Wikipedia:Uitgesoekte herdenkings/19 Januarie
Voorkoms
- 1419 – Tydens die Honderdjarige Oorlog tussen Engeland en Frankryk word Rouen deur die Engelse koning Hendrik V ingeneem en Normandië by Engeland ingelyf.
- 1839 – Die Royal Marines land by Aden om seerowers te verhoed om Britse skepe na en van Indië aan te val. Aden sou tot in 1967 onder Britse beheer bly.
- 1937 – Howard Hughes stel 'n nuwe rekord op deur in 7 uur, 28 minute en 25 sekondes van Los Angeles na New York te vlieg.
- 1984 – Die Standerbende beroof drie banke in minder as 'n uur in Johannesburg se middestad.
- 1996 – Die Afrikanasiesbeker skop af in Johannesburg, Suid-Afrika.