Warden
Warden | |
---|---|
Dorp+township | |
Nederduitse Gereformeerde Kerk Warden | |
Koördinate: 27°51′14″S 28°58′0″O / 27.85389°S 28.96667°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Thabo Mofutsanyane |
Munisipaliteit | Phumelela |
Stigting | 1912 |
Oppervlak | |
• Totaal | 17,0 km2 (6,6 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 10 977 |
• Digtheid | 646/km2 (1 670/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.5% |
• Bruin mense | 0.4% |
• Swart mense | 92.1% |
• Ander | 0.5% |
Taal (2011) | |
• Zoeloe | 62.9% |
• Sotho | 25.2% |
• Afrikaans | 7.2% |
• Engels | 1.6% |
• Ander | 3.0% |
Poskode (strate) | 9890 |
Skakelkode | 058 |
Warden is 'n dorp in die Oos-Vrystaat wat tussen Villiers en Harrismith aan die N3 nasionale hoofweg tussen Durban en Johannesburg geleë is.
Die dorp is in 1912 op die plaas Rietvallei uitgelê. Warden het eers in 1920 'n munisipaliteit geword en is in 1923 geproklameer. Die dorp is genoem na Charles Warden, 'n landdros op Harrismith van 1884 tot 1900.
Die boerderygebied rondom Warden produseer 'n groot deel van die land se aartappels, mielies en rooivleis.
Die NG kerkgebou op Warden is die grootste in die Vrystaat en een van die ses grootstes in Suid-Afrika[2] Oorspronklik was daar sitplek vir 1 750 mense, maar met die inrig van die moederkamers is daar nou sitplek vir 1 652.
Infrastruktuur
[wysig | wysig bron]Nadat die African National Congress in 1994 aan bewind gekom het, het die dorp se infrastruktuur agteruitgegaan. Die meeste paaie is nou nie geteer nie en die meeste openbare geboue het agteruitgegaan. ’n Jong groep inwoners het deelgeneem aan die restourasie van Warden. ’n Nuwe hoofpad en verskeie geboue is intussen gebou of opgegradeer. Een van die grootste munisipale damme word ook gebou. Warden se ligging (in die middel van SA en op die N3-hoofweg wat Gauteng en Durban verbind), watervoorsiening, nywerheidsgrond en arbeid maak dit 'n ideale plek vir nywerheidsontwikkeling. Huise in Warden is redelik geprys. Industriële en residensiële grond is ook beskikbaar.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- Op Pad in Suid-Afrika. B.P.J. Erasmus. Jonathan Ball Uitgewers, 1995.