franse afgestaan het, is die naam Saigon aanvaar en het die stad verstedeliking ondergaan om 'n belangrike ekonomiese sentrum in die streek te word. Die stad was die hoofstad van Suid-Viëtnam tot aan die einde van die Viëtnamoorlog wat deur Noord-Viëtnam gewen is in 1975. In 1976 het die regering van 'n verenigde Viëtnam Saigon hernoem na sy huidige amptelike naam ter ere van die kommunistiese leier Hồ Chí Minh.
Die stad is 'n streeksmag in finansies en besigheid en word deur die Globalization and World Cities Research Network as 'n beta-stad geklassifiseer.[2] Dit is 'n opkomende internasionale toeristebestemming met gewilde landmerke wat verband hou met die oorblyfsels van sy koloniale verlede wat deur die argitektuur daarvan uitgebeeld word. Die stad is 'n belangrike sentrum van vervoer wat oor die Tan Son Nhat Internasionale Lughawe, die besigste lughawe in Viëtnam, beskik. Met die vinnige ekonomiese ontwikkeling verkry Ho Chi Minh-stad nuutgeboude hoëtegnologie-sones en addisionele opvoedkundige instellings vestig hul hier. Die stad dien ook as 'n belangrike media- en vermaaklikheidsbron.
Etimologie
[wysig | wysig bron]In die loop van sy geskiedenis het Ho Chi Minh-stad verskillende name gehad wat die nedersetting se verskillende etniese, kulturele en politieke invloede weerspieël. Dit was oorspronklik 'n handelshawestad van die Khmer-ryk,[3][4] bekend as Prey Nokor (Khmer: ព្រៃនគរ),[5][6][7][8] en staan vandag nog bekend as Prey Nokor onder Khmer.[6][7] Met verloop van tyd en onder beheer van die Viëtnamese is dit amptelik herdoop na Gia Dinh (
Die huidige naam, Ho Chi Minh-stad, is na hereniging in 1976 gegee om Hồ Chí Minh te vereer. Die informele naam van Sài Gòn word egter vandag nog in die daaglikse spreektaal, sowel plaaslik as internasionaal gebruik, veral onder die Viëtnamese diaspora. Daar is egter 'n tegniese verskil tussen die twee terme: Sài Gòn word gewoonlik gebruik om na die middestad in distrik een en die aangrensende gebiede te verwys, terwyl Ho Chi Minh-stad verwys na die hele moderne stad met al sy stedelike en landelike distrikte.[4]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (vi) "Báo cáo sơ bộ Tổng điều tra Dân số và nhà ở 2019" [General statistics for Population and households investigation 2019] (pdf). General Statistics Office of Vietnam. Besoek op 20 Maart 2020.
- ↑ (en) "The World According to GaWC 2020". GaWC – Research Network. Globalization and World Cities. Besoek op 31 Augustus 2020.
- ↑ (en) Vo, Nghia M. (2011). Saigon: A History. McFarland.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 (en) Robert M. Salkin; Trudy Ring (1996). Paul E. Schellinger; Robert M. Salkin (reds.). Asia and Oceania. International Dictionary of Historic Places. Vol. 5. Taylor & Francis. pp. 353–354. ISBN 1-884964-04-4.
- ↑ (en) Nghia M. Vo; Chat V. Dang; Hien V. Ho (29 Augustus 2008). The Women of Vietnam. Saigon Arts, Culture & Education Institute Forum. Outskirts Press. ISBN 978-1-4327-2208-1. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 Maart 2016. Besoek op 20 Desember 2018.
- ↑ 6,0 6,1 (en) Chandler, David (2008). A History of Cambodia (4th uitg.). Westview Press.
- ↑ 7,0 7,1 (en) Tarling, Nicholas (2000). The Cambridge history of Southeast Asia. Cambridge University Press.
- ↑ (en) Justin Corfield (2014). Historical Dictionary of Ho Chi Minh City. Anthem Press. bl. 17. ISBN 978-1-78308-333-6. Geargiveer op 28 Oktober 2018. Besoek op 27 Oktober 2018.
- ↑ (en) "Comprehensive Map of Vietnam's Provinces". World Digital Library. UNESCO. 1890. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Junie 2011. Besoek op 13 April 2011.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Ho Chi Minh-stad.
- (en) Toerisme-inligting oor Ho Chi Minh-stad op Wikivoyage
- (en) Amptelike webwerf
- (en) "Ho Chi Minh City". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 November 2023.