(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Spirograafnewel - Wikipedia Gaan na inhoud

Spirograafnewel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
(Aangestuur vanaf Spirograaf-newel)
Spirograafnewel
Die Hubble-ruimteteleskoop se foto van die Spirograafnewel.
Die Hubble-ruimteteleskoop se foto van die Spirograafnewel.
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Haas
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 05h 27m 28.2037s[1]
Deklinasie -12° 41′ 50.265″[1]
Skynmagnitude (m) 9,6[1]
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 3 600
Skynbare grootte 0,3 ligjaar breed
Ander name
IC 418
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Spirograafnewel, of IC 418, is ’n planetêre newel in die sterrebeeld Haas. Die naam kom van die ingewikkelde patroon van die newel wat lyk soos ’n patroon geskep deur ’n spirograaf, ’n speelding wat geometriese patrone op papier maak.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die Spirograafnewel was waarskynlik net ’n paar miljoen jaar gelede nog ’n rooireusester. Sy kernbrandstof het intussen opgeraak en die buitenste lae het wegbeweeg van die warm, klein kern wat ’n witdwerg sal word.

Die newel is sowat 3 600 ligjare van die Aarde af en is 0,3 ligjaar breed.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 "SIMBAD-databasis". Resultate vir IC 418 (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Mei 2020. Besoek op 22 Desember 2006.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]