Aksum
Aksum, Aksoem of Axum (Tigrinya: ኣኽሱም? /'aq͡
Aksum ኣኽሱም | |
---|---|
Straattonnel in Aksum | |
Koördinate: 14°7′15″N 38°43′40″O / 14.12083°N 38.72778°O | |
Land | Ethiopië |
Streek | Tigray-streek |
Hoogte | 2 130 m (6 988 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 49 523 |
Tydsone | UTC+03:00 (OAT) |
In die verlede was dit die hoofstad van die Koninkryk Aksum. Sedert 1980 is dit wêrelderfenisgebied van Unesco. Belangrike besienswaardighede is die katedraal van Onse Heilige Maria van Sion waar die verbondsark volgens oorlewing sou gestaan het, 'n veld met obeliske en die paleise van Kaleb en die koningin van Skeba. Noordoos van Aksum is die klooster Debre Damo wat moontlik van die 6de eeu dateer.
Galery
wysig-
Die kerk van Onse Heilige Maria van Sion, een van Aksum se groot aantreklikhede.
-
Obeliske in Aksum.
-
Die Arbatu Ensessa-kerk, Aksum.
-
Die kerk van die Verbondsark.
Bronne
wysig- (en) Axum Home of the Arc Geargiveer 15 Januarie 2010 op Wayback Machine. URL besoek op 21 Februarie 2016.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Aksum.
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy