Urs Widmer
Urs Widmer | |
---|---|
Urs Widmer in 2012 | |
Gebore | 21 Mei 1938 |
Sterf | 2 April 2014 (op 75) Zürich, Switserland |
Nasionaliteit | Switserland |
Beroep | Skrywer, dramaturg en vertaler |
Ouer(s) | Walter Widmer |
Urs Widmer (* 21 Mei 1938 in Basel, † 2 April 2014 in Zürich) was 'n Switserse skrywer en vertaler.
Lewe
[wysig | wysig bron]Urs Widmer is as die seun van Walter Widmer, 'n vertaler, literatuurkritikus en hoërskoolonderwyser, gebore. Die bekende Duitse skrywer Heinrich Böll was 'n vriend van die Widmers en het dikwels besoek by hulle afgelê. Urs Widmer se Duits-onderwyser by die Realgymnasium Basel was die skrywer Rudolf Graber.
Widmer het aan die universiteite van Basel, Montpellier en Parys in Germanistiek, Romanistiek en Geskiedenis gestudeer. In 1966 het hy sy doktersgraad in Basel met 'n tesis oor naoorlogse Duitse prosaliteratuur verwerf.
Ná sy studies was Widmer aanvanklik as lektor by die uitgewery Walter Verlag in Olten, Switserland werksaam. Vervolgens het hy 'n soortgelyke pos by die Duitse Suhrkamp-uitgewery in Frankfurt am Main aanvaar. Hy het reeds ná 'n kort tyd uit dié pos bedank, maar in Frankfurt gebly waar hy tussen 1967 en 1984 as skrywer werksaam was. Widmer het in dié tyd resensies vir die dagblad Frankfurter Allgemeine Zeitung geskryf en as dosent in Nuwe Duitse Literatuur les aan die Universiteit van Frankfurt gegee.
In 1968 is Widmer se debuutverhaal Alois gepubliseer. In die volgende jaar was hy 'n medestigter van die uitgewery Verlag der Autoren wat sy toneelstukke tot vandag toe publiseer. In 1984 het hy na Switserland teruggekeer.
Urs Widmer was lid van die Duitse Akademie vir Taal en Digkuns (Deutsche Akademie für Sprache und Dichtung) in Darmstadt, die Duitse Akademie vir Uitvoerende Kunste (Deutsche Akademie der Darstellenden Künste) in Bensheim, die Akademie der Künste Berlin-Brandenburg en van die Grazer Forum Stadtpark.
Widmer het in Zürich gewoon waar hy met 'n psigoanalitikus getrou is. Uit die huwelik is 'n dogter gebore.
Literêre werk
[wysig | wysig bron]Urs Widmer se omvangryke literêre werk sluit romans, verhale, essays, toneelstukke en radiodramas in. Literatuurkritici het na die fantasievolle en ironiese manier verwys waarmee Widmer die triviale storielyne van klassieke avontuur- en reisverhale as parodie of selfs as surrealistiese verhaal verwerk het. Vir Widmer was sy werke enersyds blote "fiksie", maar andersyds het hulle ook sover moontlik die maatskaplike realiteit weerspieël.[1]
Widmer se (pseudo-)outobiografiese trilogie oor sy moeder, Der Geliebte der Mutter (2000), sy vader (Das Buch des Vaters, 2004) en homself (Ein Leben als Zwerg, 2006) is gunstig deur kritici ontvang. In hierdie werk beskryf Widmer die dubbele bodem van die lewe wat sy ouers gelei het - 'n burleske fasade teen 'n ernstige agtergrond. Volgens hom het dit sy latere skryfstyl beïnvloed. Mits dit as outobiografiese teks gelees geword, koketteer Widmer in dié soms dubbelsinnige werk met die voorstelling dat hy die seun van die invloedryke Switserse entrepreneur en dirigent Paul Sacher was.
Sy toneelstuk Top Dogs, 'n sosiale satire waarin leidende bestuurders (sogenaamde Top Dogs) na hul afdanking tot Underdogs gereduseer word, het Widmer saam met die regisseur Volker Hesse in 1997 tydens die Berliner Theatertreffen aangebied. In 'n sogenaamde uitplasingsentrum moet die gewese bestuurders dieselfde moeilike, ontsettende en groteske situasies deurleef soos die werknemers wat hulle vroeër ontslaan is.
Net soos sy pa het Widmer ook werke van ander outeurs vertaal.
Werke
[wysig | wysig bron]Prosawerke
[wysig | wysig bron]- Alois. Erzählung. Diogenes, Zürich 1968.
- Die Amsel im Regen im Garten. Erzählung. Diogenes, Zürich 1971.
- Die Forschungsreise. Abenteuerroman. Diogenes, Zürich 1974.
- Schweizer Geschichten. Hallwag, Bern 1975.
- Die gelben Männer. Roman. Diogenes, Zürich 1976.
- Vom Fenster meines Hauses aus. Prosa. Diogenes, Zürich 1977.
- Hand und Fuss. Ein Buch. Moon Press, Den Haag 1978 (Miniaturbuch).
- Shakespeares Geschichten. Band 2. Stücke von Shakespeare nacherzählt. Diogenes, Zürich 1978.
- Fotos (= Pa-ra-bü. Bd. 25). Patio Frankfurt am Main 1980.
- Das Urs-Widmer-Lesebuch. Diogenes, Zürich 1980.
- Das enge Land. Roman. Diogenes, Zürich 1981.
- Liebesnacht. Erzählung. Diogenes, Zürich 1982.
- Die gestohlene Schöpfung. Ein Märchen. Diogenes, Zürich 1984.
- Indianersommer. Erzählung. Diogenes, Zürich 1985.
- Das Verschwinden der Chinesen im neuen Jahr. Diogenes, Zürich 1987.
- Auf, auf, ihr Hirten! Die Kuh haut ab! Kolumnen. Diogenes, Zürich 1988.
- Der Kongreß der Paläolepidopterologen. Roman. Diogenes, Zürich 1989.
- Das Paradies des Vergessens. Erzählung. Diogenes, Zürich 1990.
- Der blaue Siphon. Erzählung. Diogenes, Zürich 1992
- Liebesbrief für Mary. Erzählung. Diogenes, Zürich 1993.
- Im Kongo. Roman. Diogenes, Zürich 1996
- Vor uns die Sintflut. Geschichten. Diogenes, Zürich 1998.
- Das Buch der Albträume. Mit Zeichnungen von Hannes Binder. Sanssouci bei Nagel & Kimche, Zürich 2000.
- Der Geliebte der Mutter. Roman. Diogenes, Zürich 2000.
- Das Buch des Vaters. Roman. Diogenes, Zürich 2004.
- Ein Leben als Zwerg. Diogenes, Zürich 2006.
- Valentin Lustigs Pilgerreise. Bericht eines Spaziergangs durch 33 seiner Gemälde. Diogenes, Zürich 2008.
- Herr Adamson. Roman. Diogenes, Zürich 2009.
- Stille Post. Kleine Prosa. Diogenes, Zürich 2011.
- Reise an den Rand des Universums. Autobiografie. Diogenes, Zürich 2013, ISBN 978-3-257-06868-9.
Essays, lesings en nie-fiksie
[wysig | wysig bron]- 1945 oder die „Neue Sprache“. Studien zur Prosa der „Jungen Generation“. Pädagogischer Verlag Schwann, Düsseldorf 1966 (= Dissertasie, Basel 1965)
- In uns und um uns und um uns herum. In: Renate Matthaei (red.): Trivialmythen. März, Frankfurt 1970, bl. 11–18 (Wiederauflagen, z. B. Area-Verlag, Erftstadt 2004, ISBN 3-89996-029-7, bl. 331–339).
- Das Normale und die Sehnsucht. Essays und Geschichten. Diogenes, Zürich 1972.
- Die sechste Puppe im Bauch der fünften Puppe im Bauch der vierten und andere Überlegungen zur Literatur (= Grazer Poetikvorlesungen). Droschl, Graz 1991.
- Das Geld, die Arbeit, die Angst, das Glück. Diogenes, Zürich 2002.
- Vom Leben, vom Tod und vom Übrigen auch dies und das. Frankfurter Poetikvorlesungen. Diogenes, Zürich 2007.
- Beim Wiederlesen von „Alois“. In: Renatus Deckert (red.): Das erste Buch. Schriftsteller über ihr literarisches Debüt. Suhrkamp, Frankfurt 2007, ISBN 978-3-518-45864-8, bl. 125–128.
