(Translated by https://www.hiragana.jp/)
Renault - Wikipedia

Renault S.A.S. is 'n Franse motorvervaardiger wat motors en ligte vragmotors vervaardig (in die verlede het Renault daarnaas ook spoorvoertuie, swaar vragmotors, trekkers en busse gebou). Die Franse regering besit 15 persent van die aandele in Renault. Danksy sy alliansie met die Japannese Nissan Motor Co., Ltd. het Renault gegroei tot die wêreld se derde grootste motorvervaardiger.

Renault S.A.S.

Tipe Société par actions simplifiée
Gestig 25 Februarie 1899
deur Louis, Marcel en Fernand Renault
Hoofkantoor Boulogne-Billancourt, Frankryk
SleutelpersoneJean-Dominique Senard (hoof uitvoerende beampte)
Gebied bedienwêreldwyd (118 lande)
IndustrieMotorvervaardiging
ProdukteMotors, kommersiële voertuie, finansies
Inkomste38,97 miljard € (2010)
Bedryfsinkomste635 miljoen € (2010)
Netto inkomste3,42 miljard € (2010)
Dogter-
maatskappye
Automobile Dacia (99,43%)
Renault Samsung Motors (80,1%)
Renault Sport
RCI Banque
Motrio
WebwerfRenault
Renault Dauphine
Renault 4CV
Renault Caravelle

Renault en Nissan is daarnaas ook die voorste ontwikkelaars van elektriese motors en het in 2011 aangekondig dat hulle beplan om binne drie tot vier jaar altesaam vier miljard € in die ontwikkeling van agt elektriese voertuigmodelle te belê.

Renault, wat sy hoofkwartier in die Franse stad Boulogne-Billancourt het, is die moedermaatskappy van die Roemeense motorvervaardiger Automobile Dacia en die Suid-Koreaanse motorvervaardiger Renault Samsung Motors. Daarnaas is ook ondernemings soos RCI Banque (wat veral motorlenings aanbied) en Motrio ('n vervaardiger van motoronderdele) in besit van Renault.

Jean-Dominique Senard, die seun van 'n Franse diplomaat, dien tans as hoof- uitvoerende beampte.

Eksterne skakels