Senegambië
| ||||
Hoofstad | Dakar 14°43′N 17°28′W / 14.717°N 17.467°W | |||
Taal/Tale | Engels, Frans, Wolof | |||
Regering | Republiek | |||
Presidentt[1] | ||||
- 1982–1989 | Abdou Diouf | |||
Adjunkpresident[1] | ||||
- 1982–1989 | Dawda Jawara | |||
Historiese tydperk | Koue Oorlog | |||
- Gambiese staatsgreep | 30 Julie 1981 | |||
- Ooreenkoms onderteken | 12 Desember 1981 | |||
- Stigting | 1 Februarie 1982 | |||
- Ontbinding | 30 September 1989 | |||
- Casamancekonflik | 1982–2014 | |||
Oppervlakte | ||||
- 1985 | 207 401 km2 80 078 sq mi | |||
Bevolking | ||||
- 1985 skatting | 7 227 000 | |||
Digtheid | 34,8 /km² 90,2 /sq mi |
Senegambië, amptelik die Konfederasie Senegambië (Engels: Senegambia Confederation, Frans: Confédération de Sénégambie), was 'n los konfederasie tussen die Wes-Afrikaanse lande Senegal en Gambië, wat omtrent geheel en al omring word deur Senegal, behalwe vir die uitgang na die see. Die konfederasie is gestig op 1 Februarie 1982 ná 'n ooreenkoms tussen die twee lande van 12 Desember 1981. Volgens die ooreenkoms was die samesluiting van die gewapende magte, die geldeenheid en die ekonomiese gebied beplan. Die konfederasie is na die histories-geografiese streek Senegambië genoem.
Die federasie was bedoel om samewerking tussen die twee lande te bevorder, maar is deur Senegal op 30 September 1989 ontbind toe Gambië weier om nader aan 'n unie te beweeg.
Die naam verwys ook na die geografiese gebied om die twee lande wat die waterskeiding van beide die Sénégal- en Gambiërivier dek.
Sien ook
[wysig | wysig bron]- Senegambië en Niger, 'n kortstondige administratiewe eenheid van Frans-Wes-Afrika wat in die 1900's bestaan het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 "Chiefs of State and Cabinet Members of Foreign Governments" (PDF) (in Engels). Central Intelligence Agency. Januarie 1985. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Januarie 2017. Besoek op 28 Augustus 2019.
Bronne
[wysig | wysig bron]- Idowu Bamitale Omole, De la coopération à la confédération : la Sénégambie : contribution à l'analyse de l'intégration politique régionale en Afrique, Université de Bordeaux I, Bordeaux, 1986, bl. 369 (thèse de 3e cycle)
- Sylvie Belaouane-Gherari et Habib Gherari, Les Organisations régionales africaines : recueil de textes et documents, La Documentation française, 1989, bl. 471 ISBN 2-11-002028-8
- Momar Coumba Diop et Mamadou Diouf, Le Sénégal sous Abdou Diouf, Paris, Karthala, 1990, bl. 436 ISBN 2-86537-275-8
- Thierno Soulèye Mbodj, La Confédération de la Sénégambie : réalités et perspectives, Université de Bordeaux 1, 1985, bl. 437 (thèse de 3e cycle d'Études africaines)
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Senegambië.
- (en) "Senegambia". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 Augustus 2019.