- Der Traum vom herrschaftsfreien Arbeiten. 1968 – vom Suhrkamp-Verlag zum Verlag der Autoren. In: Neue Zürcher Zeitung. 11/12 Junie 2011, nommer 135, bl. 21.
Toneelstukke
[wysig | wysig bron]- Die lange Nacht der Detektive. Kriminalstück in drei Akten. Met voorwoord van die skrywer. Diogenes, Zürich 1973, ISBN 3-257-20117-6. Opvoeringsregte: Verlag der Autoren, Frankfurt am Main 1973. Première: Desember 1973 in Basel.
- Nepal. Stück in der Basler Umgangssprache. Frankfurt am Main 1976.
- Stan und Ollie in Deutschland. Frankfurt am Main 1979.
- Züst oder Die Aufschneider. Frankfurt am Main 1979.
- Dr neu Noah. Frankfurt am Main 1984.
- Alles klar. Stan und Ollie in Deutschland. Frankfurt am Main 1988.
- Jeanmaire. Ein Stück Schweiz. Frankfurt am Main 1992.
- Der Sprung in der Schüssel. Frölicher – ein Fest. Frankfurt am Main 1992.
- Sommernachtswut. Frankfurt am Main 1993.
- Top Dogs. Frankfurt am Main 1996.
- Die schwarze Spinne. Sommernachtswut. Frankfurt am Main 1998.
- König der Bücher. Bankgeheimnisse. Frankfurt am Main 2001.
- Münchhausens Enkel. Première, 2012, Zürich.[2][3]
- Das Ende vom Geld. Première, 24 Maart 2012, Staatstheater Darmstadt[4]
Radiodramas
[wysig | wysig bron]- Wer nicht sehen kann, muss hören. Wes-Duitse Uitsaaikorporasie (WDR) 1969
- Henry Chicago. WDR 1970.
- Operette. WDR 1971.
- Aua 231. WDR 1971.
- Anna von hinten wie von vorne. WDR 1971.
- Tod und Sehnsucht. Sender Freies Berlin (SFB) 1972
- Die Katze des Doktor Watson. WDR 1972.
- Das Überleben der unsterblichen Mimi. Südwestfunk (SWF) 1973
- Die schreckliche Verwirrung des Giuseppe Verdi. SWF 1974.
- Der Bergsteiger. Beierse Uitsaaikorporasie (BR) 1974
- Fernsehabend. SWF 1976.
- Die Ballade von den Hoffnungen der Väter. WDR 1976.
- Die Zwerge in der Stadt. Suid-Duitse Uitsaaikorporasie (SDR) 1978
- Das Blasquartett oder 80 Fragen nach dem Glück. SWF/Hessiese Uitsaaikorporasie (HR)/Noord-Duitse Uitsaaikorporasie (NDR)/BR 1979
- Die Zehen der Elfen. SDR, 1981.
- Indianersommer. SWF 1984.
- Dr neu Noah. Schweizer Radio DRS 1984
- An die Freunde. SWF/hr 1986.
- Der Besucher aus Kassel. SWF/DRS 1986.
- Der tolle Tonmeister. SWF/WDR/NDR 1988.
- Der Gott und das Mädchen. SWF 1988.
- Der Afrikaforscher. SWF 1990.
- Bottoms Traum. SWF 1990.
- Das gelöschte Band. 1992.
- Die Frauen des Sultans. 1993.
- Helmuts Brief. 1994.
- Das Machthorn. SWR 2005.
- Das Ende vom Geld. HR 2012.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- Hierdie artikel, of gedeeltes daarvan, is uit die volgende Wikipedia-artikel vertaal: Urs Widmer
- ↑ "Die Wieder(er)findung der deutschen Sprache. ORF 1, 15 Mei 2008". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Junie 2009. Besoek op 3 April 2014.
- ↑ Verslag oor die première by Glanz und Gloria op 29 Februarie 2012 in die Videoportaal van die Switserse uitsaaikorporasie SF, besoek op 3 April 2014.
- ↑ Dieter Langhardt: Der rote Teppich wird aufgerollt. Bespreking[dooie skakel] in die dagblad Thurgauer Zeitung, besoek op 3 April 2014.
- ↑ "Das Ende vom Geld, Staatstheater Darmstadt". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Junie 2013. Besoek op 3 April 2014.