(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Sri Lanka - Wikipedia

Sri Lanka (Singalees: ශ්‍රී ලංකාව, śrī laṃkāva, Tamil: இலங்கை, ilaṅkai, [iˈlaŋɡai]), amptelik die Demokratiese Sosialistiese Republiek Sri Lanka (Singalees: ශ්‍රී ලංකා ප්‍රජාතාන්ත්‍රික සමාජවාදී ජනරජය, Srī Lankā prajātāntrika samājavādī janarajaya; Tamil: இலங்கை ஜனநாயக சோசலிசக் குடியரசு, Ilaṅkai jaṉanāyaka sōsalisa kuṭiyarasu), is 'n tropiese eilandnasie in Suid-Asië en die Indiese Oseaan. Dit is net suidoos van Indië geleë, verder wes is die Maledive en in die noordooste sluit die Golf van Bengale aan. Sri Lanka het 'n oppervlakte van 65 610 km² en 'n bevolking van 21 670 000 in 2018 gehad. Dié land se hoofstad is Sri Jayawardenepura, maar die grootste stad is Colombo. Singalees en Tamil vorm die twee amptelike tale van Sri Lanka en word deur die twee belangrikste etniese groepe, die Singalese en die Tamils onderskeidelik, gebesig. Van die etniese minderhede sluit in Moors, Maleiers, Han-Chinese, Burgher en die inheemse bevolking van Sri Lanka, Vedda.

ශ්‍රී ලංකා ප්‍රජාතාන්ත්‍රික සමාජවාදී ජනරජය
Srī Lankā prajātāntrika samājavādī janarajaya (Singalees)
இலங்கை ஜனநாயக சோசலிசக் குடியரசு
Ilaṅkai jaṉanāyaka sōsalisa kuṭiyarasu (Tamil)
Demokratiese Sosialistiese Republiek Sri Lanka
Vlag van Sri Lanka Embleem van Sri Lanka
Vlag Embleem
Volkslied: Sri Lanka Matha
(Afrikaans: "Moeder Sri Lanka")
Ligging van Sri Lanka
Hoofstad Sri Jayawardenepura (administratief)
Colombo (kommersieel)

6°56′N 79°52′O / 6.933°N 79.867°O / 6.933; 79.867

Grootste stad Colombo
Amptelike tale Singalees en Tamil[1]
Regering Unitêre semi-presidensiële
grondwetlike republiek
Maithripala Sirisena
Ranil Wickremesinghe (omstrede)
Onafhanklikheid
• Dominium
• Republiek
• Huidige grondwet
van die Verenigde Koninkryk
4 Februarie 1948
22 Mei 1972
7 September 1978
Oppervlakte
 - Totaal
 
 - Water (%)
 
65 610 km2  (120ste)
25 330 myl2
4,4
Bevolking
 - 2018-skatting
 - 2012-sensus
 - Digtheid
 
21 670 000[2] (58ste)
20 277 597[3]
327 / km2 (43ste)
846,9 / myl2
BBP (KKP)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$298,310 miljard[4] (64ste)
$13 847[4] (99ste)

BBP (nominaal)
 - Totaal
 - Per capita
2018-skatting

$86,607 miljard[4] (68ste)
$4 020[4] (122ste)

MOI (2017) 0,770[5] (76ste)  –  hoog
Gini (2016) 39,8[6] –  medium
Geldeenheid Roepee (LKR)
Tydsone
 - Somertyd
SLST (UTC+5:30)
nie toegepas nie (UTC+5:30)
Internet-TLD .lk, .ලංකා, .இலங்கை
Skakelkode +94
Nasa-Satellietbeeld van Sri Lanka
Kaart van Sri Lanka

Sri Lanka het voor 1972 as Ceylon bekend gestaan en was deel van die Britse Ryk. Die naam Ceylon word steeds gebruik vir tee, een van Sri Lanka se belangrikste uitvoerprodukte.[7] Voor dit is name soos Serendib en Sinhale gebruik. Sri Lanka beteken in Sanskrit "eerbare eiland".[8]

Ceylon was vanaf 1658 tot 1796 'n Nederlandse kolonie. In 1796 neem die Britte die eiland oor, maar op 4 Februarie 1948 word dit 'n onafhanklike land. Sri Lanka is 'n lidland van die Britse Statebond met 'n president as staatshoof. Dié land is vir sowat dertig jaar deur 'n burgeroorlog (1983–2009) tussen die Tamilse Liberation Tigers of Tamil Eelam en die Sri Lanka Weermag verlam. In onlangse jare het Sri Lanka 'n belangrike en gewilde toeristebestemming geword wat die ekonomie laat groei het. Saam met die Maledive is Sri Lanka net een van twee Suid-Asiatiese lande wat as "hoog" op die Menslike-ontwikkelingsindeks (MOI) geranglys word en sy MOI-gradering per capita-inkomste is die tweede hoogste onder Suid-Asiatiese nasies.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902), ook bekend as die Anglo-Boereoorlog, is ongeveer 5 000 Boere as krygsgevangenes deur die Britte na Ceylon verban.

