Steve Mokone
Voorkoms
Persoonlike inligting | |||
---|---|---|---|
Geboortenaam | Stephen Madi Mokone | ||
Gebore | 23 Maart 1932 | ||
Geboorteplek | Doornfontein, Suid-Afrika | ||
Oorlede | 19 Maart 2015 (op 82) | ||
Plek oorlede | Washington, D.C., Verenigde State | ||
Speelposisie | Aanvaller | ||
Jeugloopbaan | |||
Pretoria Home Stars | |||
Seniorloopbaan* | |||
Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
1955–1957 | Coventry City | 4 | (1) |
1957–1959 | Heracles | (15) | |
1959 | Cardiff City | 3 | (1) |
1959–1960 | Barcelona | 0 | (0) |
1960 | → Marseille (leen) | 0 | (0) |
1960–1961 | Torino | 0 | (0) |
1961–1962 | Valencia | 0 | (0) |
1964 | Sunshine George Cross | 15 | (10) |
Nasionale span | |||
1948–1964 | South Africa Black XI | ||
Spanne bestuur | |||
1964 | Sunshine George Cross | ||
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). |
Stephen Madi Mokone (23 Maart 1932 in Doornfontein, Johannesburg – 19 Maart 2015 in Washington, D.C., VSA) was 'n Suid-Afrikaanse sokkerspeler.
Hy het as jongeling aanvanklik in Johannesburg, Sophiatown en Kilnerton (Pretoria) gespeel. Later het hy vir Coventry City in Engeland (1955-1957) en die Nederlandse klub SC Heracles (1957-1958) gespeel, en ook by FC Barcelona, Olympique de Marseille, Torino FC en Valencia CF. Hy was een van die grootste sokkerspelers van sy tyd.
Die Nederlandse joernalis Tom Egbers het 'n boek, De Zwarte Meteoor, geskryf oor sy lewe by SC Heracles in die Nederlandse stad Almelo. In 2000 is 'n rolprent van hierdie boek gemaak.