Sri Lanka
Sri Lanka (Singalees: ශ්රී ලංකාව, śrī laṃkāva, Tamil: இலங்கை, ilaṅkai), amptelik die Demokratiese Sosialistiese Republiek Sri Lanka (Singalees: ශ්රී ලංකා ප්රජාතාන්ත්රික සමාජවාදී ජනරජය, Srī Lankā prajātāntrika samājavādī janarajaya; Tamil: இலங்கை ஜனநாயக சோசலிசக் குடியரசு, Ilaṅkai jaṉanāyaka sōsalisa kuṭiyarasu), is 'n tropiese eilandnasie in Suid-Asië en die Indiese Oseaan. Dit is net suidoos van Indië geleë, verder wes is die Maledive en in die noordooste sluit die Golf van Bengale aan. Sri Lanka het 'n oppervlakte van 65 610 km² en 'n bevolking van 21 444 000 in 2017 gehad. Dié land se hoofstad is Sri Jayawardenepura, maar die grootste stad is Colombo. Singalees en Tamil vorm die twee amptelike tale van Sri Lanka en word deur die twee belangrikste etniese groepe, die Singalese en die Tamils onderskeidelik, gebesig.
| |||||
Volkslied: Sri Lanka Matha (Afrikaans: "Moeder Sri Lanka") | |||||
Hoofstad | Sri Jayawardenepura (administratief) Colombo (kommersieel) | ||||
Grootste stad | Colombo | ||||
Amptelike tale | Singalees en Tamil[1] | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Maithripala Sirisena Ranil Wickremesinghe | ||||
Onafhanklikheid • Dominium
• Republiek • Huidige grondwet |
van die Verenigde Koninkryk 4 Februarie 1948 22 Mei 1972 7 September 1978 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
65 610 km2 (120ste) 25 330 myl2 4,4 | ||||
Bevolking - 2017-skatting - 2012-sensus - Digtheid |
21 444 000[2] (58ste) 20 277 597[3] 327 / km2 (43ste) 846,9 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2018-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2018-skatting | ||||
MOI (2016) | 0,766[5] (73ste) – hoog | ||||
Gini (2010) | 36,4[6] – medium | ||||
Geldeenheid | Roepee (LKR )
| ||||
Tydsone - Somertyd |
SLST (UTC+5:30) nie toegepas nie (UTC+5:30) | ||||
Internet-TLD | .lk, .ලංකා, .இலங்கை | ||||
Skakelkode | +94 |
Sri Lanka het voor 1972 as Ceylon bekend gestaan. Die naam Ceylon word steeds gebruik vir tee, een van Sri Lanka se belangrikste uitvoerprodukte.[7] Voor dit het dit name soos Serendib en Sinhale gehad. Sri Lanka beteken in Sanskrit "eerbare eiland".[8]
Ceylon het vanaf 1658 tot 1796 'n Nederlandse kolonie gewees. In 1796 neem die Britte die eiland oor, maar op 4 Februarie 1948 word dit 'n onafhanklike land. Sri Lanka is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof. Dié land is vir sowat dertig jaar deur 'n burgeroorlog (1983–2009) tussen die Tamilse Liberation Tigers of Tamil Eelam en die Sri Lanka Weermag verlam. In onlangse jare het Sri Lanka 'n belangrike en gewilde toeristebestemming geword wat die ekonomie laat groei het. Saam met die Maledive is Sri Lanka net een van twee Suid-Asiatiese lande wat as "hoog" op die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) geranglys word en sy MOI-gradering per capita-inkomste is die tweede hoogste onder Suid-Asiatiese nasies.
Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) is ongeveer 5 000 Boere krygsgevangenes deur die Britte na Ceylon verban.
Nasionale simbole van Sri Lanka
-
Nasionale dier – olifant
-
Nasionale voël – Sri Lankaanse oerwoudhoender
-
Nasionale boom – ysterhout
-
Nasionale blom – 'n waterlelie
Sport
Krieket is Sri Lanka se gewildste sport,[9] gevolg deur rugby,[10] watersport, pluimbal, atletiek, sokker, basketbal en tennis. Vlugbal is Sri Lanka se nasionale sport.[11] Sri Lanka se skole en kolleges organiseer gereeld sport- en atletiekspanne wat op provinsiale en nasionale vlakke meeding.
Die Sri Lanka nasionale krieketspan het aansienlike sukses behaal wat in die 1990's begin het, stygende van onderdogstatus tot die kampioen van die Krieketwêreldbeker 1996.[12] Hulle kon ook die Wêreld Twintig20 van 2014 in Bangladesj wen en Indië in die eindstryd klop. Daarbenewens was Sri Lanka die naaswenner van die Krieketwêreldbeker 2007 (verloor teen Australië[13]) en Krieketwêreldbeker 2011 (verloor teen Indië[14]), asook van die Wêreld Twintig20 in 2009 en 2012.[15] Die nasionale krieketspan van Sri Lanka het die Asiëbeker in 1986, 1997, 2004, 2008 en 2014 gewen.
Sri Lanka was mede-gasheer van die Krieketwêreldbeker 1996 en die Krieketwêreldbeker 2011 en het die Wêreld Twintig20 in 2012 gehuisves. Die Asiëbeker is ook verskeie kere in Sri Lanka aangebied.
Sien ook
Verwysings
- ↑ (en) "Department of Official Languages". Besoek op 30 April 2018.
- ↑ (en) Department of Census and Statistics Sri Lanka
- ↑ (en) "Census of Population and Housing 2011 Enumeration Stage February – March 2012" (PDF). Department of Census and Statistics – Sri Lanka. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 6 Desember 2013. Besoek op 15 Julie 2014.
- ↑ 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Sri Lanka". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 30 April 2018.
- ↑ (en) "2016 Human Development Report Statistical Annex" (PDF). United Nations Development Programme. 2016. p. 211. Besoek op 30 April 2018.
- ↑ (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 2 Maart 2011.
- ↑ HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
- ↑ (en) "Chapter I – The People, The State And Sovereignty". The Constitution Of The Democratic Socialist Republic Of Sri Lanka. Besoek op 15 Januarie 2015.
- ↑ (en) Gurusinghe, Nimal (2 Oktober 2008). "Can Sri Lanka form an invincible cricket team?". The Daily News. Besoek op 30 April 2018.
- ↑ (en) "Rugby: Sri Lanka, Asia's little-known rugby haven". Dawn. 25 Mei 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 April 2012.
- ↑ (en) Minahan, James (23 Desember 2009). The Complete Guide to National Emblems and Symbols. Vol. 1. p. 166. ISBN 978-0313344961.
- ↑ (en) Selvey, Mike (18 Maart 1996). "Sri Lanka light up the world". The Guardian. London. Besoek op 30 April 2018.
- ↑ (en) ESPNcricinfo. "Final: Australia v Sri Lanka at Bridgetown, Apr 28, 2007". Besoek op 30 April 2018.
- ↑ (en) Sheringham, Sam (2 April 2011). "India power past Sri Lanka to Cricket World Cup triumph". BBC. Besoek op 30 April 2018.
- ↑ (en) McGlashan, Andrew (21 Junie 2009). "Afridi fifty seals title for Pakistan". ESPNcricinfo. Besoek op 30 April 2018.
Eksterne skakels
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Sri Lanka.
- (en) Toerisme-inligting oor Sri Lanka op Wikivoyage