Nasionale simbole

Sport

 
Die Sri Lanka nasionale krieketspan oefen voor Sri Lanka teen Australië 1ste T20 op 6 Augustus 2011
 
Die Sri Lanka nasionale rugbyspan tydens die Asiatiese Vyfnasies in 2014

Krieket is Sri Lanka se gewildste sport,[9] gevolg deur rugby,[10] watersport, pluimbal, atletiek, sokker, basketbal en tennis. Vlugbal is Sri Lanka se nasionale sport.[11] Sri Lanka se skole en kolleges organiseer gereeld sport- en atletiekspanne wat op provinsiale en nasionale vlakke meeding.

Die Sri Lanka nasionale krieketspan het aansienlike sukses behaal wat in die 1990's begin het en met die oorwinning van die Krieketwêreldbeker 1996 bekroon is.[12] Hulle kon ook die Wêreld Twintig20 van 2014 in Bangladesj wen en Indië in die eindstryd klop. Daarbenewens was Sri Lanka die naaswenner van beide die Krieketwêreldbeker 2007 (verloor teen Australië[13]) en die Krieketwêreldbeker 2011 (verloor teen Indië[14]), asook van die Wêreld Twintig20 in 2009 en 2012.[15] Die nasionale krieketspan van Sri Lanka kon die Asiëbeker van 1986, 1997, 2004, 2008 en 2014 wen. Sri Lanka was mede-gasheer van beide die Krieketwêreldbeker 1996 en die Krieketwêreldbeker 2011 en het die Wêreld Twintig20 in 2012 gehuisves. Die Asiëbeker is ook verskeie kere in Sri Lanka aangebied.

Die Sri Lanka nasionale rugbyspan is Asië se vierde sterkste span ná Japan, Hongkong en Suid-Korea,[16] maar kon tot dusver nog nie vir die Rugbywêreldbeker kwalifiseer nie. Hulle ding gereeld met ander opkomende rugbyspanne in die Asiatiese Rugby-kampioenskap mee. Met sowat 103 000 geregistreerde rugbyspelers is Sri Lanka die tweede sterkste nasie in Asië net ná Japan.[17]

Sien ook

Verwysings

  1. (en) "Official Languages Policy". Department of Official Languages. Besoek op 21 November 2018.
  2. (en) "Mid-year Population Estimates by Age Group and Sex, 2013–2018" (PDF). Department of Census and Statistics Sri Lanka. Besoek op 21 November 2018.
  3. (en) "Census of Population and Housing 2011 Enumeration Stage February – March 2012" (PDF). Department of Census and Statistics – Sri Lanka. Besoek op 21 November 2018.
  4. 4,0 4,1 4,2 4,3 (en) "Sri Lanka". Internasionale Monetêre Fonds. Besoek op 21 November 2018.
  5. (en) "2018 Human Development Report" (PDF). United Nations Development Programme. 2018. Besoek op 21 November 2018.
  6. (en) "Gini Index". Wêreldbank. Besoek op 21 November 2018.
  7. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  8. (en) "Chapter I – The People, The State And Sovereignty". The Constitution Of The Democratic Socialist Republic Of Sri Lanka. Besoek op 21 November 2018.
  9. (en) Gurusinghe, Nimal (2 Oktober 2008). "Can Sri Lanka form an invincible cricket team?". The Daily News. Besoek op 21 November 2018.
  10. (en) "Rugby: Sri Lanka, Asia's little-known rugby haven". Dawn. 25 Mei 2011. Besoek op 21 November 2018.
  11. (en) Minahan, James (23 Desember 2009). The Complete Guide to National Emblems and Symbols. Vol. 1. p. 166. ISBN 978-0-313-34496-1.
  12. (en) Selvey, Mike (18 Maart 1996). "Sri Lanka light up the world". The Guardian. London. Besoek op 21 November 2018.
  13. (en) ESPNcricinfo. "Final: Australia v Sri Lanka at Bridgetown, Apr 28, 2007". Besoek op 21 November 2018.
  14. (en) Sheringham, Sam (2 April 2011). "India power past Sri Lanka to Cricket World Cup triumph". BBC. Besoek op 21 November 2018.
  15. (en) McGlashan, Andrew (21 Junie 2009). "Afridi fifty seals title for Pakistan". ESPNcricinfo. Besoek op 21 November 2018.
  16. (en) "Men's World Rankings". Wêreldrugby. Besoek op 21 November 2018.
  17. (en) Stoney, Emma (25 April 2012). "A Passion for Rugby in an Unexpected Place". The New York Times. Besoek op 21 November 2018.

Eksterne skakels